AANSLAG OP GELOFTEDAG BREDELL LAERSKOOL 2012
(DANIE VARKEVISSER)
Saam met ander Afrikaner instellings staan die herdenking van Geloftedag in die pad van die nuwe beeld van SA wat nou vertoon moet word. Dit is vir my dus ʼn voorreg om oorsigtelik saam met u op hierdie besonderse dag, in terug …en vooruitskouing, weer voorraad op te neem! 'n Noodsaaklike oefening met die oog op veral van ons jeug, by wie die waarde van die kennis en begrip van die Geskiedenis verdring is deur die hedendaagse musiek, kleredrag en pornografiese beeldsendings, rekenaarprogramme, selfone en helaas die leerinhoud in die skole! Op die kalender van Suid Afrika word die 16e Desember as ʼn vakansiedag en ʼn beskrywing van wat die inhoud van die dag moet wees, nl. Versoeningsdag, aangetoon.
JOMO KENYATTA VAN DIE MAU MAU, PATRICE LUMUMBA VAN DIE KONGO, MOISE TSHOMBE, MOBUTU , IDI AMIN, MUGABE OF JACOB ZUMA. WAT IS DIE VERSKIL?
Blanke politieke ontleders in Suid Afrika wat Afrika as voorbeeld van die Afrikastyl-politiek buite rekening laat, is gevonnis om saam met diegene wat deur hulle mislei word, rampspoedige oordeel aan die dag te lê en dienooreenkomstige rampspoedige besluite te neem wat reeds van Suid Afrika ʼn mislukte Afrikastaat gemaak het!
Die verwagting dat Zuma in Bloemfontein demokraties verslaan sou kon word, was van meet af aan wensdenkery en nie in lyn met Zuma se manipulering van elke moontlike stelsel om homself te verskans teen die howe, bekendmaking van negatiewe inligting en sy posisie as staatshoof nie. Sou die Xhosas nou weer aan bewind kon kom, is sy doppie geklink en is daar niemand meer as Zuma wat dit besef nie, omdat hy weet hoe swart mense dink en optree. Hy is immers een van hulle.
LEGITIMERING EN DELEGITIMERING(AFLEWERING EEN)
Daar heers twee standpunte in behoudende volksgeledere oor hoe die ANC-regering benader moet word en hierdie standpunte het onder meer hul neerslag gevind in verskynsels soos stemmers en nie-stemmers, en soekers na Afrikanerselfbeskikking langs grondwetlike en ongrondwetlike weg.
Die grondwetlike selfbeskikkingstrewers moet uit die aard van hul opsie hul werkmetode openlik praktiseer en verklaar. So byvoorbeeld het Vryheidsfrontleier Pieter Mulder op 30 Oktober 2002 in reaksie op ‘n reeks bomontploffings in Soweto verklaar “ons het besluit op die grondwetlike pad”.
Die ongrondwetlike bewandelaars van die pad is weens die ANC se staatsveiligheidsprogramme meer beskroomd oor hul ongrondwetlike weg. ‘n Goeie jaghond, so lui die spreekwoord, loop immers sag! Die grondwetlike opsie verhinder egter nie dat partye soos die Vryheidsfront en die Konserwatiewe Party hul ook kan (ek voer beslis nie aan hulle hét nie), inlaat by ongrondwetlike bedrywighede nie.
Geween oor wiskunde
2012-12-09 00:08 CARIEN KRUGER IN PRETORIA
Te min huiswerk, onbekwame onderwysers en onbetrokke ouers is volgens kenners van die moontlike redes vir gr. 9-leerlinge se swak wiskundevermoëns. Hul landwye gemiddelde in die jaarlikse nasionale assesseringstoetse (ANA’s) was 13%. ANA’s behels sowel wiskunde- as taaltoetse en is vanjaar benewens deur gr. 1- tot 6-leerlinge die eerste keer ook deur gr. 9’s geskryf.
Skaars 1% van gr. 9’s het bo 60% in wiskunde behaal, terwyl sowat 92% tussen 0% en 29% gekry het.
Hoewel daar geldige kritiek deur ontleders uitgespreek word oor die gebrek aan vaardigheid van onderwysers, ouer onbetrokkenheid en traak-my-nieagtigheid van die kinders, is die bo-genoemde resultate simptomaties van die stelsel wat nou in die hande van “Afrika” oorhandig is. Dit was immers F.W. de Klerk wat met sy oorgawe beleid gewaarsku het dat daar ingrypende veranderings in die onderwys gaan kom! Sy dwase politieke kapitulasie voor internasionale aandrang (gelees afdreiging weens “die moontlikheid van ‘n bloedbad”), het sy beloftes van eie skole en eie woongebiede n bespotting gemaak waarvoor die oë nou gesluit word!!
Dit is interessant dat daar nou oral bespiegelings uitslaan oor moontlike afskeiding van veral die Kaapprovinsie onder Zille. Ons plaas van die uitlatings sodat u op hoogte kan bly van hoe die politieke manipuleerders se koppe werk om beheer te probeer behou. Moontlikhede en die gevolge daarvan wat aanvanklik as vergesog beskou is. Net om egter weer die bespiegelaars wat nou spoke van afskeiding waarneem, se Rip van Winkelsindroom in perspektief te plaas, vestig die AVP hulle aandag op ‘n artikel wat ons reeds in 2009 daaroor op die tafel geplaas het.
20 APRIL 2009, AVP-WEBBLAD. DIE OPSKRIF: GAAN WES-KAAP 'N MOSLEMSTAAT WORD?
Die groot vraag is of die Kemptonpark-grondwet van die land nog vyf jaar en tot ‘n volgende verkiesing gaan hou. Trouens, die vraag is of die grondwet tot die volgende munisipale verkiesing gaan hou.
Dit is juis op derde regeringsvlak dat die grondwet se grootste tekortkominge, soos om die derde wêreldse regeerders en hul amptenary van korrupsie te weerhou, waar die grootste druk op die skyn van ordelike regering verwag moet word. Dit is ook juis op derde regeringsvlak dat die bydrae van die Afrikaner en Witman van die land om Christelik-Westerse waardes en standaarde te handhaaf, reeds totaal in ‘n woeste oseaan van Afrika-onbekwaamheid verswelg word.
HALLELUJA 477: TER HERDENKING VAN 16 DESEMBER 1838
1. Loof die Heer van alle here,
Feesgenote, roem sy mag!
Nie onsself nie, Hom die ere
Vir verlossing hierdie dag!
Prys die Heer, verheug alom,
Loof sy trou, verheerlik Hom!
2. Woeste hordes van barbare,
Kom vol woede en geweld:
Kinders van die martelare
Lê gemartel op die veld,
Maar die Heer beslis hul saak,
Wreek die bloed, wat roep om wraak.
3. Prys Hom wat die smeekgebede
Van sy kinders steeds wou hoor:
Hy versterk die wank’le skrede,
Het die dwingeland verstoor.
Salig hy wat op Hom wag;
Wee die mens wat Hom verag!
4. Wat ons vaders U beloof het,
Wil ons, hulle kroos, betaal.
Deur hul kinderlik’ geloof het
U gered, so menigmaal.
Daarom word U lof en prys
Deur die nageslag bewys.
5. Is ons deur die bang verlede,
Heer, deur U ook swaar kasty,
Tans verrys ons dankgebede,
Word ons loflied U gewy,
Sien op ons in liefde neer,
Skenk ons rus en vrede, Heer!
.....Moet nie met klippe gooi nie, lui die spreekwoord. Die Rapportkoerant van Sondag 9 Desember 2012, waarin die onderstaande berig verskyn het, was en is nog steeds een van die voorbok mediainstellings wat die bekwame Afrikanerbeheerde regering help vervang het met die swart Kommunistiesbeheerde meerderheidsregime. ‘n Regime wat bekwaam is in korrupsie, vermorsing en onverantwoordelike optrede in die algemeen. Hulle is egter op koers volgens die Freedom Charter se riglyn van vinnige en onomkeerbare herverdeling van rykdom!