1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953846

Besoekers aanlyn

Ons het 86 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

INTERNASIONALE REGEERKUNDE?

Die ANC woordvoerder, Keith Khosa, verdedig ’n afvaardiging van die ANC regime onder leiding van Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal van die ANC na China as, “die deel van ervarings, standpunte en perspektiewe oor kwessies  van internasionale regeerkunde.”

As die betekenis van die woord regeerkunde nie met ’n Malema betekenis vervang is nie, behoort dit te beteken “die goed geordende  kennis van ’n wetenskap of vak en in hierdie geval die kennis van hoe om ’n land te regeer.

Wat Khosa se stelling interessant maak is die bevestiging van die ANC dat die gerugte dat hy ’n afvaardiging na China gestuur het om partypolitieke verhoudinge te versterk, volgens ’n berig in Beeld van Dinsdag 11 Oktober 2011.

Die deel van ervarings, standpunte en perspektiewe oor kwessies  van internasionale regeerkunde, impliseer iets heeltemal anders as om partypolitieke verhoudinge te versterk. Terselfdertyd laat dit ’n mens wonder of die opleiding in regeerkunde waarmee Brittanje so vlytig behulpsaam was om die ANC gereed te kry vir die beplande oorname met behulp van die de Klerk-regering in 1994, nou nie meer voldoen aan die eise nie.

By China, synde ’n Kommunistiese staat, sal die ANC niks anders leer as Sosialisme en Kommunisme in sy suiwerste vorm nie. Die vraag wat by ’n mens opkom is of daar nie ’n verbintenis gemaak moet word tussen hierdie besoeke aan die Ooste met ’n streng Kommunistiese regeerkunde en die millitarisering van die sentrale lughawens wat in die vooruitsig gestel word nie.

As die besoek aan China dan nog beskryf word as ’n uitruilprogram tussen die ANC en die Chinese Kommunistiese party, gaan die resultate ’n dik swart streep deur die Vorster-Botha-de Klerk-regerings se politieke “kundigheid” trek en die insig van elke Nasionalistiese leier wat teen hulle dwaasheid gewaarsku het, met akklamasie bevestig! Hulle minagting van die geskiedenis en onderdanigheid aan die Brits-Amerikaanse imperialiste, is besig om hulle vinnig in te haal en selfs Radio Pretoria se onbegryplike onderhoude met Pik Botha, sal dit nie keer nie!

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie