1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9964324

Besoekers aanlyn

Ons het 96 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

Kan die HNP nog as 'n nasionalistiese party beskou word?

altVir die Afrikaner-nasionalis is dit altyd verkwikkend om na toesprake van dr Verwoerd of mnr Jaap Marais te luister. Veral as dit handel oor die Blanke se reg op hierdie land. Dit laat die vraag ontstaan of die HNP se leier, mnr Andries Breytenbach hoegenaamd nog  as Afrikaner-nasionalis beskou kan word in die lig van sy huidige politieke denke. En indien nie, waar laat dit die HNP?  

As voorsitter van die Boere Afrikaner Volksraad het hy hom verbind tot ‘n volkstaat deur onderhandeling met die ANC-regime. So is dan reeds met die woordvoerder van die geslepe geldmagte, die kits miljardêr, Cyril Ramaphosa onderhandel. En noudat Ramaphosa sy onderhandelingsvennoot is, sal mnr Breytenbach waarskynlik nie gesien wil word in die geselskap van mense wat Ramaphosa in sulke terme beskryf nie. 

 

Wat egter deur die gewone HNP-lede misgekyk word, is dat sy optrede nie van die HNP as party afgesonder kan word nie, al is hy nie meer ‘n party nie maar afgeskaal na ‘n beweging.  Alles dui daarop dat Breytenbach se optrede “hoek, lyn en sinker” deur die HNP gesluk is. Terwyl die lyfblad (Die Afrikaner) nog geluide sal maak oor nasionalisme en stotterend sal verklaar dat die HNP steeds by sy beginsels en beleid sedert sy stigting bly, is die waarheid dat die HNP ook nou ‘n volkstaatparty- (beweging) is.

 

Wat het mnr Jaap Marais oor die volkstaat gesê?

 

  1. Die hele volkstaatidee [is] ‘n vernederende abdikasie van die Afrikanervolk, ‘n miskenning van sy historiese reg, ‘n verloëning van vaderlandsliefde en ‘n versaking van ‘n plig om te veg teen ‘n verraderlike bewind”.

  2. “Die volkstaat-idee wat verkondig word is ‘n illusie en ‘n ontsnapping aan die harde eise van die politieke stryd. Daar was nog nooit ‘n strategie om die strewe te verwesenlik nie en nog minder die vermoëns en die middels om daaraan uitvoering te gee”.

  3. “Die volkstaatvoorstanders het geen historiese figuur waarop hulle kan steun nie, en hulle is in hulle kleingeloof en fratspolitiek afgesny van hulle volk se verlede”.

     

    Mnr Marais het die volkstaatidee (soos destyds en nou verkondig is) met minagting verwerp. En die HNP het hom eenparig ondersteun.

     

    Deur nou met die ANC te onderhandel vir ‘n deel van ons land waarvan die grootte en grense nog nie eers bepaal is nie, kom op die volgende neer:

     

 

    1. Dat die HNP by monde van sy leier die huidige regime as wettig       beskou.

 

    1. Dat die Afrikaner geen grond het waarop hy histories kan aanspraak maak nie.

 

 

Daar is geen ander afleiding te maak nie en so gesien, trek hierdie optrede ‘n streep deur die HNP se bestaansreg as nasionalistiese party. Die toekoms van die HNP hang nou af van wat die Boere Afrikaner Volksraad gaan regkry en die mislukking daarvan kan nou reeds in klippe uitgekap word.

 

Hoekom gaan die Boere Afrikaner Volksraad  se plan misluk?

 

  1. Daar is geen soortgelyke voorbeeld in die Volkereg (internasionale reg) waarop gesteun kan word nie. Wat die Boere Afrikaner Volksraad wil hê is dat ‘n besluit geneem moet word dat die (Boere) Afrikaner se reg op ‘n eie land erken moet word alhoewel geen land (staat) geïdentifiseer is nie! As die Balfour Verklaring as voorbeeld moet dien, sal ook dit futiel wees want die Balfour Verklaring was niks anders nie as die uitlating van ‘n Britse minister wat onder druk van die internasionale Jodedom verklaar het dat die Jode die reg op hulle eie land (in Palestina) het nie. Die besluit is nie deur die Volkerebond geneem nie. Die Verenigde Nasies sal vandag ook nie 'n soortgelyke besluit neem nie.

  2. Om te dink dat die Internasionale Geregshof ‘n gunstige beslissing in hierdie verband gaan maak is so vergesog dat dit eintlik lagwekkend is. Dit sal beteken dat enige etniese groep bloot hierdie hof kan nader vir ‘n soortgelyke besluit en dat state eenvoudig grondgebied aan etniese groepe sal moet toeken of afstaan met steun van ongeveer 30 000 mense.

  3. Selfs die blote instemming met die uitgangspunt dat die Afrikaner ‘n reg op selfbeskikking het, laat die Boere Afrikaner Volksraad met leë hande. Dan het die hond     die spreekwoordelike kar gevang.

     

    Afrikaner-nasionaliste se standpunte oor hierdie saak was en is steeds:

     

  1. Die ANC-regering is onwettig in die oë van die Afrikaner. Daarom verwys ons na hierdie regering as ‘n regime. Wat die res van die wêreld van die ANC-regime dink skeel die nasionalistiese Afrikaner min. Die wêreld het immers reeds vóór 1994 besluit dat die ANC die mense van Suid-Afrika verteenwoordig en was die bedrogvolle onderhandelingsproses, referendum en verkiesing net die rubberstempel.

  2. Hierdie land is die Afrikaner se land. Daaroor het die HNP in sy gryse verlede pragtige geskrifte die lig laat sien. Om te bedel vir ‘n onomskrewe deel daarvan by ‘n barbaarse regering is ‘n verloëning van die Afrikaner se geskiedenis en sy historiese regte. Om boonop te dink dat enige stuk grond opsy gesit sal word vir die Afrikaner is raserny. Daar is nie enige voorbeeld in die wêreld waar dit gedoen is nie en in Afrika met sy magshonger Swartes is sulke denke en praatjies politieke kaf!

  3. Om afstand te doen van gedeeltes van jou eie grondgebied (terwyl jy politieke mag uitoefen oor ‘n stuk grondgebied), soos wat in die verlede gedoen is, is een saak. Maar om van die hele Suid-Afrika afstand te doen en dan in ‘n toestand van onderdanigheid vir ‘n stuk grond te gaan vra waarvan die lokaliteit en die grense aan jouself nie eens bekend is nie, is ‘n geheel ander saak. Dit is boonop 'n oefening in vernedering.

     

    In die dae en maande wat voorlê sal die dwaasheid en futiliteit van hierdie poging duidelik uitgewys word. Dan sal die HNP met leë hande sit terwyl geld en tyd vermors is met ‘n poging wat duidelik byval vind by die regime waar die regime heeltemal bereid is om gesprekke met die Afrikaner te voer, terwyl die regime self weet dat die gesprekke op niks sal uitloop nie. Intussen is verwagtings by mense geskep terwyl daar van verset kwalik sprake kan wees in sulke onderdanige onderhandelingstoestande! Van selfrespek en selfbetuiging nog minder.

     

    Die geskiedenis sal sy oordeel oor die HNP fel. Maar dit is nou reeds baie duidelik dat ook die HNP geswig het voor sy vyand en nie aan die eise van Afrikaner-nasionalisme kon beantwoord nie. Daar was trouens 'n tyd toe die HNP (en veral mnr Jaap Marais) hierdie gekruip voor die vyand as verraad beskou het. Ook hierdie standpunt is waarskynlik nou vir 'n "beter" een ingeruil.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie