APARTHEID BEVOORDEEL BLANKES OM IN DIE HEMEL TE KOM
As daar ooit ‘n bewys was dat ras ‘n verskil maak, dan setel dit in hierdie berig. Terselfdertyd demonstreer dit ook die uiterste gebrek aan insig en oordeel by elkeen wat “nie-rassigheid” bepleit en poog om dit te bevorder.
‘n Verklaring soos hierdie wat namens die ANC uitgereik word, het veel meer om die lyf as die begrip van “hemel toe gaan” wat Beauty Kumalo in hierdie berig demonstreer
NEWS 24 2011-11-03 14:12
In a new initiative to advance racial integration in South Africa , the ANC government has proposed a bill to Parliament which states that all Angus Buchan's Mighty Men conferences must be representative of the population of South Africa .
’n Bybelse riglyn vir die pad vorentoe.
1 JOHANNES 2:18-29
18 KINDERS, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
19 Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.
20 En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.
21 Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.
22 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.
’n WAARDIGE BELYDENIS VAN ’n WAARDIGE GENERAAL
Generaal Johan van der Merwe, voormalige polisiekommissaris, is dusvêr die enigste generaal uit die vorige NP-regering wat die moed en integriteit openbaar van ’n ware Afrikaner en bereid is om te staan en te val by die waarheid!
As daar ander sulke generaals is wat in die openbaar en in die media die rol van die kerk, kerkleiers en die werklike waarde van die beginsel van afsonderlike ontwikkeling in ware perspektief geplaas het, dan is die AVP nie daarvan bewus nie.
Dit plaas generaal van der Merwe, ten spyte van ander optrede tydens sy dienstydperk waarmee ons heftig met hom verskil het, in die eerste plek van ’n Afrikaner-generaal wat bereid is om vir die Afrikanervolk en ons edele bedoelings met die beleidsrigting van Afsonderlike ontwikkeling, in die bres te gaan staan! Die AVP salueer u daarvoor!
Wat maak hierdie prestasie so wonderlik volgens die pers? Die feit dat hy SWART is.
Indien hy nie swart was nie, sou dit geen noemenswaardige prestasie gewees het nie, want honderde mense het dit al gedoen en die jongste een was waarskynlik wit. Die klem lê op sy ras en dit is wat die prestasie uniek maak. Indien sy vel wit was, sou die opskrif waarskynlik lui; JONGSTE MAN BEREIK DIE SUID-POOL. Ras blindheid bestaan nie, veral waar ander rasse presteer.
Dit is onvermydelik dat daar hier en daar redes, geldige redes, sal wees waarom die een of ander skool sy deure moet toemaak. Dit bly egter ‘n teer saak omdat ‘n skool baie meer om die lyf het as net ’n plek waar ouers hulle kinders kan aflaai sodat hulle vry is om te gaan werk of in die algemeen net van hulle ontslae te wees vir ’n rukkie.
’n Skool ontwikkel baie gou sy eie karakter waarmee ouer en kind assosieer en waar die grondslag wat by die ouerhuis gelê is, gevestig en uitgebou word totdat die leerling goed toegerus is vir die volwasse lewe met al sy uitdagings.
Wanneer so ’n skool dan vir een of ander rede sydeure moet sluit, gaan dit gepaard met ’n gevoel van verlies wat selfs gemeet kan word aan die verlies by die afsterwe van ’n geliefde. So is daar onlangs in Amerika deur die Aartsbiskopsetel aangekondig dat hulle vanweë die bykans 30% afname in inskrywings van leerlinge oor die afgelope tien jaar, vier hoërskole en nie minder as 45 laerskole sal moet sluit. Dit raak nagenoeg 21,000 leerlinge wat daardeur ontwrig sal word.
Wat het verander sedert Ben Marais hierdie onderstaande verklaring in 2010 uitgereik het, en wat het die TLU met hulle enorme infrastruktuur sedertdien daaraan gedoen behalwe om persverklarings uit te reik? Die vraag kan tereg gevra word, wat het enige van ons ander Afrikanerorganisasies gedoen om ons veiligheid te verseker. Vir wie wil ons die land regruk deur die simptome van ‘n rasgemengde samelewing te probeer dokter terwyl die Afrikanervolk, die regmatige eienaars van Suid Afrika, een vir een uitgeroei word? Dit is tyd vir laertrek!
TLU PRESIDENT SPREEK KOMMER UIT OOR PLOFBARE VEILIGHEIDSITUASIE
TLU SA se Dagbestuur het met kommer kennis geneem van die groterwordende lys van onbevoegde optrede van staatsinstellings, wat nou ‘n wesenlike veiligheidsrisiko skep:
Dit is veral uit die liberale, humanistiese en charismatiese dampkring wat enige kritiek vanuit behoudende of te wel nasionalistiese kringe ge-uiter word, afgemaak word as rassisties, ongeregverdig, onbillik of bloot kwaadwillig. Nugterheid oor feitlike, sigbare en geregverdigde kritiek oor veral die politieke wanstaltigheid waarmee ons nou te doen het en wat daartoe aanleiding gegee het word doodeenvoudig in die doofpot gestop.
’n Nuwe Babel
Dit word egter vry algemeen aanvaar dat sake nie in Suid-Afrika verloop soos wat die binnelandse medewerkers van die argitekte van die “nuwe” Suid-Afrika in gedagte gehad het nie! Vir die argitekte self loop sake klopdisselboom en is Suid-Afrika saam met die res van die wêreld op pad na die beplande een wêreldregering.