Die Media
Die Afrikanervolk was sedert die middel sestigs blootgestel, aanvanklik aan ’n veldtog van kritiek teen ons lewens-en-wêreldbeskouing, maar wat gaandeweg al feller en vyandiger geword het totdat dit oorgegaan het in ’n beledigende en later beskuldigende propaganda teen ons, vanuit die media. Die kern van die aanslag was, dat apartheid moes weg!
In die begin was die aanslag uit hoofsaaklik die Engelse pers wat die links-liberale sentiment in Suid-Afrika verteenwoordig het. Namate Afrikanerleiers en hulle na-lopers geswig het onder internasionale druk, het selfs die Nasionale pers in sommige gevalle selfs heftiger teen behoudende Afrikaners te velde getrek en ons vyande se eens verwerplike standpunte begin verkondig. Dié gedeelte van die pers in Suid-Afrika wat deur Afrikaners begin is, vír Afrikaners en wat uiteindelik nie ’n klein aandeel gehad het in die vestiging van ’n swart, Kommunistiese meerderheidsregime wat al feitlik elke ding wat goed en mooi was wat die blankes in Suid-Afrika opgebou het, vernietig het.
GALÁSIËRS 5:9
’n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.
I KORINTHIËRS 5:6
Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?
Ons plaas ‘n paar berigte soos wat dit in die Beeld koerante van die afgelope week verskyn het, net om lig te werp op die geduldige maar onverbiddelike wyse waarop die wêreldmagte werk om hulle doel te bereik en om uiteindelik daarin te slaag om die hele wêreld agter die dier te laat aanloop, soos wat die Bybel ons waarsku. En dit gebeur alles onder die dekmantel van “christenskap”.
“Die besluit is ná ’n debat van sowat twee uur op die sinode en ná 25 jaar van kerklike toutrekkery in die NG Kerk self en in die familie van NG Kerke geneem.”
Die saad word 25 jaar gelede geplant, daarna heimlik vertroetel en nou tot wasdom gedryf. Steeds word daar egter voorsiening gemaak vir die hardnekkige gelowiges deur die benadering van: “ ’n Peiling drie jaar gelede het egter ook getoon daar is by ander mense groot weerstand teen Belhar. Die kerk sal met albei dié sentimente rekening moet hou.“Die sinode het ook vroeër as deel van sy beleid oor kerkeenheid besluit dit sal nie van almal verwag word om Belhar te onderskryf nie, al is dit deel van die belydenisgrondslag van die kerk.”
InleidingSoos baie ander beskaafde volke, het die Afrikaner ook die gebruik om gebeure uit die geskiedenis as riglyn vir die toekoms te beskou en selfs daarop voort te bou indien dit iets was wat ’n bydrae tot ons volkswording gemaak het. In 1986 egter, waar gelowiges deur ‘n kerkskeuring losgeruk is vanuit hulle godsdienstige ankers in die kerk waarin hulle grootgeword het, was gelowiges verwond en skepties omdat die kerk waaruit hulle gekom het, hulle wou saamsleep in ’n rigting wat vanuit die geskiedenis as onwerkbaar en onheilig beleef het en ook omdat dit volksvreemd was en ’n bedenklike oorsprong gehad het!
Oorsaak van die skeuring:
Om perspektief te kry oor waarom die NG-Kerk geskeur het en of gelowiges die skeuring en deelname daaraan kan verantwoord, is baie belangrik! Net so belangrik is dit vir diegene wat nie deel van die skeuring was nie, maar agterna by die AP-Kerk aangesluit het. Wanneer laas het u dit vir een van die “skeurmakers”, doop en/of volwassenes gevra? U sal u verstom oor die onkunde! Vraag is, waarom vra ons nie dié vraag wanneer dit tersaaklik is nie? Steek ons dalk iets weg? Is ons skaam? Dwing omstandigheid ons dalk tot lafhartige swye soos met die frase, “onder blanke Afrikaners” omdat die grondwet ons bedreig?
Met die fokus deesdae op sogenaamde menseregte, het die homoseksuele “mans” en lesbiese “vroue” dit nou reggekry om wetgewing in Europa te verander sodat daar nie meer na Pa en Ma verwys word nie, maar na “Ouer 1 en Ouer 2”. Hierdie stap volg om die sg. diskriminasie teen homoseksuele uit die weg te ruim. (Sien artikel hieronder) ’n Klein persentasie mense kry dit reg om vir die wêreld voor te skryf om af te wyk van ons Drie-enige God se gebooie en sodoende die Babiloniese eenheid te bevorder.

Ingenieurs sal bepaal wat moet gebeur met die Schubart Park woonstelle in Sentraal-Pretoria. Hulle sal bepaal of die geboue gesloop moet word of opgeknap word.
Verlede maand het gewelddadige betogings by die kompleks losgebars nadat elektrisiteit voorsiening aan die geboue gestop is weens skade aan die substasie onder in die gebou.
Bande is binne in die gebou verbrand, inwoners het ook bakstene en bottels op die straat gegooi en 'n mobiele toilet en die motor is aan die brand gesteek. Die polisie het 79 mense in hegtenis geneem vir openbare geweld.
Die ANC woordvoerder, Keith Khosa, verdedig ’n afvaardiging van die ANC regime onder leiding van Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal van die ANC na China as, “die deel van ervarings, standpunte en perspektiewe oor kwessies van internasionale regeerkunde.”
As die betekenis van die woord regeerkunde nie met ’n Malema betekenis vervang is nie, behoort dit te beteken “die goed geordende kennis van ’n wetenskap of vak en in hierdie geval die kennis van hoe om ’n land te regeer.
Wat Khosa se stelling interessant maak is die bevestiging van die ANC dat die gerugte dat hy ’n afvaardiging na China gestuur het om partypolitieke verhoudinge te versterk, volgens ’n berig in Beeld van Dinsdag 11 Oktober 2011.
VERKEERSMANNE SPOG GLO OOR HUL BOER ERG AANRAND – Beeld - 7 September 2011
deur Buks Viljoen
“So lyk ’n wit k**t nadat hy deur ons opgef*k is.”
Dít is glo hoe verkeersmanne van Mpumalanga onder mekaar gespog het nadat hulle ’n 42-jarige boer van Grootvlei na bewering ernstig aangerand het.
Mnr. Rikus Ras se twee kleuters het glo eergister verbouereerd aan die skree gegaan en desperaat aan mekaar vasgeklou terwyl sowat tien verkeersmanne hul pa aangerand het.
Klein Heinrich (2) en Rikus (3) Ras was saam met hul pa van Villiers op pad plaas toe toe die voorval omstreeks 14:00 by ’n T-aansluiting buite Villiers op die grens met Mpumalanga plaasgevind het.
Klagte van aanranding is later deur Ras teen die groep verkeersmanne aanhangig gemaak. Die verkeersmanne is almal lede van Mpumalanga se sogenaamde “intervensie-eenheid”.