“Jy is ‘n verleentheid vir liberale Afrikaners en ‘n skande vir Suid Afrika”
Cronjé sê: “Hofmeyr is ’n volslae idioot. “Hy regverdig sy rassisme met Malema se ‘skiet die Boer’”
WAT IS MORELE HOËGROND?
Hierdie het ‘n modewoord geword wat veral vroeër baie gebruik is deur Constand Viljoen en ander Liberale politici. Die bedoeling is waarskynlik eerder om die verdraagsaamheid as die sedelikheid van ‘n persoon in perspektief te stel en in die lig daarvan verdien die aanhoudende gekerm oor rassisme ons Afrikaner aandag.
Juis omdat hierdie aangeleentheid die lewens-en-wêreldbeskouing van die Afrikanervolk raak, kom tree die
Die aannames op sterkte van hierdie soort liberale en Humanistiese denkpatroon is nie alleen demoraliserend nie, dit vernietig weerstand, verpletter onderlinge vertroue sodat die vyand aan ons kan doen wat hy wil, hy kan van ons sê wat hy wil, ons moet egter net op die hoë grond bly totdat sy uitgesproke ideaal om ons uit Afrika te verdryf, hetsy deur uitwissing, ditsy deur intimidasie, verarming, besetting, verkragting, aanranding, verminking en elke ander barbaarse metode wat uitgedink is en nog uitgedink kan word, bereik is. Dit is ‘n naloper van die benadering om ons jong Afrikanerseuns te offer in ‘n oorlog wat moes dien om ‘n politieke oorgawe-skikking te bereik en enige verset daarteen is verkeerd. Ons moet liewer kyk of ons nie kan saamwerk om ons vyande se welwillendheid jeens ons te verbeter, al is ons Godgegewe erfenis al aan hulle oorgedra en 18 jaar aan hulle gegun om ons verkeerd te bewys.
Onderstaande artikel en ope brief het in Rapport van 15 Mei 2011 verskyn
AfriForum het sterk te velde getrek teen die sanger Steve Hofmeyr se omstrede liedjie waarin die rassistiese skelwoord “k****rs” voorkom.
Die organisasie het hom van Hofmeyr se liedjie gedistansieer.
Hofmeyr voer juis AfriForum se haatspraak-hofsaak teen die ANC-jeugleier, mnr. Julius Malema, weens sy gewoonte om gereeld die struggle-liedjie Ayesaba ama-gwala waarin die gewraakte woorde “skiet die Boer” voorkom, in die openbaar te sing, aan as regverdiging vir die gebruik van die gehate k-woord in Ons sal dit oorleef.
Ook mnr. Frans Cronjé, adjunk-uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het Hofmeyr gekruisig. (Lees Cronjé se brief hiernaas).
Die sanger het Donderdag op sy Twitter-blad oor die reaksie op sy liedjie geskryf: “Hel. Ek dog die media trek in vandag. Chaos. Dit oor een eerlike lied met sterretjies. Luister #ONSSALDITOORLEEF voor Vrydag op YouTube.”
Hy het gesê die sterretjies sal wegval as “Malema die ‘kill the Boer’-saak gaan wen”.
Net voor dié inskrywing het hy op Twitter gesê: “Persoonlik hou ek nie vd k-woord nie want ek sal dit nie voor my swart kollegas gebruik nie. Maar wie gaan ek keer as die ANC KILLTHEBOER wen.”
Mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gister aan Rapport gesê hoewel Hofmeyr ’n vriend van hom is, “is ons ten sterkste teen die gebruik van die lied gekant”.
“Afrikaners en Steve se frustrasies met Malema is 100% geregverdig. Maar AfriForum glo sterk daarin dat Afrikaners en wittes nie moet toelaat dat Malema hulle met sy rassisme uitlok om óók skeltaal te gebruik nie.”
Kriel sê Malema gee met sy wangedrag binne en buite die hof die morele hoë grond “op ’n skinkbord” aan AfriForum. Daardie morele hoë grond moet nie weggesmyt word nie. (My beklemtoning)
“ ’n Mens kan nie mense soos Malema en regter (Nkola John) Motata se rassistiese optrede met geloofwaardigheid beveg indien jy nie deur jou eie optrede respek teenoor ander gemeenskappe betoon nie,” het Kriel gesê.
Volgens Kriel sal geregtigheid altyd seëvier indien ’n mens se optrede daarop gefokus is.
Cronjé het by navraag gesê Hofmeyr se liedjie is glad nie in belang van Afrikaners nie en is uiters onaanvaarbaar.
Cronjé sê: “Hofmeyr is ’n volslae idioot. Dit is kommerwekkend dat hierdie publisiteitsfoefie dalk kan werk.”
’n Ope brief aan Steve Hofmeyr
Geagte mnr. Hofmeyr,
Ek verneem dat jy beplan om ’n liedjie oor “k****rs” te sing as die regter in die Julius Malema-haatspraakverhoor in die guns van mnr. Malema besluit.
Jou dreigement is rassisties in die ergste tradisies van rassistiese nasionalisme en ondermyn die posisie van wit mense in Suid-Afrika.
Jy is klaarblyklik onbewus van die feit dat wit mense ’n baie bevoorregte en omstrede posisie in Suid-Afrika beklee.
Hul langtermyn-toekoms in die land hang af van in hoe ’n mate hulle daardie posisie kan gebruik om ’n meer stabiele, regverdige en voorspoedige samelewing te bevorder.
Jy, aan die ander kant, gebruik jou groot gevolg om woede en haat onder jong wit mense te saai.
Dit is ongelooflik dat jy klaarblyklik nietemin glo dat hierdie gedrag die posisie van wit Suid-Afrikaners kan verbeter.
Die teenoorgestelde is waar.
As ’n noemenswaardige aantal swart mense sou begin dink dat jy die sieninge van alle wit mense verteenwoordig, stel jy hul toekoms in hierdie land in gevaar.
Dit skeel jou blykbaar ook min dat Suid-Afrika se vreedsame transformasie sowel as die vergewensgesindheid van swart Suid-Afrikaners iets merkwaardigs was.
Sou jy die soort vernedering wat deur swart mense ervaar is so maklik kon vergewe as dit jou ouers en grootouers was?
Ek skryf nie hier oor die handjievol swart politieke leiers wat hul bevrydingstryd se sogenaamde verbintenis tot nie-rassigheid geskend het nie.
Ek skryf eerder oor die veel groter aantal gewone swart mense wat net soos soveel gewone wit mense hulle daartoe verbind het om saam ’n beter Suid-Afrika te bou.
Dit is belangrik dat jy weet ek kom vanuit ’n plaasomgewing, so ek weet presies wat “kill the boer” kan beteken en wat die implikasies daarvan kan wees.
Maar ek sê vir jou, as jy dink dat ons rassisme met rassisme kan beveg, dan is jy net so ’n groot gek as wat jy ’n rassis is.
Dit is vir my ’n verleentheid om te dink dat jy as ’n leiersfiguur van enige aard in die wit en Afrikanergemeenskappe opgeduik het.
Jy is ’n verleentheid vir liberale Afrikaners en ’n skande vir Suid-Afrika.
Vriendelike groete,
Frans Cronjé, adjunk-uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.
(My beklemtoning)
Mnr. Frans Cronjé van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.
Die AVP is nie blind vir die positiewe dinge wat deur Afriforum bereik is in die hofsake wat in belang van enkele Afrikaners gewen is nie. DIt is egter korttermyn suksesse wat in erger mate die argwaan van die swartes teen witmense opwek en maatreels laat bedink om daardie skuiwergate toe te maak deur wetgewing en ander erger optrede, omdat hulle doel naamlik om die Afrikaner uit Suid Afrika te verdryf, dieselfde bly.
Hoe voorbeeldig Kriel se benadering nou ook al mag klink, in die Afrikaner se vryheidstryd het dit regtig min waarde. Jou weerstand teen die aanslag moet in die minste in verhouding daarmee wees. Verder moet jou waardeskatting van die vyand se morele samestelling, deur die feitlikhede van die geskiedstroming gelei word, waarvan Afrika oor eeue die aanskouingsles was en is.
Om jou visier en hoop te plaas, in die lig van die ontplooiing van die swart meerderheidsregering se benadering sedert 1994, op die welwillendheid van die buiteland wat hulle deurgaans ondersteun en befonds het, is soos om met ‘n donkerbril op, voel-voel in ’n digte mis na jou bestemming te probeer soek, op uiters gevaarlike hoë grond, wat wie ook al deur watter uitlatings of optrede aan jou besorg het!
Diegene in die buiteland wat toenemend onder druk kom van multikulturalisme, oftewel integrasie, het nie alleen simpatie met ons nie, maar ook toenemend respek vir ons beginsels en beleidstandpunte oor die handhawing van eiesoortigheid. Dit is juis die Afrikaner se politieke vêrsig wat nou vir hulle ‘n uitkoms aandui.
Om soos die FAK en Frans Cronjé se onlangse waansinnige liberale uitsprake, ten gevolge waarvan die Afrikanervolk hom in die mees benouende toestand in ons geskiedenis bevind, te maak, spreek van politieke bewusteloosheid en skaad juis die buitelandse vertroue in ons saak omdat ons met onsinnige uitsprake en optrede ons erfenis en nalatenskap van beskaafdheid, hoë sedelike en morele waardestelsels, moderne infrastruktuur, puik gesondheid-, vervoer-,krag- en waterstelsels weggesmyt het om Kallie se stelling te gebruik, en dit dan nog probeer goedpraat.
Dit is juis randfigure wat, deur hulle politieke insig hoër te ag as leiers soos Genl. Hertzog, dr. Malan, adv. Hans Strydom, dr. Verwoerd, dr. Hertzog en mnre Jaap en Willie Marais, en met hulle nuwe en “beter byderwetse” politieke kennis, ons land in die afgrond gestort het en met volharding in ontkenning van hulle dwaling, daar hou!
As jy met jou vyand moet saamwerk, het jy nie meer ‘n vyand nie en word weerstand opgeskort. Dit verhoed egter nie die vyand om voort te gaan om jou as ‘n volk met net groter gemak te ontmagtig nie. Daar is géén manier om in ‘n stelsel van een-mens-een-stem ons vryheid terug te kry nie. Die patroon wat gevolg word is presies dieselfde as dié in Mosambiek, Rhodesië, Angola en Suidwes-Afrika waar gelykstelling van die rasse,” nie-rassigheid” geword het en ietwat later swart meerderheidsregering. Die uiteinde is noodwendig die totale vernietiging van die blanke volke en in besonder die Afrikanervolk waarvan enkeles in die reënboognasie sal oorbly as Suid Afrikaners wat gereed is om assimileer te word.
Om nie aanstoot te gee nie, dit is nou die aller oplossing. Ons moet tog net nie rassiste wees nie. Om ‘n voorkeur vir die eie uit te oefen, maak jou in die oë van die liberale en die vyand, ‘n rassis! In die oordeel van mense soos Cronjé, ‘n skande vir Suid Afrika. Daar is dus weinig indien enige kans op eenheid of selfs samewerking tussen liberale en nasionalisties gesinde Afrikaners. Wat vir ons reg is is vir hulle verkeerd en andersom. So ‘n verstandhouding heers onwillekeurig ook tussen blank en swart
As die Afrikanervolk tevrede is om deur liberale humaniste op bedenklike wyse op sleeptou geneem te word, dan verdien ons wat vir ons voorlê. Veral as ons vertroue verskuif het na hulp of bystand uit die buiteland, in teenstelling met waar ons leiers uit ons voorgeslag se vertroue gesetel was.