1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957896

Besoekers aanlyn

Ons het 114 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

ZUMA EN AFRIKASTYL POLITIEK

altJOMO KENYATTA VAN DIE MAU MAU, PATRICE LUMUMBA VAN DIE KONGO, MOISE TSHOMBE, MOBUTU , IDI AMIN, MUGABE OF JACOB ZUMA. WAT IS DIE VERSKIL?

Blanke politieke ontleders in Suid Afrika wat Afrika as voorbeeld van die Afrikastyl-politiek buite rekening laat, is gevonnis om saam met diegene wat deur hulle mislei word, rampspoedige oordeel aan die dag te lê en dienooreenkomstige rampspoedige besluite te neem wat reeds van Suid Afrika ʼn mislukte Afrikastaat gemaak het!  

Die verwagting dat Zuma in Bloemfontein demokraties verslaan sou kon word, was van meet af aan wensdenkery en nie in lyn met Zuma se manipulering van elke moontlike stelsel om homself te verskans teen die howe, bekendmaking van negatiewe inligting en sy posisie as staatshoof nie. Sou die Xhosas nou weer aan bewind kon kom, is sy doppie geklink en is daar niemand meer as Zuma wat dit besef nie, omdat hy weet hoe swart mense dink en optree. Hy is immers een van hulle.

 Wat seker is, is dat die geweldsklimaat van nou af vorentoe, aansienlik sal verhit in die klandestine pogings om van hom ontslae te raak soos wat dit by elk van die bo-vermelde leiers die geval was.

 

Enkele uittreksels uit Jan Jan van Beeld se siening:

Motlanthe oorleef dalk nie (Beeld)

Deur: Jan-Jan Joubert en Adriaan Basson 2012-12-17 21:17

Bloemfontein. – Adj.pres. Kgalema Motlanthe se politieke toekoms is in die weegskaal as hy vandag die wedloop om die leierskap teen pres. Jacob Zuma verloor, soos algemeen verwag word.

 

Motlanthe – die heer van die hedendaagse plaaslike politiek

 

Dit was gister uit die gehoor se reaksie op die benoemings vir die ses topposte in die ANC-hiërargie duidelik dat Zuma en sy ondersteuners met groot meerderhede in al ses topposte verkies sou word.

As Zuma inderdaad vir Mo­tlanthe klop, beteken dit hy het in die kabinet ’n adjunkpresident wat twyfel oor die staatshoof se leiersvaardighede.

 

Te midde van bespiegeling dat Zuma sy kabinet kan skommel om kritici soos ministers Tokyo Sexwale (huisvesting) en Fikile Mbalula (sport) uit te laat, word baie vrae oor Motlanthe se toekoms gevra.

Ook oor Ramaphosa is daar vrae. Om hom los te maak van sy omvattende sakebelange kan tyd neem, maar as Motlanthe vervang sou moes word, kan dit toekomstige probleme skep as die plaasvervanger enigeen behalwe Ramaphosa is.

Indien die uitslag soos verwag is, sal Zuma, Gwede Mantashe en Baleka Mbete hul poste in die top-ses behou.

 

Dit was mos dr. Willem de Klerk, FW se broer wat in sy “kroes” politieke denke op skrif homself uitgelaat het oor Afrikaners wat die land verlaat het. Op bladsy 11 van sy boekie Kroes Kras Kordaat, skryf hy: “Die voortvlugtendes, verstrooi in ander lande en soekende na ʼn ander geborgenheid in die vreemde, is deel van die groot stroom nuwe groot trekkers. Daar word baie gerasionaliseer deur hierdie emigrasie Afrikaners. Dit gaan oor ʼn toekoms vir hulle kinders, want alle beroepsdeure sal gesluit wees vir hulle. Die land gaan verval in chaos van geweld, etniese diskriminasie, agteruitgang van standaarde en uiteindelik ontwikkel nog ʼn mislukte Afrikastaat.

 

Om hulleself te regverdig, konsentreer hulle op alles wat negatief afsmeer op die land en blaas dit dan ten barstens toe op. Waar die ontleedmes diep sny, word die sweer blootgelê as ʼn verwerping, ʼn ontkenning dat ʼn swart bewind in staat is om Suid Afrika te bestuur. Ras, Afro-pessimisme en angs laat hulle oppak. Lafhartige touopgooiers.” (Aldus dr. De Klerk)

 

ʼn Beter voorbeeld van “kroeserige” politieke insig waaruit die de Klerks en genote funksioneer het en dit boonop kordaat op hulle landgenote afgelaai het, is nouliks denkbaar! Selfs die sigbare en fisiese belewing van dit wat die “emigrasie Afrikaners” korrek vooruit voorsien en probeer vermy het, kon nie nugterheid by die de Klerks en genote wakker maak nie. Soos al vantevore gesê is, dié van hulle wat nog lewe sal eers moet uitsterf. Hulle nageslag mag dalk regkom!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie