1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955013

Besoekers aanlyn

Ons het 93 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

IS DIT OMDAT ONS HAAT?

VREEMDELINGE HAAT OF NATUURLIKE SELFBESKERMING?

Leopold Scholtz se ontleding van wat hy as onverdraagsaamheid en selfs as vreemdelingehaat bestempel  van mense in Europa teenoor mense wat anders as hulle lyk, anders praat en ander politieke, kulturele en geloofsidees het, strook nie met die werklikheid van instinktiewe en natuurlike verskynsel van selfbeskerming nie.

Dié siening van Scholtz kom na vore in ‘n ontleding wat hy probeer maak na aanleiding van die skietery in die Franse stad Toulouse waar Jode en mense afkomstig uit Noord Afrika en ander van Karibiese afkoms deur ‘n ekstremis afgemaai is.  Hy vergelyk ook die gebeure met die optrede van die Noorse skieter, Breivik, verlede jaar in Oslo en beskryf hierdie soort optrede as ‘n ekstreme voorbeeld om te bewys dat daar ‘n afnemende verdraagsaamheid in Europa is teenoor mense wat anders lyk en praat en ander geloofsidees het.

 

Hierdie soort oorvereenvoudiging van ‘n probleem wat ooglopend ‘n dieperliggende oorsaak het, is simptomaties van die liberaalgesinde Humaniste wat uiterste pogings aanwend om die onhaalbaarheid van ‘n ge-integreerde veelvolkige samelewing  probeer wegsteek onder hierdie soort onsinnige liberale argumente as die aller verduideliking wat alle ander moontlikhede in die doofpot moet stop.

As hierdie artikel egter van naderby beskou word, slaan die waarheid en werklikheid oral soos vetkolle deur! Dit begin sommer by die opskrif wat lui: “Die instinktiewe afkeer van ‘ander’”.  Instink wat per definisie natuurdrif of ingeskape aandrif beteken, is al dadelik ‘n aanduiding van die oorsprong van hierdie mense se optrede.  As daar verder gekyk word na die verklaring van Breivik wat verklaar het dat sy optrede gemotiveer was deur die toestroming van vreemdelinge en die  verderflike ideologie van multikulturalisme in sy land, word dit duidelik dat hulle optrede niks te maak het met die blote feit van andersheid van ander rasse nie, maar alles met die verdringing van die inheemse inwoners en die las wat dit op elke lewensterrein op hulle plaas tot die mate van bedreiging van hulle identiteit en uiteindelike voortbestaan as ‘n volk!

‘n duideliker omskrywing van waar die oorsaak van hierdie probleem lê as die beskrywing van wyle mnr. Jaap Marais, is nouliks denkbaar.  Hy het by geleentheid dit só gestel: “ Die sentrale probleem van die Suid Afrikaanse staatkunde is dat ras en kleur nie maar net nuanses van pigmentasie binne een nasie is nie, maar dui op diepgaande historiese verskille en nog dieper genetiese verskille, wat saam sosiale, kulturele en godsdienstige afstand skep wat onoorbrugbaar is.”

Hierdie is ‘n definisie wat vir elke gemengde samelewing geld wat as dit ge-minag word, op die ou end tot konflik móét en sál lei! Dit is ‘n wetmatigheid wat onvermydelik is en waarvan die verantwoordelikheid vir die implimentering daarvan by die regering berus. Wanneer nasionalisme in ‘n volk verdring word deur liberalisme, is konflik wat tot anargie en chaos lei, gewoonlik die eindproduk in teenstelling met die vrede en harmonie wat die liberales verwag het om te kry. Dit is alleen die duiwelse magte agter die skerms wat seëvier ten koste van die strydendes! Om in ontkenning te leef van dit wat jy kan sien, behoort jou nie te kwel wanneer dit jou lewe bedreig nie! Jy maak mos maar net of dit nie waar is nie, of hoe, Leopold?

Danie Varkevisser.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie