Sedert die VF-Positief in die ANC-Parlement teenwoordig is, was hulle nie instaat om iets te doen wat die verval in Suid Afrika kon keer nie. Dat hulle wel in ‘n posisie is om die omvang van die verval bekend te maak na buite toe, is sekerlik iets werd, maar die beletsel om iets daaraan te doen is die meerderheid swartes wat hulleself beskerm bloot deur die opsteek van hande.Dit is adv. Anton Alberts wat kon uitwys dat die Ouditeur-Genl. se verslag oor staatsbesteding daarop dui dat staatsdepartemente in die laaste boekjaar nie minder as R62,7 miljard ‘onregmatig bestee’ het. In die vorige boekjaar (2012 / 2013) was die bedrag R26 miljard en ten spyte van die kennisname daarvan, was nie een van die opposisie partye daartoe instaat om die meer as verdubbeling daarvan in die huidige boekjaar te stuit nie. Vir die gewone belastingbetaler het die staatskas ‘n bodemlose put geword waar amptenary se korruptiewe inslag onbeheerst voort spoed na totale ineenstorting.
Alberts se oplossing om internasionaal te poog om transformasie tot ‘n misdryf teen die mensdom verklaar te kry, is ‘n fluit in ‘n stormwind! Die hele Afrika opereer op dieselfde wyse vir eeue lank en behoort ‘n duidelike riglyn vir ons te wees van wat kan en wat nie. Om hierdie gemors te stuit is daar net een oplossing voor. Die politiek en geld moet uit hulle hande gehou word!
Betrokkenheid in die stelsel maak jou aandadig aan die verva,l daar jy van die belastingbetaler se geld ontvang om namens hulle en in hulle belang die land te bestuur, in gebreke waarvan jy ‘n nuttelose verbruiker van belastinggeld geword het. In hierdie Godlose eenheidstaat is die wagwoord nie samewerking of onderhandeling nie, maar verset met die oog op rasseskeiding waar elke volk binne sy eie volksgebied oor homself volgens eie aard en behoefte regeer!
In die nuutste DITSEM BLITSUITGAWE het Alberts se betoog verskyn:.
“Grootste geldvermorsing in land se geskiedenis”
Suid-Afrikaners is klaarblyklik so vuisvoos met die ANC-regering se onbevoegheid en korrupsie, dat die grootste vermorsing van staatsgeld in die land se geskiedenis binne ʼn enkele jaar byna ongesiens verbygegaan het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se Parlementêre woordvoerder oor ekonomie. Hy wys daarop dat, luidens die OG-verslag oor staatsbesteding wat pas uitgereik is, het staatsdepartemente in die laaste boekjaar ʼn verbysterende R62,7 miljard ‘onregmatig bestee’. In die vorige boekjaar (2012 / 2013) was die bedrag R26 miljard. Hy sê hierdie bedrag kan in perspektief gesien word deur bv. die wapenskandaal wat eers R47 miljard beloop het, maar het geëskaleer het tot R77 miljard. Die totale weermag sou dus feitlik herbewapen kon word met oorlogskepe, duikbote en straaljagters. “Dit is aansienlik groter as die Gautrein-projek van sowat R44 miljard. Konserwatief bereken sou die totale jeug van Suid-Afrika vir ʼn paar jaar gratis kon studeer. Sowat tien gebouekomplekse soortgelyk aan UNISA kon gebou word, of ten minste 40 000 km se splinternuwe paaie. Die teendeel is egter besig om te gebeur en oral is tekens van verval in die land se infrastruktuur duidelik sigbaar. Die meganisme vir hierdie vermorsing en suiwer diefstal van belastinggeld is geskep deur transformasie en die gepaardgaande ontplooiing van kaders wat stelsels soos tenders gebruik om geld uit die staatskas te tap en hulself te verryk. Dit is duidelik dat transformasie die land vernietig en die VF Plus gaan hom nou internasionaal beywer om dié beleid tot 'n misdaad teen die mensdom te laat verklaar. Hoeveel mense en veral bejaardes en kinders sterf nie weens swak of geen dienslewering nie? Suid-Afrika het reeds onder die mistieke aura van Nelson Mandela uitbeweeg,” aldus adv. Alberts.