Die volgende brief word huidig op e-pos gesirkuleer en dit bevestig waarskuwings wat die AVP al vantevore gerig het aan ons volksgenote.
Vriende,
Daar is kommer dat die Solidariteit-familie, wat Afriforum insluit, besig is om 'n growwe greep op Radio Pretoria te kry, met gepaardgaande afwatering van die beleid en rigting wat die Radio tot dusvêr gevolg het. Die radio word beheer deur 'n direksie wat deur die lede van 'n art. 21 maatskappy aangewys word. Lidmaatskap van dié maatskappy is gratis en slegs een maal per jaar vind 'n algemene jaarvergadering plaas.
Lizel Steenkamp berig op bladsy twee van Beeld van Dinsdag 4 Oktober 2011 dat die Reguleringsowerheid vir die Private Veiligheidsbedryf (Psira) , se raadsvoorsitter Thula Bopela, in die verslag vir die 2010-’11-boekjaar wat gister in die parlement ter tafel gelê is, gesê het daar is te min geld en personeel om dié bedryf met sy 8,828 maatskappye en 411,000 aktiewe veiligheidswagte behoorlik te reguleer. “Dit bedreig staatsveiligheid en hou ook ’n gevaar vir Suid-Afrikaanse burgers in.”
Psira moet met minder as 200 heeltydse personeellede ’n bedryf reguleer wat die afgelope tien jaar so vinnig uitgebrei het dat daar tans meer as dubbel soveel veiligheidswagte is (411,109) as polisiebeamptes (160,000).
Die Reguleringsowerheid kry nie geld van die regering nie en het in die bogenoemde boekjaar ’n verlies van R23,7 miljoen aangeteken. Volgens die ouditeur-generaal (OG) is daar “aansienlike twyfel” of Psira teen dié trant kan bly voortbestaan, in ag genome dat ook R75,5 miljoen se slegte skuld in dieselfde tydperk afgeskryf is.
How Short Sellers Fleece Investors - by Ellen Brown, James Corbett - 2011-10-02
“Unrestrained financial exploitations have been one of the great causes of our present tragic condition.” -- President Franklin D. Roosevelt, 1933
Why did gold and silver stocks just get hammered, at a time when commodities are considered a safe haven against widespread global uncertainty? The answer, according to Bill Murphy’s newsletter LeMetropoleCafe.com, is that the sector has been the target of massive short selling. For some popular precious metal stocks, close to half the trades have been “phantom” sales by short sellers who did not actually own the stock.
A bear raid is the practice of targeting a stock or other asset for take-down, either for quick profits or for corporate takeover. Today the target is commodities, but tomorrow it could be something else. When Lehman Brothers went bankrupt in September 2008, some analysts thought the investment firm’s condition was no worse than its competitors’. What brought it down was not undercapitalization but a massive bear raid on 9-11 of that year, when its stock price dropped by 41% in a single day.
Dis onwys om te sê ou dae was beter, sê prof. Dreyer - 2011-10-02 Beeld
Op die webwerf van PRAAG het dr Dan Roodt op Sondag 2 Oktober 2011 ‘n artikel geskryf met die opskrif “Die nuwe Afrikanervrees vir die politiek”. Daarin verwys hy onder meer na verskeie organisasies se benadering op hierdie stadium en is hy in die kol wat betref sy ontleding wat betref verskeie organisasies se futiele poging om Afrikanersteun te probeer werf en vir die verkeerde redes. So byvoorbeeld
Dit is met dankbaarheid oor die nugterheid van die Afrikanerkiesers, wat gekies het om nie die Republiek van Suid-Afrika te verruil vir ’n volkstaatjie waarvan die grootte en ligging deur die swart kommunistiese regime bepaal sou word, dat die AVP na die uitslag gekyk en dit ontleed het.
Eerstens, die AVP standpunt ten opsigte van Afrikanerpogings in ons vryheidstrewe. Laat dit bekend wees dat, om Afrikaners as ‘n hegte eenheid saam te snoer, of ’n volksregister saam te stel, kan nie fout mee gevind word nie. Inteendeel is dit ’n positiewe verwikkeling op pad na samehorigheid. Wat vir die AVP belangrik is, is wat die bedoeling met die VVK-verkiesing is.
Volgens Statistiek SA is daar 50,5 miljoen mense in SA waarvan daar 4,5 miljoen blankes is.
Kom ons veronderstel net die helfte daarvan is Afrikaners. Dan is dit 2,25 miljoen Afrikaners namens wie Paul Kruger homself aangestel en ’n verkiesing gereël het. Met die uitslae bekend en volgens hulle eie syfers, blyk dit dat slegs 1% van Afrikaners aan die VVK verkiesing deelgeneem het.
NIE NET JULIUS MALEMA NIE, MAAR OOK MOORDE OP BLANKES DEUR SWART MISDADIGERS IS BUITE BEHEER!
Uit die onderstaande uittreksel uit ‘n berig deur Media 24, is dit duidelik dat die ANC ten spyte van Zuma se verklaring tot die teendeel, nie alleen deur Malema dikteer word nie, maar ook aandadig is aan sy optrede.
“Mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, is nié in beheer van die land nie. Die ANC is, het pres. Jacob Zuma gister in Sandton op vrae oor Malema gesê.
Die ANC en die regering bestuur die land. Zuma het gesê die ANC het probeer om die ANC-jeugleier te beheer en het besluit om teen hom op te tree toe hulle besef hy raak buite beheer”.