1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9964555

Besoekers aanlyn

Ons het 89 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

Jesus Christus die Seun van God! (2)

altIn ‘n beproewende tyd vir gelowiges waarin die waarhede van die Bybel en die bestaan van God betwis word, verdag gemaak word, deur kerke en kerkleiers verdraai word, uit die skole geban word en deur regerings gering geskat en selfs geïgnoreer word,  kom maak professor H.G. van der Westhuizen weer die ankers vas wat die ongelowiges en ateïste poog om los te ruk! Die AVP vind dit noodsaaklik om om die dertien dagstukkies wat prof. Van der Westhuizen geskryf het te plaas as bevestiging en versterking van ons wat glo  en weerlegging van hulle wat dwaal. 

Hoog bo die engele

Die Duiwel weet dat Jesus die Seun van God is

Die Demone weet dat Jesus die Seun van God is

Vroue weet dat Jesus die Seun van God ís

Heidene weet dat Jesus die Seun van God is

Afrikane weet dat Jesus die Seun van God is

Dissipels weet dat Jesus die Seun van God ís

Apostels weet dat Jesus die Seun van God is

Paulus weet dat Jesus die Seun van God is

Engele weet dat Jesus die Seun van God is

Jesus weet dat Hy die Seun van God is

Die Vader weet dat Jesus die Seun van God is

Die kerk weet dat Jesus die Seun van God is

VRYDAG 20 MAART 2015

Die Duiwel weet dat Jesus die Seun van God is

Matteus 4:1-11

Wanneer die Bybel die verhoudingsidentifikasie gebruik, word gepraat van Jesus as die Seun, en God die Vader. Maar wanneer dit gaan om die wesensidentifikasie word gepraat van Seun van God. Dit sien ons in die wydste spektrum van getuies van die Duiwel af tot by die Vader.

Die Duiwel kom na Jesus met die bevestiging dat Jesus die Seun van God in wese ís. Daaraan twyfel die Duiwel nie. As hy daaraan getwyfel het sou hy geweet het dat sy versoek dat Jesus van klippe brode moet maak, kan misluk. Dit wit plat ronde klippe wat al klaar nes rooster¬brode lyk sou maklik deur Jesus in brode verander kon word. Want Hy ís die Seun van God, die Skepper van klippe en van brood. Die Duiwel twyfel nie daaraan nie. Hy ken Psalm 33 wat sê: Die Heer se woord ís skeppingsmagtig!

As die Duiwel sê: ”As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word”, dan ís die ”as” nie ’n ”as” van twyfel of ’n ”as” van voorwaarde nie, maar van versoeking. Júís ómdat die Seun van God van klippe brode kán maak, dáárom wil díe Duíwel graag hê Jesus moet dit doen – want dan gehoorsaam Jesus die Duiwel en dít ís die versoeking.

Dieselfde met die versoeking: ”As U die Seun van God is, spring af (van die tempel)”.  Weer ís dit nie ’n ”as” van twyfel nie maar van versoeking!  Die ”as” beteken hier soveel as: terwyl U die seun God ís, of omdat U die Seun van God is …

Daar ís by die Duiwel nie twyfel oor Jesus as die Seun van God nie – dáárom ís hierdie versoekings juis teen Jesus gerig.

Terwyl die Duiwel wat ’n ongelowige ís nie twyfel oor die wese van Jesus Christus nie, naamlik dat Hy God is, hoe kan ons dan wat gelowiges in Jesus Christus ís, aan sy wese twyfel?

Amen

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie