Dit is interessant om te sien hoe die klem in die politiek verskuif van die een na die ander swartbeheerde organisasie namate hulle een vir een in onguns verval in die oë van die media! Dit is eers wanneer jy meer afstand skep en die politieke verwikkelinge meer objektief beskou dat die invloed van die media om ʼn tendens te skep, al hoe sigbaarder word. Objektief beskou is dit egter ook glashelder duidelik dat of dit nou die Xhosa Mbeki is wat vervang word met Jakob Zuma van die Zulu’s en of die klem verskuif na Malema van die ANC-Jeugliga of van Malema na Vavi van Cosatu en in die hele proses gepoog word om Blade Nzimande van die SAKP op die agtergrond te hou, die oorhoofse doel, naamlik om die Afrikanervolk uit Suid Afrika te dryf, dit verander nie!
WEES dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here.
JAKOBUS 5: 1-20
1 KOM nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.
2 Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel.
3 Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ’n getuienis teen julle wees en sal soos ’n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.
4 Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.
5 Julle het op die aarde ’n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op ’n slagdag.
6 Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.
EUROPESE UNIE STEUN DIE BOERE.
Maar wie is die Europese Unie en wat is hulle steun werd? Ons het die volgende inligting van Wikipedia afgetrek om aan te dui wat hulle steun werklik vir ons beleërde volk beteken.
Wat van belang is, is dat België, Oostenryk en Italië se lede die voortou geneem het om in die bres te tree vir en beswaar aan te teken teen die moorde op Boere in Suid Afrika. Die verklaring wat hulle voorberei en aan die Europese Parlement voorgelê het, is deur 48 lede van 19 lidstate onderteken.
Uit die samestelling en uitvoerende magte van die EU, is dit egter duidelik dat daar nie veel verwag kan word van hierdie gebeurtenis nie.
AS DIE WAARHEID JOU BEGIN INHAAL…
As ‘n mens na die opskrif kyk is daar twee sake wat jou dadelik voor die gees kom. Wat is die waarheid waarna hier verwys word en tweedens, as die waarheid jou begin inhaal, moes jy iewers op die pad daarby verby gegaan het!
Die Beeld koerant verwys na ‘n tweede transformasie waarop nou gefokus word, wat dan ook aanduidend is dat daar ‘n eerste transformasie is wat agter die rug lê. Dit is volgens die berig in Beeld, Jeff Radebe wat enkele ontstellende geluide gemaak het toe hy die beleidsvoorstelle van die ANC bekend gemaak het.
EKONOMIESE VOORUITSIGTE IN SUID AFRIKA
Oswald Spengler het by geleentheid gesê: “’n Gesonde ekonomie kan nie in ‘n land bestaan sonder sterk leiding in buitelandse beleid nie. Ommekeer van dié verhouding is getuienis van ‘n siek nasie”.
Die eerste teken van die ongesteldheid van ons ekonomie in die P.W. Botha-de Klerk-era, was toe Pik Botha die buitelandse belange in Suid Afrika begin bevorder het instede daarvan om Suid Afrika se belange in die buiteland te bevorder! Gemeet aan Spengler se definisie, was ons ekonomie toe al reeds koorsig.
As ons vandag dieselfde maatreël aanlê na aanleiding van Jacob en Gordhan se begrotingsuitsprake, gemeet aan die afgelope 18 jaar se prestasie, is Suid Afrika se ekonomie reeds terminaal. Die grondslag vir ‘n gesonde ekonomie is tog vertroue, veral in die politieke vermoë van ‘n regering, waarvan daar by die ANC-regime weinig indien enige, sigbaar is.
DIE BEELD VAN WARE RASSISME!
Die polemiek wat ontstaan het rondom Franz Jooste se Kommamdokorps wat deur Afriforum se Kallie Kriel op die spits gedryf is, het nou in ‘n mosie van die DA beslag gekry wat deur die “Mpumalanga” wetgewer aanvaar is en deur Anthony Benadie van die DA as ‘n beslissende oorwinning oor rassisme beskryf word.
Hierdie noodsaaklike benadering om jong seuns op te lei om instaat te wees om hulle ouers, grootouers en susters teen verkragting, verminking, marteling en moord te beskerm deur swart moordenaars en verkragters, word nou as ‘n uiterste vorm van rassisme bestempel.
Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring?
JESAJA 5:1-30
8 Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is.
1 LAAT my tog sing van my Beminde; ’n lied van my Beminde oor sy wingerd! My Beminde het ’n wingerd op ’n vrugbare heuwel.
2 En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ’n toring daar binne-in gebou en ook ’n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring.