Dit is onvermydelik dat daar hier en daar redes, geldige redes, sal wees waarom die een of ander skool sy deure moet toemaak. Dit bly egter ‘n teer saak omdat ‘n skool baie meer om die lyf het as net ’n plek waar ouers hulle kinders kan aflaai sodat hulle vry is om te gaan werk of in die algemeen net van hulle ontslae te wees vir ’n rukkie.
’n Skool ontwikkel baie gou sy eie karakter waarmee ouer en kind assosieer en waar die grondslag wat by die ouerhuis gelê is, gevestig en uitgebou word totdat die leerling goed toegerus is vir die volwasse lewe met al sy uitdagings.
Wanneer so ’n skool dan vir een of ander rede sydeure moet sluit, gaan dit gepaard met ’n gevoel van verlies wat selfs gemeet kan word aan die verlies by die afsterwe van ’n geliefde. So is daar onlangs in Amerika deur die Aartsbiskopsetel aangekondig dat hulle vanweë die bykans 30% afname in inskrywings van leerlinge oor die afgelope tien jaar, vier hoërskole en nie minder as 45 laerskole sal moet sluit. Dit raak nagenoeg 21,000 leerlinge wat daardeur ontwrig sal word.
Onderwysers wat in sommige gevalle langer as 30 jaar by so ’n skool gewerk het, sê dat dit voel asof die dood ingetree het. Van die jonger onderwysers verloor in dié proses ook hulle werk en inkomste in ’n tyd waar werk geweldig skaars is en werkloosheid in Amerika, die hoogste in jare is.
Hoewel dit tragies is, is die redes vir die sluiting van sommige skole as gevolg van ’n natuurlike verloop van omstandighede dus in ’n sin begryplik. Vergelyk dit egter met die siening van Cosas in Suid-Afrika, dan word die verskil in intellek, beskawingspeil, insig en Eerstewêreld teenoor Derdewêreld glashelder duidelik!
'Sluit Afrikaanse skole' 18, Maart, 2011,
Johannesburg – Die Congress of South African Students (Cosas) het Vrydag daarop aangedring dat alle skole wat Afrikaans as die primêre medium aanbied, moet sluit.
“Cosas veroordeel enige rassistiese neigings wat daarop uit is om die deure toe te maak vir swart studente deurdat dié skole Afrikaans as die hoof medium aanbied,” het Oagile Louw, provinsiale sekretaris in ‘n verklaring gesê.
Hy het bygevoeg dat dit meestal in die Wes Rand is wat Afrikaanse skole onder "rassistiese Afrikaanse bestuur" is en dat dié skole die "inheemse volk van Suid-Afrika en Afrika as geheel" uitsluit deurdat hulle onderrig in "onoorspronklike Afrikaans" aanbied.
“Ons dring dus daarop aan dat sulke skole sluit.”
Cosas het ook lede van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadtu) gewaarsku dat die ontwrigting van skole nie geduld sal word nie.
Sulke lede is, volgens Cosas, nie verbind tot kwaliteit onderwys nie.
Cosas sê ook dat leerders wat deur onderwysers geslaan word, moet terug slaan!

Vyftien duisend COSAS lede tydens Emma Sathekge se begrafnis in Atteridgeville, in 1984.
WIE IS COSAS?
COSAS het ontstaan as ’n nasionale organisasie om die belange van swart skool studente na aanleiding van die nasleep van die opstand in Soweto. Dit was in ’n tyd toe die “South-African Student Movement (SASM), en ander organisasies van die Black Conscious (BC) beweging, verbied was. COSAS het studente in middelbare skole, tegniese-, onderwys opleiding-en-korrespondensie instellings georganiseer en takke in die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Transvaal, Oranje Vrystaat en Natal gevestig. Kantore in die verskillende provinsies is met die steun van uitvoerende lede, spesifiek in die verskillende provinsies gevestig vir daardie doel. Aanvanklik was Cosas ’n uitsluitlik ’n Swart Bewussyn georiënteerde organisasie ( BC) maar word slegs een jaar na sy ontstaan, die eerste organisasie wat sy steun toesê aan die Freedom Charter. Sy eerste voorsitter, Ephrahim Mogale was dan ook ’n klandestiene lid van die ANC en is later skuldig bevind aan die bevordering van die oogmerke van die ANC.
Twee dae vir herdenking wat in hulle program opgeneem is was: “the 1979 hanging of MK guerilla Solomon Mahlangu and the centenary of the Zulu victory over British troops at Isandhlwana.” ’n Rigtinggewende beginsel vir Cosas was die “bevryding” van Suid-Afrika waartoe studente opgevorder sou word, veral om die onderwysstelsel in ’n nie-rassige “demokratiese” stelsel te omvorm. Dit kon volgens Cosas slegs bereik word, “based on the will of all the people. It recognized that Bantu Education was aimed at controlling and indoctrinating youth and that this could only be changed by transforming the country’s entire political system. Although it was primarily education focused.”
In 1982, COSAS adopted the theme ?student-worker action? and promoted the formation of youth congresses to serve the interests of young workers and unemployed youth. These facilitated cooperation between school students, young workers and the unemployed youth. This had the dual effect of drawing COSAS into issues which affected young workers and the unemployed youth, and drawing the congresses into school-related struggles. The organization provided essential support to striking workers and community struggles around issues such as transport increases, rent hikes and the like.
COSAS welcomed the formation of the UDF and played a key role in the formation of the regional UDF structures in all of the provinces. It saw the UDF as representing a common platform to fight for a free and democratic South Africa. In its early years, COSAS, focused on educational issues but with its alliance to the UDF, by the end of 1984, its students were making demands around educational as well as political issues. By the end of 1984, it had succeeded in drawing community support for the students? struggle when it successfully called on the community to participate in the Transvaal regional stay-away. Demands made by the organization included:
• The withdrawal of the SADF and police from the townships
• Cessation of rent and bus-fare increases
• Resignation of all community councilors
• Unconditional release of all political prisoners and detainees
• Reinstatement of dismissed workers
• Educational reform
• The termination of unfair tax discrimination
By 1985, school boycotts had rendered the schools unworkable and ungovernable and mirrored the collapse of the Black Local Authorities in the townships. Their slogan ?Liberation now, Education later!? saw chaos in schools across the country and resulted in the National Education Crisis Committee being formed in 1986. Eventually COSAS was banned in mid 1985.
Kan daar nog enige twyfel by enige Afrikaner wees dat die stelsels wat in plek is, polities daarop ingestel is om die fondasie waarop die Afrikaner se opgang en voortgang, tot by toonaangewers in die wêreld nie net bedreig word nie, maar op die punt staan om geheel en al uitgewis te word terwyl daar gepoog word om die swart ras se welwillendheid te verkry deur samewerking en toegewings, wat soos pêrels voor die swyne in die modder vertrap word? Mat.7:6