Dit het mode in Suid-Afrika geword om die blankes te beskuldig van diskriminasie as die swartes nie vinnig genoeg in blanke stelsels opgeneem word waar hulle kan deel in die inkomste, sonder om daarvoor te werk nie. Vandaar die bepaling in die regime se grondwet dat daar nie diskrimineer mag word op grond van ras, geslag, godsdiens, taal of watter ander gronde ook al.
Met die skoen nou aan die ander voet, waar Malema deur sy eie politieke party aangekla en verhoor moes word, het almal met verwagting die uitslag en die gevolge daarvan afgewag en gehoop dat hierdie rammetjie-uitnek se draad geknip gaan word en is allerhande statistiek en tellings daarna gepubliseer wat moes aandui hoe die oorgrote meerderheid sy skorsing verwelkom het.
PRETORIA – Die Suid-Afrikaanse Jagters-en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het verlede week ’n aansoek by die Noord Gauteng Hoë Hof ingedien om te versoek dat die drie sake wat teen die Minister van Polisie ten opsigte van die Wet op Vuurwapenbeheer (Wet 60 van 2000) aanhangig is, in een saak saamgevoeg moet word.
Mnr. Fred Camphor, president van die SA Jagters, het gesê hierdie inisiatief is ’n verdere konstruktiewe poging om die onbevredigende vordering wat met die vuurwapen-wetgewing en die vuurwapenlisensie-aansoekproses gemaak is, te probeer oplos.
Die drie sake sluit ’n aansoek in wat SA Jagters reeds in Junie 2009 ingedien het om bepaalde dele van Bylae 1 van die Wet as ongrondwetlik te verklaar; ’n aansoek van die SA Geweereienaarsassosiasie (SAGA) om die herlisensiëringsproses op te skort; en ’n meer onlangse aansoek deur die Transvaalse Landbou-unie (TLU) en AfriForum om verskeie artikels van die Wet en regulasies as ongrondwetlik te verklaar.
Terwyl die vyeboom besig is om te bot, die wêreld oral druis van konflik en lewenskoste onverpoosd hoër en hoër neig, maak die Afrikanervolk hom gereed vir twee van sy tradisioneel belangrike feeste.
GELOFTEFEES
Geloftefees wat vroeër jare bekend was as Dingaansdag, omdat baie dit beskou het as die dag waarop Dingaan en sy Impi’s gestraf is vir die moord op Piet Retief en sy burgers, word jaarliks herdenk op 16 Desember. Hierdie dag word in die eerste plek nie herdenk as die dag waarop daar ’n oorwinning oor die Zoeloes behaal is nie, maar omdat daar ’n gelofte met God gesluit is dat ons as volk dié dag elke jaar sal herdenk.
Omdat daar ’n kern van ons volk oorgebly het wat steeds getrou bly aan die gelofte wat ons voorgeslag met God gesluit het en die nageslag daartoe verbind het, wil ons steeds daaraan gehoorsaam wees en u een en elk oproep om ’n geloftefees na aan u by te woon.
GEWETENSBESWAARDE AMPTENAAR MNR WIM PIJL: "EK WIL DIE HEERE GOD MEER GEHOORSAAM WEES AS MENSE"
Het voormalig raadslid van de ChristenUnie/Staatkundig Gereformeerde Partij te Den Haag en tevens lid van de Christelijk Gereformeerde kerk, de 67 jarige meneer Wim Pijl is op 10 november ontslag aangezegd omdat hij weigerde met een beroep op de Bijbel om homo's en lesbiennes te trouwen. Deze zogenoemde 'weigerambtenaar' werd te verstaan gegeven dat hij indien hij geen homo's in de echt wenste te verbinden hij beter z'n biezen kon pakken. (n.s die woordjie 'weieramptenaar' is ontstaan toe die 'homohuwelik' in Nederland in April 2001 wettelik toegelaat is as huwelik en bedoel word: dis Christelike amptenare wat vanweë hulle gewete 'n sodanige 'huwelik' nie kan sluit nie)
JESAJA 40:6-31.
’n Stem sê: Roep! En hy vra: Wat moet ek roep? Alle vlees is gras, en al sy aanvalligheid soos ’n blom van die veld.
7 Die gras verdor, die blom verwelk as die asem van die HERE daarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!
8 Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.
9 O Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op ’n hoë berg! O Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!
10 Kyk, die Here HERE sal kom as ’n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.
11 Hy sal sy kudde laat wei soos ’n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.
12 WIE het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met ’n span die maat geneem, en in ’n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met ’n weegtoestel en die heuwels met ’n weegskaal?
13 Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig?
DILEMMA VIR MALEMMA OF ’N MALEMMA DILEMMA?
Wat het werklik gebeur om die ANC-Kaders teen Malemma te laat optree? Daar was werklik weinig indien enige uitspraak van Malemma waarmee die ANC verskil het tot baie onlangs. Selfs Zuma het in al elf tale geswyg en eerder saam gedans as om hom te repudieer. Sake soos nasionalisering van myne, grondgrypaksies en selfs die skiet die Boer liedjie is verskeie kere verdedig.
’n Besondere beskrywing van die betekenis van misleiding is dat jy mislei word sonder dat jy weet dat jy mislei word, omdat jy nie weet dat jy mislei word nie. Die sukses van misleiding setel in verskeie gebreke in die mens se mondering. Eerstens in die gebrek aan kennis en daarnaas in naïewe goedertrou.
Die misleiers daarenteen, is meedoënloos, oortuigend en gewetenloos. Vir hulle is daar net een reël wat geld, naamlik die doel heilig die middel, hoe onheilig die doel ook al mag wees. Dit is hier waar ’n mens iets begin verstaan van die betekenis uit die Bybel as hy praat van die Satan wat hom voordoen as ’n engel van die lig.
Dit was die hoofsekretaris van die HNP wat by geleentheid geskryf het: “Die rigtingwysers is daar. Die HNP is bevoorreg dat aan ons ’n man gegee was met die besondere insig en kennis en werkywer wat Jaap Marais gehad het. Ons moet maar net dit wat hy geskryf het, gebruik en dan is die pad vorentoe reeds uitgekap.”