Die ontstaan en bestaan van die Gelofte van Bloedrivier word in talle geskrifte in besonderhede beskryf. Oor die geskiedkundige werklikheid daarvan bestaan geen twyfel nie. Daarvan getuig geskrifte van ooggetuies en ander betroubare persone, ook van Zoeloe kant. Dit is egter noodsaaklik om oor die inslag van die Gelofte te besin ten einde die saai van twyfel teen te werk.
Die Gelofte was deel van die gebed van Sarel Cilliers op Sondag 9 Desember 1838 te Waschbank tydens die aand erediens. Later, en tot vandag toe, word dit as 'n verklaring herdenk. Dit kan nie weer in ‚die gebed opgeneem word nie, aangesien dit op 16 Desember 1838 volbring en die belofte van jaarlikse herdenking tot in die opkomende geslagte bevestig is. Meestal word dit vandag tydens 'n erediens herhaal en bevestig en word in die gebed en prediking op die onderhouding daarvan in die volkslewe klem gelê, tot bemoediging en aansporing van die Afrikaner. Die nakoming van die Gelofte is en bly 'n vereiste vir elke Afrikaner, hetsy van bloedafkoms of dat hy uit vrye wil hom by die Afrikanervolk gevoeg het en voeg.
Sedert die VF-Positief in die ANC-Parlement teenwoordig is, was hulle nie instaat om iets te doen wat die verval in Suid Afrika kon keer nie. Dat hulle wel in ‘n posisie is om die omvang van die verval bekend te maak na buite toe, is sekerlik iets werd, maar die beletsel om iets daaraan te doen is die meerderheid swartes wat hulleself beskerm bloot deur die opsteek van hande.Dit is adv. Anton Alberts wat kon uitwys dat die Ouditeur-Genl. se verslag oor staatsbesteding daarop dui dat staatsdepartemente in die laaste boekjaar nie minder as R62,7 miljard ‘onregmatig bestee’ het. In die vorige boekjaar (2012 / 2013) was die bedrag R26 miljard en ten spyte van die kennisname daarvan, was nie een van die opposisie partye daartoe instaat om die meer as verdubbeling daarvan in die huidige boekjaar te stuit nie. Vir die gewone belastingbetaler het die staatskas ‘n bodemlose put geword waar amptenary se korruptiewe inslag onbeheerst voort spoed na totale ineenstorting.
Die NSA lê aan skerwe! Dan is dit baie lig gestel indien dit vergelyk word met hoe die Republiek van Suid Afrika in 1966 daar uitgesien het onder die bekwame en Godvresende bestuur van dr. H.F. Verwoerd en sy kabinet van daardie tyd. Ons kyk na die turbine by Duhva kragstasie in die foto’s hieronder, wat onmiddellik dieselfde onbekwame en meesal onverantwoordelike optrede van die swart bevoordeeldes wat ongeag ervaring, vermoë en opleiding oral ten koste van bekwame mense aangestel word en begryp dan onwillekeurig dat hierdie turbine ‘n toonbeeld is van die Nuwe Suid Afrika na dr. Verwoerd. Dat diegene wat in die parlement aangebly het na die moord op dr. Verwoerd en aktief of stilswyend die versaking van beleid en beginsel meegemaak het, daardie voorwaardes vir vreedsame naasbestaan gefaal het, is sekerlik so! Dit is egter belangrik om dieper en deegliker te kyk na die oorsake en veral die oorsprong van dié handomkeer wat binne die NP plaasgevind het! Dit het dan tyd en nodig geword dat die Afrikanervolk wat vandag gebuk gaan onder die voorspelde ellende wat voortspruit uit die handomkeer wat na die moord op dr. Verwoerd plaasgevind het, die oorsaak vir ons ellende aan die regte kapstokke hang, naamlik Brittanje en Amerika! Dit was die twee vernaamste hefbome wat teen die Afrikanervolk aangewend is.
Spreuke 3:1-35: Vers 5:”Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.” Dit klink tog so eenvoudig en eintlik lekker. Ek kan maar rustig agteroor sit en net glo, want dit is al wat God van my vra. Was dit maar net vir ons so maklik om waarlik onvoorwaardelik te glo en op God te vertrou! In ‘n lewe waar die samelewing voortdurend gedryf word na groter, beter, meer, is dit soms moeilik om die pas vol te hou. Kort voor lank bevind ons onsself op ‘n weg waar ons so ingestel is op ons eie vermoëns, insig en bedrywighede dat ons vergeet dat ons ‘n hemelse Vader het wat vir ons deur genade voorsien in dit wat ons nodig het. Ons is sò besig om met ons eie insig te probeer om dinge uit te redeneer en te verklaar, dat ons deur ons foutiewe redenasies en gebrekkige menslike insig, menigmaal situasie vererger i.p.v. om ‘n verbetering teweeg te bring. Enige kind van God het egter daardie wonderlike gerusstelling en voordeel dat ons net ons beste hoef te probeer en dit wat buite ons vermoë is, na ons God kan vat in ons gebede – en onthou, by Hom is geen ding onmoontlik nie.
Waarvoor ywer julle? As Helen Suzman se pogings deur die ANC geminag word, waarvoor ywer julle? Hier is die sekerste bewys dat blankes wat van mening is dat om die Swart ras te steun en in besonder die ANC-regime, hulle te help en by te staan om behoudende blankes te ondergrawe, te adviseer hoe om “apartheid” te ondermyn, hulle te befonds, te help struktureer en hulle flaters, foute, korrupsie en moorddadigheid te verdedig om daarmee hulle, die swartes se welwillendheid mee te verdien, verstaan niks van die swart ras se politieke verwagtings en metodes om dit te verwesentlik nie! Julle is deur julle moedswillige naïwiteit gevonnis om geassimileer te word totdat daar slegs ‘n donker skakering van julle pigmentasie en geërodeerde breinfunksie oor is om by die Afrika-mentaliteit aan te pas terwille van eendersheid! Selfmoord by implikasie indien jy nie betyds gevlug kry nie!
ANC: Helen Suzman didn't act against apartheid
19 Apr 2013 06:24Sarah Evans, Nickolaus Bauer
Die AVP wonder wat is by Rapport aan die gang? Dié “hogere” en in die algemeen onbekende caveatwoord, met “regterlike waarskuwing, of protes” as betekenis, pas hoegenaamd nie in Rapport se mondering indien die tema wat onder bespreking geneem is, in aanmerking geneem word nie. Op bladsy twee van Rapport van 30 November 2014 verskyn ‘n artikel onder die opskrif: “Rapport sê, Verwerp Blade se dreigemente”. Hierdie opskrif wat reeds op die voorblad van dieselfde Rapport in ‘n fokuskol beklemtoon word met die verstommende aanbeveling van: “Hou op skaam wees vir Afrikaans en sê vir Blade: ’Nee’” Sou eerder in Volkstem van die AVP verwag word as in die Afrikanervyandige en tot nou toe, uiters linkse Rapportkoerant!
Hierdie kommunis se openlike aggressie jeens die Afrikanervolk soos gepubliseer in die media, is die soort optrede wat nodig is om Afrikaners op hulle agtervoete te kry. Sy wanstaltige vertolking van rassisme en die gebrekkige, indien nie géén insig in die gevolge van hulle verminking van die onderwys in Suid Afrika, roep ‘n uitspraak van mnr. Jaap Marais op toe hy by geleentheid van iemand gesê het, “this man was educated beyond his intelligence!” Sy benadering oor Afrikaners druip van rassisme terwyl hy verklaar dat daar geen plek vir rassistiese instellings is nie! Die AVP verwys na Nzimande se opmerking: “Ek sal julle toemaak” op die voorblad van Rapport van 30 November 2014. Nzimande verbeel hom dat Suid Afrika aan hom en sy paar kommunistiese tydgenote behoort. Hy vergeet egter dat sy posisie nie spruit uit enige stryd, ywer of vindingrykheid, om nie eers die terme vermoë van die swart ras te noem nie. Hy het bloot daar gekom omdat ons deur de Klerk en sy verloopte kabinet van 1994, verraai is. Hy moet dus maar sy vinger swaai terwyl hy kan!