Die Media
Die Afrikanervolk was sedert die middel sestigs blootgestel, aanvanklik aan ’n veldtog van kritiek teen ons lewens-en-wêreldbeskouing, maar wat gaandeweg al feller en vyandiger geword het totdat dit oorgegaan het in ’n beledigende en later beskuldigende propaganda teen ons, vanuit die media. Die kern van die aanslag was, dat apartheid moes weg!
In die begin was die aanslag uit hoofsaaklik die Engelse pers wat die links-liberale sentiment in Suid-Afrika verteenwoordig het. Namate Afrikanerleiers en hulle na-lopers geswig het onder internasionale druk, het selfs die Nasionale pers in sommige gevalle selfs heftiger teen behoudende Afrikaners te velde getrek en ons vyande se eens verwerplike standpunte begin verkondig. Dié gedeelte van die pers in Suid-Afrika wat deur Afrikaners begin is, vír Afrikaners en wat uiteindelik nie ’n klein aandeel gehad het in die vestiging van ’n swart, Kommunistiese meerderheidsregime wat al feitlik elke ding wat goed en mooi was wat die blankes in Suid-Afrika opgebou het, vernietig het.
Ten spyte daarvan, dra die Afrikaanse media steeds aan die eenkant die “nuwe” Suid-Afrika op die hande en tog, heeltemal teenstrydig daarmee, is die oorwig van nuus waaruit die koerante opgemaak is, die daaglikse moorde, verkragtings, kapings, diefstal en korrupsie op ’n skaal wat ’n mens laat duisel. Om diè “unieke” prestasies te kroon, word die prent voltooi met munisipale bankrotskappe, gebrekkige dienslewering, onvoldoende beplanning vir die voorsiening en beheer van krag en water, gesondheidsdienste, instromingsbeheer, ens., ens.
’n Paar voorbeelde uit onlangse beriggewing lyk so:
Oudpresident Bill Clinton, wat by geleentheid deur mnr. Jaap Marais, voormalige leier van die HNP, berispe is oor sy verdraaiing van die feite oor Mandela, word deur die Beeld aangehaal, ‘Leer by Mandela van diensbaarheid’ tydens sy besoek aan Suid-Afrika in Junie 2010. Die teenstrydigheid is dat Mandela ’n veroordeelde terroris is wat dit ten doel gehad het om die Afrikaner se eiendom op gewelddadige wyse te bekom.
Op dieselfde bladsy lui ’n ander berig: “Raad kan nie lone betaal. As lening finaal afgekeur word, is Nelspruit tegnies bankrot.”
Die keersy van bo-vermelde bladsy dra ’n berig wat sê: “Kopenhagen besoek kos ‘Tshwane’ R600,000-00.”
Is dít die soort diensbaarheid wat Clinton in gedagte het, naamlik totale verval in Suid-Afrika? Belangriker nog, is dit vir ons as erfgename van die Republiek van Suid-Afrika aanvaarbaar?
DIE POLISIE
Die gereg wat presteer volgens dieselfde patroon soos hierbo aangedui en wat die burgery moet beskerm, het deur die media se bemiddeling vir die politieke stelsel wat nou in plek is, van feitlik al die blanke kundigheid in sy geledere ontslae geraak.
In vergelyking met die powere gemiddelde 52% vir die oplos van misdade in Suid-Afrika, is die oplossyfer vir ernstige geweldsmisdade, wat aangemeld is, nou baie swakker! Vir moord is dit slegs 27%, waarvan minder as 30% van verdagtes in hierdie sake in die hof verskyn het.
Vir gewapende roof was die oplossyfer net 15%. Uitgawes vir die nasionale polisiedagvierings is heelwat hoër op hulle pligtelys as die oplos van misdaad! Daar word selfs nie geskroom om buite die neergelegde bepalings, uitgawes aan te gaan, solank daar geëet en gedrink kan word nie!
Dit alles terwyl die polisie se laste met nagenoeg 3,000% se onreëlmatige uitgawes gestyg het tot R97.5 miljoen! Omdat sewe jaar se gesloer met die bou van kantore wat R28.3 mijoen sou kos, nou eskaleer het na R75.3 miljoen en die polisie se beheer en bestuur van kapitaalprojekte dieselfde “vaardigheid” openbaar as hulle vermoë om misdaad te bekamp en elke polisiehoof wat tot dusvêr aangestel is, self met korruptiewe optrede verbind word, is die kanse dat wet en orde op ’n beskaafde vlak in Suid-Afrika hanteer sal kan word, feitlik nul!
Ten spyte van die teenstrydigheid van die internasionale en plaaslike liberaliste se aanklag teen die “onreg” van apartheid en die teendeel wat in die praktyk duidelik sigbaar is, word daar steeds gepoog om ons te laat glo dat die tsunamiese verval wat ons nou onder die teenpool van apartheid beleef, beter is as die voorspoed, vrede, wet en orde en elke ander beskaafde norm waaraan ons gewoond was onder apartheid!
DIE GEVOLG
Die natuurlike ding sou wees dat ’n mens in opstand en op die minste, in verset sou kom teen hierdie onuitstaanbare onreg wat sienderoë plaasvind. Die verbasende teenstrydigheid is dat mense selfs onder hierdie benouende omstandighede verlei word deur sport en vermaaklikheid, op so ’n skaal dat rugby en krieket op Sondag, geen weerstand ontlok nie. Deelname deur ons seuns en dogters met goedkeuring van ouers wat agter allerhande flou verskonings skuil oor waarom die Sabat van die Here maar onteer kan word, is die norm eerder as die uitsondering.
Vir van die behoudendes wat oorgebly het, het strooihalms nou na oplossings begin lyk. Om hulle volgelinge se aandag te bly behou word tyd gemors met ’n futiele stryery oor of jy ’n Boer of ’n Afrikaner moet wees, of jy wil wag tot jy vermoor word en of jy liewer Suid-Afrika moet verruil vir ’n volkstaatjie. Ons volk het voorwaar geloof verloor!
DIE OPLOSSING LÊ IN ONS GELOOF
NÚMERI 14:11
Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?
DEUTERONÓMIUM 32:21
Hulle het my ywer gewek deur wat nie-God is, My geterg deur hulle nietige afgode. Ek sal dan hulle ywer wek deur die wat ’n nie-volk is, deur ’n dwase nasie sal Ek hulle terg.
Die strewe na “We are One” in Bybelse perspektief. (Slegs vir gelowiges)
En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ’n stad bou en ’n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ’n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie. En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
DEUTERONÓMIUM 32:8
Toe die Allerhoogste aan die nasies ’n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.
HANDELINGE 17:26
En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,
NEHEMÍA 9:22
En U het aan hulle koninkryke en volke gegee en dié volgens bepaalde grense verdeel; en hulle het die land van Sihon, ja, die land van die koning van Hesbon, en die land van Og, die koning van Basan, in besit geneem.
DANIËL 2:43
Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het — hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.
Die skeidingsbeginsel is nie mensgemaak nie en wanneer dit veronagsaam word, is verval onvermydelik! Die term “nie-rassigheid” impliseer dat dit wat jy fisies kan waarneem, iets anders moet wees as wat dit werklik is. Ons moet dus nou ’n leuen leef!
Die AVP se standpunt is dat ons die Republiek van Suid-Afrika uit die hand van die HERE ontvang het. Dat dit Hy was wat ons in staat gestel het om dit een van die mees vooruitstrewende lande in die wêreld te maak. Deur Bloedrivier, Magersfontein, Vegkop, Majuba en vele ander veldslae, ook politieke veldslae het Hy ons gelei.
Deur ons voor Hom te verootmoedig, op te hou met ons sondige praktyke waartoe die wêreld ons verlei het, Sy gebooie te gehoorsaam en ons gereed te maak om as ’n volk ons land terug te neem wanneer die geleentheid deur Hom voorsien word, sal die wêreld sien dat Hy onse God is en dat ons sy volk is. As dit ons behoefte is om weer vry te wees, laat ons dan daarmee begin. Deur in sake van gemeenskaplike belang ons geledere te sluit, kan ons samehorigheid bewerk wat onderlinge vertroue kan herstel.
Ons heil lê nie in onsinnige struweling oor Boer-en/of Afrikanerskap of volkstaatjies en veral in onderhandeling en vredespraatjies of samewerking met kommuniste en antichriste nie! Veral lê ons heil nie in korttermyn uitoorlê plannetjies van politieke opportuniste nie. As die kerke met die wêreld wil saamwerk soos wat dit toenemend voorkom, laat ons hulle dan ook teëgaan of ons van hulle afskei sodat ons nie vir hulle toeganklik is nie.