1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953844

Besoekers aanlyn

Ons het 84 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

10 OKTOBER - KRUGERDAG

Stephanus Johannes Paulus Kruger (10 Oktober 1825 – 14 Julie 1904)

Hy was die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal). Maar vir sy mense was hy bloot Oom Paul. Getrou aan die Boeretradisie om ouer mans in die gemeenskap as “oom” aan te spreek, het sy volk hom met die hoogste agting bejeën, maar hom ook as die geliefde raadgewer beskou.

En tot vandag toe is sy wyse uitsprake enigsins legendaries. Komende van ’n man wat slegs drie maande formele skoling gehad het en wie se eintlike skool maar net die veld was.

Die forse Paul Kruger (1825-1904), wat in sy lewe vier keer tot staatspresident van die Z.A.R. verkies sou word, is volgens die meeste bronne op 10 Oktober 1825 gebore op Bulhoek, sy oupa se plaas in die distrik Steynsburg, naby Cradock in die Kaapkolonie.

Hy het op die plaas Vaalbank grootgeword, en sy meester in sy kort skoolloopbaan was ene Tielman Roos.

Hoe ook al, Paul was van Pruisiese oftewel Duitse afkoms en hy het self sy van Krüger geskryf, met ’n umlaut op die u volgens die Duitse manier. Sy oupa se oupagrootjie was die Kruger-stamvader Jacob Kruger, gebore naby Berlyn, wat in 1713 as soldaat in diens van die V.O.C. in die Kaap aangekom het.

Paul Kruger was die derde kind van sy pa, Casper (of Kasper) Jan Hendrik Kruger, en sy ma, ’n nooi Elsie Francina Steyn. Pa Casper en sy gesin het hulle by die trekgeselskap van Hendrik Potgieter aangesluit toe die Groot Trek in 1836 begin. Paul was toe skaars tien jaar oud.

Maar in die pionierswêreld van daardie tyd moet die jong Kruger gou leer om op eie bene te staan. In een van sy vroeë jagondervindings sny hy selfs onverskrokke sy eie duim af nadat dié verbrysel is toe sy geweer bars. En op vyftien word hy reeds as volwaardige burger erken in die land anderkant die Vaal, waar die Krugers hulle gaan vestig het. Paul is nog maar sestien toe hy reeds tot assistent-veldkornet gekies word.

Op ’n haas ewe jeugdige sewentienjarige leeftyd trou hy met Maria du Plessis, wat egter in 1946 saam met hul seuntjie sterf, waarskynlik aan malaria.

Hy hertrou in 1847 met Gezina du Plessis, en uit hul lang huwelik word sestien kinders gebore (nege seuns en sewe dogters), maar sommige van hulle sterf ook as klein kindertjies.

Tydens die bewind van pres. Burgers annekseer Brittanje Transvaal vir die eerste keer en hierna speel Kruger ’n leidende rol om sy land se onafhanklikheid te herwin. Hy gaan twee keer as leier van afvaardigings na Engeland om vir vryheid te onderhandel. Toe Brittanje nie wil kopgee nie, word hy saam met M.W. Pretorius en Piet Joubert in die hoedanigheid van vise-president in die sogenaamde Driemanskap aangestel om vir die onafhanklikheid van Transvaal te veg.

Die sogenaamde Eerste Vryheidsoorlog breek aan die einde van 1880 uit toe die Transvalers daadwerklik optree om hul vryheid met wapengeweld terug te vat. Die Britse ingryping om die rebellie te stuit, word met soveel verset begroet dat vrede op 21 Maart 1881 gesluit word. Daarna word die Pretoria-konvensie aangegaan, wat later deur die Londense Konvensie geamendeer word.

Gelofte by Paardekraal - 11 Desember 1880

Paul Kruger het gevra dat die burgers wat bereid is om te veg totdat hulle vryheid weer herstel is, ‘n klip moet neerlê op ’n stapel en hulle het die volgende gelofte afgelê.

In die teenwoordigheid van die Almagtige God, die kenner van alle harte

na wie ons biddend vra om Sy genadige hulp en ontferming,

sal ons as Burgers van die Zuid-Afrikaansche Republiek,

plegtig ooreenkom om vir ons en ons kinders 'n heilige verbond op te rig en ’n eed af te lê.

Veertig jaar gelede het ons vaders die Kaapkolonie ontvlug om 'n vry en onafhanklike volk te word.

Hierdie veertig jaar was veertig jaar van smart en lyding.

Ons het Natal, die Oranje-Vrijstaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek gestig

en drie maal het die Engelse Regering ons vryheid vertrap….

En ons vlag, wat ons vaders met hul bloed en trane gedoop het, ten gronde gebring.

Soos deur 'n dief in die nag is ons vrye Republiek gesteel. Ons kan en ons mag dit nie verdra nie.

God wil, dat die eerbied vir ons vaders en die liefde vir ons kinders aan ons voorskryf,

dat hierdie onteerde erfpand van ons vaders aan ons kinders oorgedra word.

Daarom is dit dat ons nou hier bymekaar kom en dat ons mekaar die hand gee

as mans en broeders en plegtig belowe om getrou te wees aan ons land en volk met die oog op God

en om saam te werk tot die dood toe vir die herstel van die vryheid van ons Republiek.

Mag die Almagtige God ons help.

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie