Dit is interessant om te sien hoe die klem in die politiek verskuif van die een na die ander swartbeheerde organisasie namate hulle een vir een in onguns verval in die oë van die media! Dit is eers wanneer jy meer afstand skep en die politieke verwikkelinge meer objektief beskou dat die invloed van die media om ʼn tendens te skep, al hoe sigbaarder word. Objektief beskou is dit egter ook glashelder duidelik dat of dit nou die Xhosa Mbeki is wat vervang word met Jakob Zuma van die Zulu’s en of die klem verskuif na Malema van die ANC-Jeugliga of van Malema na Vavi van Cosatu en in die hele proses gepoog word om Blade Nzimande van die SAKP op die agtergrond te hou, die oorhoofse doel, naamlik om die Afrikanervolk uit Suid Afrika te dryf, dit verander nie!
Wat vir die Afrikaner gevaarlik is, is die persepsie wat geskep word dat Vavi se kritiek teen die ANC se korrupte leierskorps en hulle onbeholpenheid om die Freedom Charter se bepalings tot bevrediging van die swart massas se voordeel uit te voer, vir ons voordeel gaan inhou. Hoewel dit voorkom asof Vavi meer gematig is, moet daar gelet word op sy ondersteuningsbasis.
Beide die SAKP en Malema skaar hulle huidig by Cosatu met Winnie Mandela en haar vroueliga in die agtergrond. In terme van getalle, wat die kroonrat van die swart politiek is, bevind die ANC wat nou gebonde is aan die geldmagte met wie hulle ooreenkomste aangegaan het en waarvan ‘n aansienlike aantal van hulle top amptenare hulle uitspattige lewenstyle finansier, hulle tussen twee vure!
Vavi se stelling dat die ANC vergeet het wat getalle kan vermag dui duidelik op sy begrip van die mag wat in ʼn een-mens-een-stemstelsel vir hulle opgesluit lê. Hy het nie verniet sy oog op die wegdoen met al nege provinsies nie, want daarin lê vir hulle absolute beheer!
Dat spanning besig is om op te laai onder die verskillende etniese groepe, word daagliks duideliker. Die tekens dat slagordes teenoor mekaar besig is om in plek te kom terwyl die wat poste beklee besig is om hulle te verryk ten koste van die massas wat reeds in ʼn baie swakker posisie verkeer as tydens die apartheidsera, is aanduidend van ʼn toestand soos wat nou in Sirië ervaar word.
Verwagtinge wat geskep is by die swart kieser wat nou sonder werk en heenkome moet toekyk hoe die swart hordes van Afrika hulle kom verdring en diegene wat na hulle belange moes omsien, besig is met selfverryking, het die kruitvat geword wat slegs ʼn klein vonkie benodig om Suid Afrika in chaos te dompel.
Of Cosato dit sal kan bestuur is ernstig te betwyfel. Dit sal onder sulke omstandighede wees wat die Afrikaner weer die stuur sal moet vat. Dit is waarvoor die AVP poog om ons volksgenote voor te berei en geestelik en fisies paraat te kry om sterk te staan in die geloof. As Bloedrivier mense aangegryp het in terme van die wonder wat daar plaasgevind het, sal dit wat vir ons voorlê die wêreld verstom!