Nehemía 1:1-11
Nog ‘n jaar spoed ten einde en wanneer ons terugkyk na die moord en doodslag, korrupsie, verval van ons land en die toenemende sedeloosheid onder ons eie volksgenote, is dit seker natuurlik dat die gedagte van moedeloosheid ‘n mens te binne skiet. Om doodeerlik te wees, self vir ‘n behoudende volksgenoot met ‘n bitter diep gewortelde liefde vir ons volkie, was die gedagte om die land te verlaat, nie uitgesluit nie. Dit voel asof ons soos Nehemia kan sit en ween, want sal hierdie afvallige volk dan nooit tot sy God terugkeer nie?
KYK JULLE WAT APARTHEID VERWYDER HET! Want dit is nie al wat verwyder is nie en daar is nog veel wat verwyder gaan word.
Vir die Afrikaner-nasionalis is dit altyd verkwikkend om na toesprake van dr Verwoerd of mnr Jaap Marais te luister. Veral as dit handel oor die Blanke se reg op hierdie land. Dit laat die vraag ontstaan of die HNP se leier, mnr Andries Breytenbach hoegenaamd nog as Afrikaner-nasionalis beskou kan word in die lig van sy huidige politieke denke. En indien nie, waar laat dit die HNP?
Daar is min leierseienskappe wat volgelinge van ‘n leier só entoesiasties en spontaan laat saamwerk, as doelgerigtheid. Volgelinge sal ‘n doelgerigte leier maklik volg, aangesien die eindbestemming nie vir hul onseker is nie en derhalwe het hul ook vertroue dat hul leier weet hoe om die eindbestemming te bereik wat geïdentifiseer is. Die Afrikaner kon op ‘n tyd beskou word as ‘n doelgerigte volk en met hierdie gesindheid van doelgerigtheid het hierdie geringe volkie buitengewoon hoë mylpale bereik. Ons kon trots wees daarop om binne ‘n baie kort tydsbestek as ‘n volk in ‘n vrye land te woon wat nie alleen die groot moondhede van die wêreld ingehaal het nie, maar selfs verbygesteek het. Op wetenskaplike-, nywerheid-, ekonomiese-, mediese-, asook militêre gebied het Suid-Afrika uitgeblink met prestasies bo ander lande in die Westerse wêreld. Met ‘n totale bevolking van ongeveer 17 miljoen (12,1m Swart, 3,07m Blank, 1,79m Kleurlinge en ,55m Asiërs) in 1960, kon ons maar beswaarlik meeding met ander lande en volke wat al lank gevestig was in hul streke. In dieselfde tydperk was die bevolkingsgetalle van ander lande o.m. Amerika (179,3m), Brittanje (52,1m), Duitsland (72,7m) en Rusland (120m). In vergelyking met ons volk se getallewig van net meer as 3 miljoen, was ons eintlik maar onbenullig.
1 Petrus 4:1-19
“om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van mense te leef nie, maar volgens die wil van God.” Hoeveel mense is daar nie wat hul lewens inrig om na die begeerlikhede van mense te leef nie? Ons almal het tog mense vir wie ons lief is en wie se opinie vir ons belangrik is in ons lewens, maar ons moet egter altyd leef op ‘n wyse wat God se goedkeuring wegdra. Daar is talle mense wat hul lewens leef om die algemeen-aanvaarde opinie nie teleur te stel nie, ongeag of hul God teleurstel in die proses of nie. Is dit hoe ons veronderstel is om te leef wanneer ons bely dat ons Hom waarlik liefhet? In vers 3 vind ons die aanklag wat verklaar dat ons die afgelope tyd nie ‘n lewe geleef het wat onderskeidend van die heidene is nie, maar eerder gedeel het in die dinge wat die heidene aanhang. Is dit nie ook waar vir ons volk wat as God se volk en eiendom veronderstel is om tot Sy eer te leef in die land wat Hy uit liefde en genade aan ons gegee het nie? Wanneer ons die Afrikanervolk wat bykans 176 jaar gelede plegtig trou gesweer het aan God vandag langs enige ander volk op die verhoog van volkere plaas, sou ons lewenswandel onderskeidend wees van ‘n ander, heidense volk? Sal ons Verlosser en Koning se naam grootgemaak kan word deur ons lewenswandel?
.... Dan soek hulle lig by Afrika! Die eienaardige ding met ‘n Afrikaanssprekende liberalis is, dat hy weier om erkenning te gee aan die suiwere en korrekte oordeel van nasionaliste wat die donkerte waarheen liberale denke ons land sou neem, voorspel het. Op onpeilbare wyse volhard hulle in ontkenning van hulle foutiewe en vernietigende ideologiese, (fanciful speculation) beleidsrigtings en blameer alles en almal vir die katastrofale gevolge daarvan.
‘n Klassieke voorbeeld is Max du Preez. Hy sal eerder Moeletsi Mbeki se analise van die toestand waarop Suid Afrika onder ANC terroristebewind afstuur erken, ‘n toestand wat selfs ‘n ongeskoolde tuinwerker of huisbediende vir jou sou kon uitspel vanweë die ooglopendheid daarvan, as om te erken dat hy van meet af aan verkeerd was en sy skryftalent aan te wend om sy mistasting te erken en reg te stel.
Max se vrees vir die onweerswolke wat saampak voer hy nou terug na 2007 toe Zuma president geword het en word dit nou volgens hom die oorsaak van al Suid Afrika se ellende. Dit laat ’n mens regtig somtyds wonder of daar hoegenaamd enige hoop op herstel vir sulke mense is. As Max se hoop vir ‘n sonsopkoms setel in: “The ANC needs to be transformed fundamentally if it is to take us to calmer waters. I know for sure that Zuma will not do this. He doesn’t want to and he doesn’t have the capacity.
The question then is: can it be done? Can the ANC be saved? Who will save it? How long will Zuma be at the helm? Has the rot not gone too deep? Perhaps it has.”, Is hy reeds te ver heen! Genadiglik doen hy dit in Engels!
‘N VOLKSTAAT VIR DIE AFRIKANERS IN SUID AFRIKA?? Zuma het dit ‘n Nkandla in jou kop genoem! Hier is nou die bewys van die waarde van die VVK- Boere-Afrikanervolksraad se volkstaatoefening. ‘n Feitelike weergawe van wat die AVP nog deurlopend voorspel het en nou deur die hof bevestig is volgens die berig in die Diversity Chronicle, geskryf deur Ray Charlston. Sonder om in detail in te gaan om van vooraf te verduidelik waarom so ‘n oefening nie haalbaar is nie, behalwe om weereens te waarsku dat dit aanvaarding van die toestand bevestig, nl. Dat die Swartes ‘n reg op ons land gehad het en dat ons dit van hulle ontneem het. As gevolg daarvan moet ons nou by hulle pleit vir ‘n stukkie grond. Quo Vadis Afrikaner? Dit was dr. Malan se vraag en vra die AVP opnuut. Waar wil u heen? Kom terug na u God! Kom terug na Nasionalisme! Herstel u geloof in die almag van God en sy beskikking vir dié wat hulle hoop op Hom vestig en ophou om toe te laat dat omstandighede dikteer. Bly by die gevestigde en bewese suksesvolle beginsels ongeag wat die wêreld daarvan sê. Lees die berig hieronder en sien hoe hierdie swart prokureur erken dat Suid Afrika ‘n beter plek was voor apartheid as nou. Sy oordeel oor ekonomiese voorspoed, sy eie veiligheid, misdadige toestand, kultuurbewaring, die beste plek om in te woon en die feit dat blankes beter stede ontwikkel (as Swartes), is bepaald strate beter as sy kollega de Klerk se wanstaltige oordeel oor die nuwe Suid Afrika.