1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9964322

Besoekers aanlyn

Ons het 96 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VERENIGDE NASIES NOU DIE TOEVLUG VIR DIE AFRIKANER?

altSolidariteit lê klag teen regering by VN   Nie ‘n woord oor die feit dat die Republiek van Suid Afrika die eiendom van die Afrikanervolk is nie! Nie ‘n woord daarvan dat die ANC Suid Afrika onwettig regeer nie. Nie ‘n woord daarvan dat die de Klerk regering nie ‘n mandaat gehad het om ons land aan die swart terroriste, gelei deur hoofsaaklik Kommuniste en dan nog top kop Kommuniste daarby! Nie dat dit enige verskil sou maak aan die steun uit daardie oord nie. Die vraag wat by ‘n mens ontstaan is, in wie se belang tree Solidariteit dan nou eintlik op as hulle by die VN aanklop vir hulp? Wie in die VN het al ooit iets vir die Afrikanervolk beteken? Hulle was nog altyd voorstanders en ondersteuners van die vernietigende “democracy” wat ons nou beleef! Die beeld wat geskep word dat Solidariteit in belang van ons vryheidstryd optree is vals en word beklemtoon deur hulle erkenning dat die swartes ‘n reg het op ons land. Hulle moet volgens Solidariteit net ophou om teen ons te diskrimineer.

 

Verset is die wagwoord hier! Solidariteit behoort Afrikaners op te vorder tot verset teen die onreg ons aangedoen, op te roep tot verset en mobilisasie in Kommando’s ter verdediging teen die volksuitwissing wat op ons aangelê word. Verset teen die finansiële uitbuiting deur heffings en belastings terwyl miljarde afgeskryf word vir dienste gelewer aan die “townships” wat vir niks betaal nie! Verset teen grondonteiening, ens., ens. Solidariteit kan egter nie hierdie pad volg nie omdat hy sy lidmaatskap oopgestel het vir alle rasse en dus nie meer net vir die Afrikanervolk kan optree nie en duidelik nie die wil openbaar om vir ons vryheid te stry nie.

Wat die AVP betref het Solidariteit en AfriForum ‘n belemmering in die Afrikaner se vryheidstryd geword deur hulle besig te hou met “teenkanting” teen die simptome wat uit die verraad van die de Klerkregering ontstaan het en nou poog om deur erkenning, samewerking en onderhandeling met die Swart regime, dit vir die blanke in die algemeen aanvaarbaar te maak om in hierdie dekadente en toenemende verslegtende omstandigheid voort te leef!  Met hulle erkende ledetal en inkomste uit ledegeld sou hulle ‘n betekenisvolle verskil kon maak in die Afrikaner se verset en stryd om ons land terug te kry. Die uitgangspunt dat dit nie haalbaar is nie en dat daar nou eerder by internasionale instellings oplossings  gesoek moet word versterk nie net ons afvalligheid nie, maar is ook nog ‘n klad op die Afrikaner se geskiedenis van geloof en afhanklikheid van God vir redding uit ons benouende toestand wat deur afvalligheid op ons afgekom het.

Solidariteit lê klag teen regering by VN

Solidariteit het ʼn klag teen die SA regering by die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie (CERD) gelê oor die nie-nakoming van die prosedurele vereistes van die VN Konvensie vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie. Volgens die konvensie moet die regering elke twee jaar verslag doen oor wat dit doen om aan die vereistes van die konvensie te voldoen, maar het dit in 2006 laas gedoen. ʼn Soortgelyke klag gaan terselfdertyd by die SA Mensregtekommissie (MRK) ingedien word as nasionale liggaam wat namens CERD as waghond in SA moet optree. Solidariteit versoek die MRK om die regering te vermaan oor die nie-nakoming van die resolusie en, indien die regering verder daarmee in gebreke bly, om dit te dwing om sy statutêre plig na te kom. Solidariteit het ook aangekondig dat, sodra die regering sy verslae gaan indien, hy ʼn skaduverslag gaan indien wat gaan toon dat die regering se program van regstellende aksie nie in ooreenstemming met die VN-resolusie is nie. Solidariteit beplan ook verder om ’n formele petisie by die VN in te dien waarin aangevoer word dat die SA regering se absolute fokus op rassedemografie nie voldoen aan die substantiewe vereistes van die VN-resolusie nie. Hierdie petisie sal sterk steun op die Renate Barnard-gevallestudie, maar sal ook wyer as dié geval fokus.

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie