Matthéüs 7:1-29
Vers 21 stel dit vir ons onomwonde dat ‘n geloofsbelydenis in Jesus Christus met die mond alleen vir jou dalk ‘n onaangename verrassing kan inhou. “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.”
Dit is tragies om te aanskou hoe menige mense deesdae dink dat Godsdiens (met spesifieke verwysing na diens aan God Drie-Enig en derhalwe die geloof in Jesus Christus) iets is wat ‘n mens vinnig onder die knie kan kry, afhandel en dan weer aanbeweeg met jou lewe. Daar word selfs verkondig dat die blote belydenis van Jesus Christus as Verlosser jou saligheid sal bewerk. Hierdie is ‘n verskriklike gevaarlike stelling, juis omdat dit naby aan die waarheid is, maar steeds ‘n leuen. Dit is ‘n gerieflike stelling wat mense se gewetens kan sus en dan toelaat om met ‘n lewe van ongebondenheid en sonde voort te gaan waarin daar in sonde volhard word. Christus se eie woorde in hierdie gedeelte is dat dit nie genoeg is om bloot Sy Naam te ken nie. Jy moet Hom ken en ook die wil doen van ons hemelse Vader – laasgenoemde wat vanselfsprekend sal wees wanneer jy Christus waarlik ken en oortuig is van die Verlossingswerk wat Hy aan die kruis vir jou gedoen het.
Hierdie was ‘n artikel in die Business Times op 14 Desember 2014. U sal merk dat die afwaartse buiging in die grafiek van bekwaamheid, sy begin in die tydperk na die sluipmoord op dr. Verwoerd gehad het. Hoewel die artikelskrywer, Mackenzie-Hoy, na sy opsomming van 30 jaar se flaters in die bedryf van Eskom met aanbevelings vorendag kom, word die vernietiging van die een na die ander turbine deur onverantwoordelike en onbekwame aanstellings, buite rekening gelaat. Eskom se vermoë om die ligte te laat skyn, bly vir die AVP maar donker indien nie heeltemal duister nie! Of dit wat die nuwe “democracy” in dertig jaar vernietig het in minder as dertig jaar weer op standaard gebring kan word, is ‘n oop vraag. Indien die Afrikaner nie weer beheer neem nie, is donkerte ons voorland.
Business Times
Source:
Thirty years of mistakes at Eskom
by Terry Mackenzie-Hoy, December 14 2014, 15:00
Inleiding
Die mens se opstand teen orde (en by implikasie, God se verordeninge) is so oud soos die mensdom self. Niks het verander sedert Eva in die tuin van Eden deur Satan verlei is om in opstand te kom teen God se verordeninge nie. Vandag ongeveer 6000 jaar later is die Satansmagte steeds ywerig aan die werk om die mensdom te laat rebelleer teen dissipline en orde. Maar wie is hulle en wat is hulle doel?
Ontstaan en grondslag
Die opstand is gesetel in 'n sameswering - een wat sy ontstaan reeds in die Ou Testament gehad het. Juda, een van die 12 stamme, het homself gesien as die uitverkore volk en as sodanig kon dit nooit die Messias aanvaar as die Verlosser van alle mense nie. Daarom dan ook die verterende en wrewelrige haat wat die Fariseërs, as segsmanne van hierdie volk, vir Jesus gehad het. Deur hulle mondelinge tradisies, (meeste daarvan self uitgedink), te verhef bo die Bybel , het die geloof wat later bekend sou staan as die Judaïsme, hierdie "tradisies" (soos later aangeteken in die Talmoed) in die plek van die Bybel gestel en kon daar binne daardie raamwerk geen plek vir 'n Verlosser van alle gelowiges gevind word nie.
‘n Britse eis wat in Suid Afrika as rassisme bestempel sou word wanneer Afrikaners opstaan vir hulle taal
Na gelang die “Democracy” in Suid Afrika sy sosialistiese greep hand-oor-hand verstewig, word die teenstelling daarvan in die lande wat dit hier in Suid Afrika help vestig het, al meer duidelik. Die enigste afleiding wat daaruit gemaak kan word is die kriminele oogmerke van daardie lande wat allerlei voordeel vir hulleself daaruit beding het. Dat hulle geknoei besig is om hulle in te haal, is egter net so duidelik en sal die “nuwe” uitgangspunte moeilik verantwoord kan word omdat die Afrikanervolk nie gou vergeet nie!
In Engeland moet almal Engels praat Maar hier by ons kan jy praat net wat jy wil - veral kaf!
Boris Johnson: Everyone living, working in UK should speak English
Die AVP se tema vir die jaar wat voor ons lê, is ‘n oorlog sonder koeëls, so besluit op ons afgelope kongres. U mag tereg vra, waarom ‘n oorlog sonder koeëls? Veg ‘n mens dan nie ‘n oorlog met allerhande konvensionele wapens nie en deesdae nogal formidabele, gesofistikeerde en moderne instrumente wat aangepas is vir die bepaalde omstandighede waaronder hulle aangewend moet word.
So woed daar op hierdie oomblik oorloë wêreldwyd in Sirië, Irak, Libië, Afganistan, Oekraïne, Nigerië en is daar gewelddadige opstande oral waar die opstandelinge met van hierdie moderne wapentuig toegerus is asof daar ‘n onuitputbare bron daarvan bestaan sodat selfs die kindersoldate in Afrika geen tekort daarvan ondervind nie! Dit is skynbaar net in Suid Afrika waar die onderdrukte Afrikanervolk, wie se land op verraderlike wyse in die hande van swart kommunistiese terroriste beland het, geen toegang tot hierdie soort wapentuig het nadat daar met deeglike beplanning deur die verraaiers van ons volk, van al ons eie wapens ontslae geraak is. Toenemend woed daar egter ‘n oorlog teen die Afrikanervolk met, én sonder wapens!
Daar heers tans byna 'n massa-histerie om van Jacob Zuma ontslae te raak. Afrikaners doen gedweë mee aan hierdie veldtog omdat hulle grootliks oningelig is oor die gebeure agter hierdie fasade. As redes word aangevoer onder meer sy vermorsing van belastingbetalersgeld op sy paleis, Nkandla. Alle aanduidings is dat die aanvalle op Zuma sal verskerp in 2015 en dat gepoog gaan word om hom uit die kussings te lig.
Wat mense natuurlik vergeet, is dat die einste magte wat Zuma aan bewind gebring het, nou van hom ontslae wil raak. En dit het absoluut niks met Nkandla te doen nie. Hulle het immers al voor sy verkiesing as president geweet hoe korrup (teerbaar) Zuma is met die hele sage rondom die wapenskandaal. Nogtans het hierdie magte hom gesteun en dit teen 'n persoon (Thabo Mbeki) wat self vroeër hulle kandidaat was!
Mbeki was die sake-sektor (geldmagte) se kandidaat en het inderdaad veel gedoen om Joodse geldbelange in Suid-Afrika te bevorder. Hy het egter nie genoeg gedoen nie! Toe hy boonop sy steun vir Robert Mugabe uitgespreek het en geluide begin maak het wat begin klink het na stappe om die geldmagte se planne in die wiele te ry, was die gort gaar. Die res is geskiedenis.
Lukas 19:1-10
In hierdie gedeelte lees ons van ‘n man wat so eie is aan karakters van ons huidige samelewing – iemand wat van Jesus gehoor het, maar Hom nie ken nie. Hy weet van Hom en het al van Hom gehoor, maar hy ken Hom nie. Die persoonlike verhouding ontbreek.
In vers 5 nooi Jesus hierdie sondaar wat so oor Hom wonder om nie alleen na Hom te kom nie, maar om ook aan Hom blyplek vir die aand te verskaf. Hierdie sondige tollenaar wat openlik mense inloop in transaksies en nie eers vir Jesus ken nie, word deur Jesus genader om vir Hom blyplek te verskaf. So kenmerkend aan ons Meester, Jesus Christus, stel Hy nie eers die voorwaardes alvorens Hy by Saggéüs sou tuisgaan nie, maar gaan by hom tuis ten spyte van sy foute en sondige gebreke. Hierdie gesindheid van Jesus tesame met Sy Goddelike heiligheid en heerlikheid is so oorweldigend vir Saggéüs dat hy summier sy sonde teenoor Hom bely en onderneem om dit ook reg te stel.