1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954938

Besoekers aanlyn

Ons het 124 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

EUROPESE UNIE STEUN DIE BOERE

EUROPESE UNIE STEUN DIE BOERE.

Maar wie is die Europese Unie en wat is hulle steun werd? Ons het die volgende inligting van Wikipedia afgetrek om aan te dui wat hulle steun werklik vir ons beleërde volk beteken.

Wat van belang is, is dat België, Oostenryk en Italië se lede die voortou geneem het om in die bres te tree vir en beswaar aan te teken teen die moorde op Boere in Suid Afrika.  Die verklaring wat hulle voorberei en aan die Europese Parlement voorgelê het, is deur 48 lede van 19 lidstate onderteken.

Uit die samestelling en uitvoerende magte van die EU, is dit egter duidelik dat daar nie veel verwag kan word van hierdie gebeurtenis nie.

 

  In die eerste plek is Suid Afrika nie ‘n lid van die Europese Unie nie en dus glad nie gebonde aan wat hulle ookal besluit nie.  Tweedens sien ons met hoeveel  minagting die swart regerings regdeur Afrika, uitsprake, aanbevelings, teregwysings en kritiek vanuit die Weste beskou en slegs reageer wanneer  die aalmoese na hulle afgesny word.

Derk Jan Eppink van Nederland som dit reg op as hy daarna verwys dat baie mense steeds dink dat dit die Boere se eie skuld is vanweë die mishandeling van hulle werkers.  Die morele verontwaardiging in Europa oor die lot van die Brasiliaanse Indiane is veel groter as die moorde op Suid Afrikaanse Boere, sê hy.

Dit is dan ook huidig die somtotaal van die waarde wat die verklaring in die EU parlement vir die Afrikanervolk het, nl. Die morele steun wat ons kan put uit die wete dat daar tog ander Blankes iewers in die wêreld is wat kennis geneem het van ons benouing en bereid is om hulle daaroor uit te spreek.  Om meer daarin te lees sou slegs hol verwagtinge skep wat die fokus op eie bemagtiging kan benadeel.  Uit Eppink se opmerkings kan daar duidelik gesien word watter skade die media die Afrikaner se beeld aangedoen het en is daar veel potensiaal vir regstelling wat sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd, deur ambassadeurs nagelaat en selfs saam met Pik Botha as minister van Buitelandse Sake, verknoei is.

Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese state met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie (ook bekend as die Verdrag van Maastricht) en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is.

Die EU is die grootste ekonomiese eenheid en een van die grootste politieke eenhede in die wêreld met 493 miljoen inwoners en 'n nominale BBP (Bruto binnelandse produk) van €11.5 ($15.0) triljoen in 2006.  Die Unie is ook 'n enkelmark  met 'n gemeenskaplike handelsooreenkoms, 'n gemeenskaplike landboukundige en vissery ooreenkoms en 'n streeksooreenkoms om armoedige streke by te staan.  Die EU het ook die Euro as gemeenskaplike geldeenheid voorgestel, wat deur 17 lede aanvaar is.

Burgers van EU-lidmaatstate is ook burgers van die Europese Unie. Dit beteken dat hulle in ander lidstate kan werk, woon, reis en belê, alhoewel daar sommige beperkings is rakende nuwe lede. Paspoortbeheer en doeane by die grense van die meeste lidstate is deur die Schengen-ooreenkoms tot niet gemaak.

Die hoofstede van die Europese Unie is Brussel in België, Luxemburg (stad) in Luxemburg en Straatsburg in Frankryk.

Geskiedenis

Na die Tweede Wêreldoorlog het die idee pos gevat dat Europese integrasie die enigste manier was om af te reken met die vergaande nasionalisme wat die kontinent tot dan toe geteister het. Jean Monnet, Robert Schuman en Konrad Adenauer het in 'n toespraak in 1950 die sogenaamde Schumanplan aangebied. 'n Jaar later is die Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) opgerig deur tekening van die Verdrag van Parys deur België, Frankryk, Italië, Luxemburg, Nederland en Wes-Duitsland.

Die EGKS het so suksesvol geblyk dat in 1957 tot verdere integrasie besluit is. Die Verdrag van Rome, geteken deur dieselfde ses lande, het die Parlement en die Europese Parlement se Ekonomiese Gemeenskap opgerig. In 1967 is die drie organisasies deur tekening van die Fusieverdrag saamgevoeg, waarna hulle verder gewerk het onder die naam Europese Gemeenskappe (EG). Dit het gelei tot die oprigting van die Kommissie, die Raad en die Parlement.

In 1973 het Denemarke, Ierland en die Verenigde Koninkryk lid geword van die EG. Griekeland het lid geword in 1981, Spanje en Portugal in 1986. Die Verdrag van Maastricht, geteken in 1992, het die oprigting van die Europese Unie beteken. Dit het die basis gelê vir verdere vorme van samewerking op die vlak van buitelandse- en veiligheidsbeleid, op die interne en geregsvlak, en in die vorming van die Ekonomiese en Monetêre Unie. Die Verdrae van Schengen het gesorg vir 'n interne mark. In 1995 het Oostenryk, Finland en Swede lede geword van die EU.

Die euro is ingevoer in 2002. Tien nuwe lande het in 2004 lede geword van die EU: Ciprus, Estland, Hongarye, Letland, Litoue, Malta, Pole, Slowenië, Slowakye en Tsjeggië. In 2007 het Bulgarye en Roemenië nog bygekom, sodat die EU nou in totaal uit 27 lidstate bestaan. Om te verseker dat die Unie na hierdie uitbreiding steeds goed bestuurbaar bly, is die Verdrag van Lissabon in 2007 geteken.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie