1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956363

Besoekers aanlyn

Ons het 112 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

BLADE NZIMANDE SOEK OORLOG MET DIE AFRIKANERS

altHierdie kommunis se openlike aggressie jeens die Afrikanervolk soos gepubliseer in die media, is die soort optrede wat nodig is om Afrikaners op hulle agtervoete te kry. Sy wanstaltige vertolking van rassisme en die gebrekkige, indien nie géén insig in die gevolge van hulle verminking van die onderwys in Suid Afrika, roep ‘n uitspraak van mnr. Jaap Marais op toe hy by geleentheid van iemand gesê het, “this man was educated beyond his intelligence!”  Sy benadering oor Afrikaners druip van rassisme terwyl hy verklaar dat daar geen plek vir rassistiese instellings is nie! Die AVP verwys na Nzimande se opmerking: “Ek sal julle toemaak” op die voorblad van Rapport van 30 November 2014. Nzimande verbeel hom dat Suid Afrika aan hom en sy paar kommunistiese tydgenote behoort. Hy vergeet egter dat sy posisie nie spruit uit enige stryd, ywer of vindingrykheid, om nie eers die terme vermoë van die swart ras te noem nie. Hy het bloot daar gekom omdat ons deur de Klerk en sy verloopte kabinet van 1994, verraai is. Hy moet dus maar sy vinger swaai terwyl hy kan!

Dit het tyd geword dat daar hard en duidelik vir karakters soos Nzimande gesê word, julle faal as ‘n ras, julle faal as ‘n regering en vernietig alles waaraan julle raak! Julle trek pakke klere aan en ry in luukse motors en gebruik die belastinginkomste wat bedoel is om Suid Afrika ‘n ontwikkelde en beskaafde land vir sy inwoners te maak en mors dit uit op die een partytjie na die ander in die tyd wat oorbly nadat julle terug is van uitgebreide kooptogte oorsee.

Die eens trotse Zoeloe, Xhosa, Venda, Basoetoe, Ndebele en ander swart rasse word identiteitloos ingeboender in ‘n sogenaamde reënboognasie wat nog vis nog vlees is onder die voorwendsel dat dit rasseverhoudings moet verbeter terwyl die geskiedenis bewys het dat slegs die teenoorgestelde bereik word. Die wêreld lag vir julle en ook vir ons wat so naïef was om ons “pêrels voor die swyne te gooi”! Hierdie land is die Afrikaner se land en sal dit altyd bly. Jou bravade jeens die Afrikaner is dus misplaas en beklemtoon net die feit dat die Afrikaner gebruik moet word om julle gebrek aan prestasie te verdoesel.

Die AVP daag die regime uit om “rassisties en diskriminerend” teen die Afrikaner op te tree deur ons uit te ban uit die rasgemengde Universiteite, staatskole en Departement van Onderwys se kurrikulum, want om Afrikaans te wees is skynbaar vir Nzimande gelyk daaraan om ‘n rassis te wees! Ons kan en sal onsself handhaaf deur God se genade. Ons geskiedenis is ryk aan bewys daarvan!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie