1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333739

Besoekers aanlyn

Ons het 65 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

RADIO PRETORIA IN VERKEERDE HANDE

Die volgende brief word huidig op e-pos gesirkuleer en dit bevestig waarskuwings wat die AVP al vantevore gerig het aan ons volksgenote.

Vriende,
Daar is kommer dat die Solidariteit-familie, wat Afriforum insluit, besig is om 'n growwe greep op Radio Pretoria te kry, met gepaardgaande afwatering van die beleid en rigting wat die Radio tot dusvêr gevolg het. Die radio word beheer deur 'n direksie wat deur die lede van 'n art. 21 maatskappy aangewys word. Lidmaatskap van dié maatskappy is gratis en slegs een maal per jaar vind 'n algemene jaarvergadering plaas.

Lede wat nie daar kan wees nie, kan wel by wyse van volmag hulle stemreg aan iemand anders gee. Radio Pretoria en dit waarvoor hy deurentyd gestaan het kan nie nou net gekaap word met gepaardgaande benaderingsverandering nie. Daarom die versoek dat u meegaande vorm sal invul, en sal faks aan Radio Pretoria by 012 567 7394 om daar te wees nie later nie as 12:00 more, 6 Oktober 2011, aangesien die Direksie môremiddag sit en die aansoeke moet oorweeg. As u weet van goedgesindes wat net so bekommerd is, en bereid is om lid te word van die maatskappy, druk vir hulle ook so 'n vorm uit en sien toe dat dit betyds daar sal wees. Dit kan u gade wees, vriend, kind... Help asb.!

Vriendelike groete

Henk van de Graaf

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie