PERSVERKLARING 27-03-2012
Klik op foto
ZUMA EN DIE KABINET SIT AGTER MOORDE OP BLANKES IN SUID AFRIKA!
In ‘n videogreep wat onder die AVP se aandag gebring is, sing die ANC Staatspresident dat hulle en die kabinet die blankes wat die Boere is, met masjiengewere gaan skiet en dat ons sal hardloop!
U moet op die FOTO klik en self sien en hoor, maar meer nog, intens luister na die Afrika Etiek waarna in die vorige artikel verwys is. Dit wat die swartes voorgee om te wees, strook nie met wat hulle huidig doen en predik nie!
As die ANC president en die kabinet hulle feeste toesing dat die blankes geskiet gaan word, spreek die toenemende aantal aanvalle en moorde op blankes sedert Januarie vanself! Hierdie benadering verskil in betekenis nie ‘n duit van Malema se “Skiet die Boerliedjie” waaroor hy skuldig bevind is nie.
AFRIKA ETIEK!
Met Burgerreg-, Kultuur-, Politieke en Kerkorganisasies wat oor hulle voete val om “polities korrek” en met behoud van “morele hoë grond” die Swart Meerderheidsregime van Zuma terwille te wees en boonop mede Afrikaners probeer oorreed om die Nuwe Suid Afrika te maak werk, is dit gepas om by herhaling te kyk na wat Afrika leiers sê en wat hulle uiteindelik doen. Besin dan weer of samewerking moontlik is, maar veral of dit belofte inhou vir die vryheidstryd van die Afrikanervolk.
Prime Minister Robert Mugabe’s address to the nation on independence eve 1980
VREEMDELINGE HAAT OF NATUURLIKE SELFBESKERMING?
Leopold Scholtz se ontleding van wat hy as onverdraagsaamheid en selfs as vreemdelingehaat bestempel van mense in Europa teenoor mense wat anders as hulle lyk, anders praat en ander politieke, kulturele en geloofsidees het, strook nie met die werklikheid van instinktiewe en natuurlike verskynsel van selfbeskerming nie.
Dié siening van Scholtz kom na vore in ‘n ontleding wat hy probeer maak na aanleiding van die skietery in die Franse stad Toulouse waar Jode en mense afkomstig uit Noord Afrika en ander van Karibiese afkoms deur ‘n ekstremis afgemaai is. Hy vergelyk ook die gebeure met die optrede van die Noorse skieter, Breivik, verlede jaar in Oslo en beskryf hierdie soort optrede as ‘n ekstreme voorbeeld om te bewys dat daar ‘n afnemende verdraagsaamheid in Europa is teenoor mense wat anders lyk en praat en ander geloofsidees het.
WAAROM WORD ONS SIEK EN HOE KAN ONS GENEES WORD?
Dat die mens in die laaste dae van God se skepping leef, word deur weinig indien enige teoloë betwis. Sedert die sondeval het die mens egter sy uiterste bes gedoen en wel ver gevorder om deur middel van navorsing, ervaring en die mediese wetenskap, homself gesond te probeer hou en te vrywaar van al die verskillende siektes waaraan hy op aarde blootgestel was. In ‘n hoë mate het hy daarin geslaag om homself te beskerm deur inentings en medisynes en hoog opgeleide dokters en tegnologies gevorderde metodes van behandeling van sekere siekte toestande.
Dit is egter opmerklik hoeveel mense ten spyte van alles steeds sterf aan byvoorbeeld verskillende soorte kankers en hartsiektes wat dokters en geliefdes magteloos laat om genesing te bewerk en die dood af te weer. Gelate word dan gesê dat dit God se wil is en dat dit seker maar die persoon se tyd was om te sterf. Die vraag is, ís dit God se wil dat ons moet siek word en sterf?
AFRIKA AS AANSKOUINGSLES
“In swart Afrika is die twee klasse, nie Swartes teen Blankes nie, maar eerder die bolaag, die opgeleide klas en troepe teen die plaasarbeiders. Die bolaag minderheid wat die regering beheer, deel nie mag met die volk nie.”
Bokassa was daarvoor bekend dat hy gereeld sy vriende op mensvleis onthaal het. Nadat sy bewind beëindig is, is ʼn reuse koelkamer by sy villa te Kolongo oopgebreek. In die koelkamer is menslike liggaamsdele gevind “opgehang en gereed vir braai”
In die stede het Mobutu die standbeelde van Blankes verwyder en die dorpe en stede nuwe Afrika name gegee.
SKEURMAKER VAN FORMAAT BEKOMMER OOR SKEURING
Dit móét ernstig wees! As in beide die Beeld koerante van 20 en 21 Maart, in albei gevalle op bladsy 3 die toekoms van die NG-Kerk onder die loep geneem word, moet daar bepaald iets groots fout wees.
Die een vet opskrif sê: “NG-Kerk lidmate vrees die toekoms”, terwyl die ander nog vetter letters dit uitbasuin dat Belhar tot ʼn ramp vir die kerk lei! Die twee berigte gaan egter oor twee verskillende oorsake vir enersyds, die vrees oor die toekoms van die kerk en andersyds oor ʼn ramp wat tot moontlike skeuring kan lei. Die NG-Kerk is dus baie duidelik onder beleg! Hierdie beleëring, interessant genoeg, kom uit die kerk se binnekring!
EERBEHOUD GAAN BO DIE LEWE UIT!
Hier is ‘n lewensles wat gerus oor en oor gehoor kan word en ons plaas dit graag weer en weer as versterking van die wankelmoediges in ons volkslewe!
As daar niks is waarvoor jy bereid is om te sterwe nie, behoort daar ook niks te wees waarvoor jy behoort bereid te wees om te lewe nie! Hierdie lewenswaarheid vind ’n mens slegs by toegewyde en opregte gelowige mense wat ernstig is oor die waarheid en reg en geregtigheid. Hulle is dan gewoonlik ook diegene wat op brandstapels en in leeukuile gesterf het vir dit waarin hulle geglo het.