WIE HET ’N AANSPRAAK OP ONS AFRIKANERLAND?
AANSPRAAK IMPLISEER ’N REG
By aanspraak bedoel ek presies die betekenis van die woord, naamlik die reg op iets. In hierdie geval die “reg” van die Swart ras om ’n land, óns land vir hulleself toe te eien asof dit hulle s’n was of is. Om ’n reg op grond te hê, is daar sekere reëls wat geld. Die ware Afrikaner sê, dié land is óns land! Die swartes sê, ons het die land van hulle gesteel en hulle vat nou maar net terug wat van hulle gesteel is. Wat is die waarheid en wat word vir ons kinders op skool geleer?
VEREISTES VIR ‘N REG
Die norme van besitreg van land of grondgebied setel in die koop, verowering, onderhandeling, ontworsteling uit die wildernis terwyl dit aan niemand behoort nie. Ontwikkeling en opbouing met inisiatief, kundigheid en vlytigheid tot ’n beskaafde vaderland. 'n Volk kan verder land verkry deur dit te ontdek en te okkupeer.
UITSPRAAK VAN DIE GESKIEDENIS
Op watter van die voornoemde kan die swartes in Suid Afrika aanspraak maak? Terwyl die geskiedenis hard en duidelik die Afrikaner se reg op Suid Afrika proklameer, sal elkeen wat dit betwis moet sê op welke gronde die Swartes kan aanspraak maak op Suid Afrika. Hulle het dit nie verkry omdat hulle ‘n oorlog teen ons geveg en gewen het nie. Hulle het dit ook nie verkry omdat hulle met ons daaroor onderhandel het waaruit ‘n ooreenkoms gesluit is nie. Hulle het nie die land beset gehad en ontwikkel en beskaaf nie. Al werklike rede waarom hulle hier is is omdat ons vir hulle werk voorsien het sodat hulle vir hulle mense kon sorg omdat hulleself nie instaat was om werk te skep nie. As Suid Afrika nie die Afrikaner se land is nie, waarom het ons dan oorloë geveg daarvoor?
Watter dorpe in Suid-Afrika het die Swartes aangelê en ontwikkel? Watter nywerhede, watter hospitale, watter damme, watter universiteite het hulle gebou? Wie het die dorpe se name gegee? Wie het die diere leeus, luiperds, springbokke, blesbokke, dassies, skilpaaie, ens. genoem? Wie het die Kruger wildtuin aangelê, YSKOR, Krygkor, Sasol en Pelindaba opgerig? Die swartes? Dit is glashelder duidelik waarom dorpe, paaie, lughawens en hospitale se name onverwyld verander moet word as die wêreld daarin wil slaag om die Afrikaner se regmatige en wettige aanspraak op Suid-Afrika tot niet te maak!
Die Afrikaner se geskiedenis moet in die skole verdraai en verdoesel word en terroriste en kommuniste se name die van Afrikanervolkshelde vervang. Die waarheid en werklikheid word vervang met leuens en verdraaiings om ons eie kinders van ons herkoms en waardes, maar veral van ons erfenis te vervreem. Die diaboliese metode van volksmoord deur die blankes een vir een te vermoor onder voorwendsel van misdaad, wek by niemand behalwe die slagoffers se naasbestaandes enige simpatie nie omdat die omvang daarvan nie besef word nie! Die oogmerk is egter dieselfde as wat met die verraderlike oorgawe, sonder mandaat van die de Klerkregering was, naamlik om die onwettige en onregmatige aanspraak van die Swartes op Suid-Afrika te versterk.
Dr. Verwoerd het by geleentheid in ’n toespraak wat hy gehou het nadat hy Suid-Afrika se aansoek om lidmaatskap van die Statebond teruggetrek het, ons wettige aanspraak só verduidelik: “Meer as 300 jaar gelede het twee bevolkingsgroepe, wat ewe vreemd aan SA was, in ietwat klein getalle uit verskillende rigtings ’n land binnegekom wat toe feitlik onbewoon was. Geeneen van hulle het ’n ander man se land gekolonialiseer of hom deur inval en onderdrukking beroof nie. Elkeen het hom gevestig en langsamerhand sy nedersettings uitgebrei en in hoofsaak elkeen ’n ander deel sy eie probeer maak.
Daar was botsings en grensoorloë en grensgebiede is verower, maar sedertdien het die Wit man meer grond aan die Bantoegebiede toegevoeg en voeg hy steeds daaraan toe uit wat hyself beset en bedoel het om sy eie te wees.
Daar was dus geen kolonialisme nie, net afsonderlike besetting deur elkeen feitlik gelyktydig. Elkeen het meer as driehonderd jaar die geleentheid gehad om sy land te ontwikkel. Die Wit- man het dit gedoen, die Swartman nie. Die Swart man het na hom gekom vir werk, voedsel en en die goeie dinge van die lewe en nie vir politieke verowering nie.
Die Wit man het dus nie net ’n ontwyfelbare belang in en reg op die land wat hy uit ontblote veld en leë valleie en afgesonderde berge in ’n moderne nywerheidstaat ontwikkel het nie, maar volgens alle sedelike beginsels was dit syne, is dit syne en moet dit syne bly.”
VIR DIÉ WAT VERGEET HET
Waar die Katberg witkapok-gekroon
Die Suiderland oorsien,
Daar het ons in die jeug gewoon,
En arbeidsaam gedien.
Daar het ons soetgras saam herkou
Op die songevlekte vlei-
Kan jy die dae nog onthou,
Al jare lank verby?
Die Katberg oor, die wêreld in,
Lang skofte deur die sand:
Ons het geworstel en gewin
Tot in die noorderland.
’n Nuwe wêreld het ons nou
En ’n nuwe soort van wei-
Kan jy die dae nog onthou,
Al jare lank verby?
Die Katberg oor, die Koup verby,
Die diep riviere deur,
Tot waar die hoë land versprei
Sy soet tamboekie geur,
Waar leeus en tiers hul nagprooi kou
En die olifante wei-
Kan jy die dae nog onthou,
Al jare lank verby?
C. Louis Leipoldt.
DIÉ LAND IS ÓNS LAND
Dié land is egter onteenseglik die Afrikaner se land en die hele wêreld wéét dit!
Ons aanspraak het nie gister ontstaan nie, maar setel in die volksplanting van 1652. Ons het ook nie Suid-Afrika in die geheim ontwikkel nie. Ons het hom veral nie van die Swartes gesteel nie. Die diefstal wat van ons erfenis bewerk is deur verraad sal deur geen politieke maneuver onbepaald beskerm kan word sonder om die bewerkers daarvan en deelnemers daaraan, uiteindelik te verteer nie!
Moet dus nie geloof verloor nie. Ons voorouers het in 1881 die Britte by Amajuba verslaan en ons vryheid oorwin en weer van 1899 tot 1902 in ’n vryheidsoorlog teen die mees barbaarse oorlogsmetodes beveg, waarvoor hulle tot vandag toe weier om ons om verskoning te vra! Ons het daarna vir 60 jaar lank ’n politieke oorlog geveg en gewen, omdat ons vry van oorheersing wou wees. In ons volgehoue stryd om vry te wees, het ons op God se hulp gesteun en dit verkry. Vir 46 jaar was ons vry van oorheersing totdat ons verkose volksleiers God verlaat het en ons volk self God uit ons lewens laat verdring het deur ander belange.
Laat ons as volk weer terugkeer na God, Sy gebooie gehoorsaam en in opregtheid vasstaan in die geloof. Daarin setel die sekerheid van ons vryheid en nie in onderhandeling met die ongelowiges soos wat Piet Retief en sy gevolg se lewens gekos het nie. Dit was Andries Pretorius en Sarel Celliers se strafekspedisie wat geseën was omdat dit in geloof aangepak was!