1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953864

Besoekers aanlyn

Ons het 99 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

RADIO PRETORIA PIK PIK na LINKS

Dit was op Dinsdag 5 Julie dat ons van Klaas Waarsegger ’n interessante storie gekry het oor wat besig is om by Radio Pretoria te gebeur.  Ons plaas dit weer vir perspektief aangesien Willie Spies die afdraai van die “Volkspad” by Radio Pretoria bevestig het met sy antwoord aan ds. Hennie vd. Merwe. Sou dit verband hou met die Hervormers en ander kerkverbande se hernieude aanslag op ons lewens en wêreldbeskouing?

 Die vasbyters sal dalk opnuut moet besin oor wat hulle besig is om te finansier. Ons vryheid of ons ondergang?

----- Original Message -----

From: Hendrik van der Merwe

To: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Sent: Friday, October 07, 2011 9:55 AM

Subject: OPEBRIEF OOR PIK BOTHA ONDERHOUD

Dit was met skok dat ek Dinsdagaand na Marianne Roos se program geluister het, en gehoor het hoe die volksverraaier Pik Botha uit die hoed spring, en oor die Volks Radio sy weergawe van die verraad van die Afrikanervolk gee.

Marianne wat gewoonlik 'n goeie program aanbied was heeltemal nie opgewasse teen Pik Botha nie. Ons moet onthou hy is 'n onderhandelaar en leuenaar van wêreldformaat.

Dit was 'n fout gewees om Pik Botha op die lug toe te laat, en as u hom komende Dinsdag weer toelaat om met sy weergawe van die "noodsaaklikheid" van die verraad voort te gaan, dan sal u optrede geloofwaardigheid aan sy stories verleen.

Het Radio Pretoria nou besluit om die weg van die nuwe Suid Afrika te loop, en die "demokratiese" reg aan elke verraaier te gee om sy storie te vertel?

Asseblief - moet tog nie dink almal is so goedgelowig om in alles u goeie bedoelings te aanvaar nie.

Ds Hennie van der Merwe

 

From: Willie Spies

To: 'Radio Pretoria Bestuur'

Cc: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. ; Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Sent: Saturday, October 08, 2011 5:13 PM

Subject: RE: OPEBRIEF OOR PIK BOTHA ONDERHOUD

Beste Ds. Van der Merwe,

Dankie, vir u brief aan Radio Pretoria. Die onderhoud met Oud-Min Pik Botha is deel van ’n program wat uit drie dele bestaan. In die laaste program sal sekere opponente van Botha en kritici reageer op die vertellings.

Wat ons betref is die gesprek ’n belangrike bydrae om die geskiedenis van daardie tyd op rekord te plaas en ook kritiese kommentaar daarop te lewer.

Willie Spies

Tussentydse HUB: Radio Pretoria

Tel 012-543-0120

Faks 0866-705-6151

e-pos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

RADIO PRETORIA, SOLIDARITEIT EN DIE F. W. STIGTING – Klaas Waarsegger

Dié bedanking nou van Klem-in-die-kaak, bedoel ek nou watsenaam, die Klerk, buurman, by Radio Pretoria. Dit lyken ’n interessante ontwikkeling te wees wat my vrae meer as my antwoorde maak, seg ek jou en sommer by al wat ’n luisteraar is ook. Dis mos eiegenaardig dat die drywer, of was dit nou die touleier, van so ’n hogere wa, wat dit so vuil, of is dit nou vyl, (ek is nie seker van die spelling nie, buurman) vir die Afrikaner se vryheid dit had, sommer so bedank en niemand sprak g ’n sprook nie!

Daar word wyd ge-bespiegel oor die oorsaak, seg ek jou die waarheid! En die oorgee van die leisels, of is dit dalk die sweep wonner ek, aan Solidariteit as gevolg van ’n geldjie wat kort by die Radio? Los praatjies, Buurman, dis van los praatjies wat ek verneem het  van ’n gesprek waar die sê gesê was dat die regse politieke partye heeltemal irrilevant gat worde en dat Radio Pretoria die wa sil word wat sil leiding neem in die Afrikanerpolitiek.

As dié “sienerbenadering” van Solidariteit se mogentlike betrokkenheid by Radio Pretoria enige waarheid om die lyf het, Buurman, ek meen nou , van vakbond tot praatbond tot Broederbond, lê daar vir ons berge en dale voor, seg ek jou die waarheid! Onse stry vir vry wees word straks ’n gevry na saam wees sodat ons kan mak wees, seg ek jou. Nes die NP’s van dr. Verwoerd gerysmier en na links gedryf is, soos ook die NG-Kerk, die ATKV, die Broederbond en so vort, net so was die Afrikanerbouwerkersvakbond van wyle Gert Beetge en die Blanke Mynwerkersunie van Arrie Paulus, stadig deur “nuwe” drywers na veelrassige mengelmoes vakbonde gelei en gedryf, seg ek jou die waarheid! Was dit nie om sy Afrikanerkarakter skoon te vee Buurman, wat die Blanke Mynwerkersunie se naam na Solidariteit verander is nie, vraag ek jou nou in alle waarheid?.

Buurman, veelrassigheid wat ons fameleë veelmorsigheid genoem het, en wat deesedae met die “mooi” woord, multikulturalisme geruil is, Buurman, is die dryf agter die uiterste verontregting van ons wittes in ons eigene land seg ek jou die waarheid, en sommer nog die ingebore volk van elke ander land waar die beleid van veelmorsigheid toegepas word.

Nou sprak dit mos vanselwe, Buurman, dat as die “Praatbond”, omdat hy ’n geldjie moet stoot, ’n ingreep in die “Vry” radio sou kon maak, die “gemaak”-Afrikanerkarakter en al meer liberale, soos Jan Smuts nou, seg ek jou, uitsaaiprogramme, nóg meer drasties sal verander.  Die “Vry” Radio se liefde vir die DA en joiner VF-positief, in pleks van ware Afrikanerorganisasies, Buurman, sal as hierrie los praatjies bewaarheid sou word, eerder na ’n plan laat lyk as ons gedenk, Buurman, dat die “Vry”Radio deur sy saamknoei met die VVK, bereid is om ons hele land te ruil vir ’n stukkie afgepleite grond vir ’n “volkstaat”, op ’n plek en so groot as wat dit die Swart Meerderheids en Kommunistiese Regime behaag om iewer vir ons ’n stofkommetjie van ons eigene land terug te gee, seg ek jou die waarheid!

Leopold Scholtz, Buurman, lees ek in die liberale Burger van 17 Junie 2011, skryf hy,

"Dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand (wat hom met hoofsaaklik wit armoede besig hou), is vandeesweek met ’n span personeellede in Nederland om kommunikasiekanale na allerlei instansies in dié land aan te lê en aandag vir die probleem van wit armoede te vra. Ek het die voorreg gehad om by sommige van die gesprekke aanwesig te wees.

"Hoe verduidelik jy die kwessie van wit armoede in die nuwe Suid-Afrika aan buitelanders sonder om te klink of jy, soos in die apartheidstyd, net aan wit mense se belange dink? Trouens, hoe verduidelik jy wit armoede aan welvarende wit Suid-Afrikaners vir wie dit nie eens op hul radarskerm registreer nie?" vra Scholtz.

Leopold Scholtz, seg ek jou Buurman, se opmerkings in Brussel vertolk FW de Klerk/Afriforum/Solidariteit/Helpende Hand-alliansie se veelrassige politiek en bevestig dit deur dr. Langner van die NG-Kerk se betrokkenheid! Dít voorspel, Buurman, die “VRY” Radio van Pretoria se karakter as die los praatjies waar is seg ek jou die waarheid, of dit nou uit my Brussels of Uieland bedink is al dan nie!!  

Groete van los praatjies tot los praatjies.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie