1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955012

Besoekers aanlyn

Ons het 93 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

RAS AS ONDERSKEIDING

Die media, staatsinstellings en sommige ondernemings se futiele pogings om mense te laat afsien van hulle rasse afkoms, het net eenvoudig nie perke nie! Dit is egter duidelik dat die ingebore verskille wat sigbaar, hoorbaar en in die praktyk onvervreembaar is, deur geen strafmaatreëls of wetgewing weggeneem kan word nie!

Die geval waarvan hier onder berig is, laat ʼn mens onwillekeurig die Malema geval voor die gees roep toe hy ʼn blanke verslaggewer  ʼn ”bastard” genoem het.  Hy is nie gearresteer nie en was ook nie daarvoor toegesluit nie. 

Die feit is egter dat haar bedoeling was om  die man te beledig.  Wat nie duidelik is nie is die optrede van die persoon wat aanleiding gegee het tot haar opmerking.  Indien hy nie swart was nie maar  van dieselfde ras as die vrou wat op dieselfde wyse met haar gehandel het as die swarte, sou haar optrede waarskynlik dieselfde gewees het, behalwe dat sy nie in ʼn sel sou moes oornag nie omdat “rassisme” nie ter sake sou wees al het sy hom wat ookal genoem. 

Rasgeoriënteerde gevalle word toenemend opgemerk, veral in skole, universiteite en ander openbare instellings. Dit is opvallend hoe die media in sulke gevalle die oortreder se werk of kerk of enige instansie waarby hy of sy betrokke is, by die hare insleep!  Die enigste gevolgtrekking waartoe ʼn mens kan kom is dat deur middel van dié bedenklike soort van beriggewing, daar gepoog word om so ʼn instansie te indoktrineer om ook druk op hulle werknemers uit te oefen om sodoende “nierassigheid” te probeer bevorder.

ʼn Mens staan verstom oor Radio Pretoria se opmerking in hulle nuuskommentaar dat Jonathan Jansen daarin geslaag het om die rasse voorval van die Reits vier, op te los. “ As Jansen oor versoening praat, sit die meningsvormers gewoonlik regop. Jansen het immers die taai toffie van die Reitz 4-geval geneem en opgelos.”  Tot wie se voordeel en ten koste van wie, wonder ʼn mens met reg!

Die AVP wil dit onomwonde stel dat daar géén manier is waarop enige kunsmatige poging van enige instansie daarin sal slaag om die Godgegewe verskynsel van ʼn rasse verskeidenheid en daarmee saam die verkieslikheid van geskeidenheid, ongedaan sal maak nie.  Rasverskil is nie bloot  ʼn nuanse van pigmentasie wat net te maak het met die verskil in velkleur nie. Dit is diepgewortelde  kultuurverskille, gevoed deur afkoms, intellek, godsdiens, taal, en geskiedenis, wat neerslag vind in ʼn bepaalde beskawingsnorm.

Om te poog om sulke uiteenlopende verskille onder dieselfde regeringstelsel in harmonie te hou, is reeds deur die geskiedenis as wensdenkery uitgewys wat gedoem is om te misluk. Die kruisbestuiwing wat moontlik is oor grense heen van volke wat naas mekaar soewerein onafhanklik oor hulleself regeer volgens eie aard en behoefte, word deur hierdie soort onvermydelike rassevoorvalle in ʼn rasgemengde samelewing, in die ban gedoen.

Vrou slaap in sel ná rasvoorval

2012-03-09 21:59

  •  Jonathan Erasmus

Richardsbaai. – ’n Vrou het ’n nag agter tralies deurgebring nadat sy ’n rassistiese aanmerking in ’n Virgin Active-klub in die dorp gemaak het.

Me. Ashika Ramdeen (39) het mnr. Jabulani Cebekhulu (34) na bewering ’n k****r genoem toe hy haar aangespreek het toe sy uit haar beurt gimna­siumtoerusting gebruik het. Sy het later erken dat sy die aanmerkings gemaak het.

Ramdeen het Donderdag in die Richardsbaaise landdroshof verskyn ná die voorval Woensdagaand.

Volgens Cebekhulu het Ramdeen ’n oefenmasjien begin gebruik. “Dit was my beurt en ek het haar gevra om haar beurt af te wag, maar sy het geweier en gesê dit is haar reg en sy kan dit gebruik wanneer sy wil. Sy het uiteindelik gesê k*****s sal altyd k*****s bly.”   Cebekhulu het haar gevra hoekom sy hom beledig het, waarna sy hom glo ’n “dom k****r” genoem en weggestap het.

Cebekhulu is polisie toe en het ’n klag ingedien.  “Ek het eers by die huis besef hoeveel die voorval my ontstel het. Ek was so kwaad dat ek nie kon slaap nie.”

Ramdeen, ’n werknemer van Exxaro KZN Sands, ’n filiaal van die Exxaro-groep, is kort ná die voorval buite die gimnasium gearresteer.  Sy is van crimen injuria aangekla en het die nag in ’n polisiesel deurgebring.

Mnr. Nakesh Ramdeen het gesê sy vrou is bewus van wat sy gedoen het en is baie jammer. “My vrou ly aan stres en het onlangs hartprobleme ontwikkel. Sy ly ook aan diabetes en gebruik medisyne, insluitend antidepressante.  “Sy kan net sekere toerusting gebruik as gevolg van haar toestand. Sy ly ook aan posttraumatiese stres.”  Hy het gesê haar optrede was buitengewoon. “Ons bly al 23 jaar in Zoeloeland en ons is baie lief vir dié omgewing. Ons het vriende van alle rassegroepe.”

Virgin Active het in ’n verklaring gesê Ramdeen se kontrak is opgeskort.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie