1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957872

Besoekers aanlyn

Ons het 89 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

AVP GELOFTEREDE 16 DESEMBER 2012

altAANSLAG OP GELOFTEDAG BREDELL LAERSKOOL 2012

(DANIE VARKEVISSER)

Saam met ander Afrikaner instellings staan die herdenking van Geloftedag in die pad van die nuwe beeld van SA wat nou vertoon moet word. Dit is vir my dus ʼn voorreg om oorsigtelik saam met u op hierdie besonderse dag, in terug …en vooruitskouing, weer voorraad op te neem! 'n Noodsaaklike oefening met die oog op veral van ons jeug, by wie die waarde van die kennis en begrip van die Geskiedenis verdring is deur die hedendaagse musiek, kleredrag en pornografiese beeldsendings, rekenaarprogramme, selfone en helaas die leerinhoud in die skole!  Op die kalender van Suid Afrika word die 16e Desember as ʼn vakansiedag en ʼn beskrywing van wat die inhoud van die dag moet wees, nl. Versoeningsdag, aangetoon.

In die Republiek van Transvaal het die Volksraad van 1865, ʼn jaar nadat die destydse NG kerk formeel besluit het om dit as ʼn dankdag te vier,   besluit om dit ʼn openbare vakansiedag te verklaar met die strekking dat dit as ʼn dankdag tot eer van God en gedagtenis aan die wonderbaarlike verlossing by Bloedrivier, gevier moes word. Die oorsprong se bedoeling van geloftedag, dus met ʼn heel ander inhoud en karakter as die huidige versoeningsdag.

Geloftedag doring in die vlees.

Met die verraad van die blanke regerings na dr. Verwoerd, wat die Afrikanervolk se Republiek bloedloos en eerloos in die hande van ʼn swart kommunistiese meerderheidsregime se skoot geplaas het, het 16 Desember nou ʼn doring in die vlees geword en moet dit van die kalender verwyder word. As tussentydse maatreël moet die karakter en betekenis daarvan solank aangepas word en word die datum behou maar die inhoud verander na horisontale versoening, soos wat die huidige kalender aandui. Daar is natuurlik heelwat van ons vrydenkende Afrikaners by wie die vraag leef of dit dan nou so erg is dat ons hoegenaamd daaroor besorg moet wees!

IDENTITEIT

Dit het op sy beurt weer onder sommige Afrikaners ʼn identiteitskrisis laat ontstaan. Soveel so dat daar geskiedskrywers is wat nou boeke daaroor skryf. In die bylaag Weekliks, onder redaksie van Pieter Malan, is die opskrif op die voorblad, “RIGTINGBEDONNERD”. Dit is die titel van ʼn boek geskryf deur ʼn Nederlandse joernalis, Fred de Vries, wat volgens die berig reeds tien jaar in Suid Afrika woon en ʼn intense belangstelling in die Afrikaners het. Blykbaar is hy die mening toegedaan dat die Afrikanervolk nou na ’94 verward is oor welke rigting die regte is vir die Afrikaner om te volg. Ander is weer die mening toegedaan dat hulle nie deur Andries Pretorius en Sarel Celliers se gelofte gebind kan word nie aangesien niemand namens hulle besluite wat bindend op die gewete is kan neem nie!

Om onder die indruk van rigtingloosheid te kom deur bv. Pieter Mulder, Dan Roodt, Steve Hofmeyr en Flip Buys se politieke sienings te beoordeel, is werklik nie vreemd nie. Die gemene deler by hulle is dat hulle al vier swart gespreksgenote sien as ʼn wyse tot onderhandeling in belang van die Afrikaner, en derhalwe daarmee ʼn streep trek deur die Christelik-nasionale lewens-en-wereldbeskouing van die Afrikaner. Sonder daardie anker verg dit nie meer politieke insig as dié van Zuma of Malema om polities jou rigting te verloor nie. Om die waarheid te sê, sonder daardie anker in Suid Afrika, is daar nie ʼn enkele lewensterrein waar jy kan seker wees of die rigting wat jy ingeslaan het, jou by die verwagte bestemming sal uitbring nie.

De Vries se vertolking van hierdie vier karakters is in volgorde opportunis, ekstremis, populis en pragmatis. Die eerste letter van elk spel OEPPS! Dit is wat hy gekry het toe hy hulle as verteenwoordigend van die Afrikaner beskou en hulle uiteenlopende ankerlose politieke sienings gebruik het om die Afrikaner te beoordeel. Dat Afrikaners polities verdwaal het sal ek de Vries gelyk gee.

Afrikaner Identiteit veronderstel egter ʼn volksmens met ʼn eie besondere afkoms, ʼn eie vaderland, ʼn eie moedertaal, ʼn eie kultuur, ʼn eie geskiedenis wat hom onderskei van ander volksmense in Suid Afrika en ook in die res van die wêreld. Wanneer hierdie onderskeidende kenmerke nie meer deel van jou samestelling is nie, leef jy in ontkenning van dit waarvoor jy onwrikbaar behoort te staan en kan die Afrikanervolk sonder jou klaarkom!

POGINGS TOT VERANDERING

Die Bybel sê: DEUTERONÓMIUM 23:21 As jy aan die HERE jou God ’n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.

IS DIE GELOFTE BINDEND OP DIE NAGESLAG?

Ek neem as afdoende antwoord op hierdie vraag die standpunt van Pres. M.T. Steyn in ʼn debat waarin diè vraag aan hom gestel is. Ons hoef nie eers verder daaroor te praat nie, het hy gesê, “want wanneer wij de Gelofte niet meer voor bindend houden, dan kunnen wij niet denken om God in duistere dagen aan onze zijde te hebben” En die opkomende geslag, voorsitter, Het ek en u nie ook ʼn verpligting, om nie alleen ʼn opkomende geslag te voorsien nie maar ook ʼn lewensruimte te verseker waarin hulle instaat sal wees om ongehinderd hierdie dag te gedenk deur die eer en die roem van oorwinning aan God te gee, sodat Sy Naam verheerlik kan word?   Of voorsien ons nie duistere dae wat vir ons voorlê en waarin ons sonder God se ingryping en bystand nie sal oorleef nie?

SO WAT MOET ONS VIER?

Kom ons kyk wat is versoening en weeg dit op teen die gelofte

Volgens die HAT is versoening om teenstellinge tot niet te maak; die strydige ophef en jou te verenig met iets. of daar vrede mee hê. As die versoening horisontaal bedoel word, naamlik tussen mense en omdat versoeningsdag deur die regime ingestel is, meer spesifiek tussen blank en swart, kan ek u ’n week lank besig hou met teenstrydighede en teenstellings waarmee geen gelowige vrede kan hê of hom mee kan verenig nie. Wat vanoggend se rede dan aan betref, sal ek dus verkies om met u oor die gelofte te praat en nie oor versoening nie!

Gelofte:= ’n plegtige vrywillige belofte aan God.

Vir die afgelope 18 jaar word daar tot die uiterste toe gepoog om die karakter en betekenis van 16 Desember te verander.   Die keuse van naamsverandering dui alreeds op die slinksheid waarmee hier te werk gegaan word.   Gee dit net ʼn geestelike skyn! Die jarelange voorbereiding deur veral die kerke wat die skeidingsbeginsel as sonde verklaar het en ʼn algemene klimaat van skuld daaroor by die Afrikaner geskep het, was die voorloper vir die keuse van ʼn versoeningsdag wat by al die “skuldiges” byval gevind het! Daarmee saam die postmoderne akademici wat hulle rug op die Afrikaner en sy Christelik-Nasionale waardes gedraai het en saamsing in die liberales se koor van nie-rassigheid, wat iets is wat nie bestaan nie. Ons moet nou glo, Voorsitter, dat dit wat ons sien en dit wat ons hoor en selfs kan ruik, bestaan nie!

Gelukkig het die kern van die Afrikanervolk hom nog nooit laat lei deur die vroompraters van die kerk en die slimpraatjies van die akademici nie, anders was daar lankal nie meer ʼn Afrikanervolk nie.

Hierdie soort horisontale versoening is net so ver verwyder van die vertikale versoening waarvoor die kerke hulle moes beywer, en wat ten grondslag lê in die aflegging van die Gelofte, as wat dit poog om 16 Desember van sy werklike betekenis vir die Afrikanervolk te verwyder.

OORSPRONG VAN 16 DESEMBER

Dit is juis die geskiedkundige oorsprong van 16 Desember wat die doring in die Afrikanervyandige se vlees is.   Die feit dat God ons wonderbaarlik tot hulp gekom en verlos het van ʼn Moordende en Barbaarse Swart aanslag wat van meet af aan die doel gehad het om ons uit te wis, plaas juis die aksent op wat nou wéér besig is om met die Afrikanervolk te gebeur!   In terme van Moorddadige Swart Barbaarsheid, het niks verander sedert 1836 nie. Maar vreemd aan die Afrikanervolk is diè soort benadering egter nie. Vergete miskien wel!

Die aanloop tot die gelofte

1811: Genl. J.C. Smuts skryf in sy boek "Een Eeu van Onrecht", toe hy ook nog 'n vervolgde Afrikaner was: "De worstelstrijd van bijna een eeuw, die begon toen aan de Hollandse bevolking van de Kaap een vreemde overheerser werd opgedrongen, spoedt ten einde. De ure is aangebroken wanneer beslist sal worden of Zuid-Afrika door het handhaven van haar vrijheid, een nieuw tydperk van haar geskiedenis sal ingaan, dan of ons volk zal ophouden te bestaan, uitgedelgd worden en overheerst zal worden deur gewetenloze goudkoningen, handelende in naam van een onrechtvaardig en gehaat gouvernement 7,000 mijl van hier." (Hy verwys na die Britte)

Na die formele oorgawe van die Kaap in 1814 aan die Engelse vaardig Sir John Cradock 'n proklamasie uit waarin bepaal word dat sleg persone wat Engels magtig is, vir betrekking in die staatsdiens oorweeg sal word

1816: Frederik Bezuidenhout word gedagvaar om voor die hof te verskyn omdat hy een van sy werkers 'n pak slae gegee het. Met sy weiering stuur die landdros 'n Hottentotmag om hom te arresteer. Hy word uiteindelik in 'n spelonk deur die Hottentotte doodgeskiet. Sy broer wat daarteen in opstand kom met ondersteuning van +-39 vriende, word ook doodgeskiet en sy vrou gewond terwyl vyf van sy vriende in die openbaar gehang is terwyl van die ander betrokkenes gedwing was om as straf, die openbare moord te aanskou. Diè voorval staan opgeteken as Slagtersnek!

1828: Alle Boesmans, Hottentotte en loslopende kleurlinge word deur die 50ste ordonnansie , politiek gelijk aan die witmense gestel.

1833: Slawe word vrygestel met kennis dat slegs die helfte van wat die slawe werd was deur die Engelse regering uitbetaal sou word met gevolglike groot finansiële verlies vir slawe-eienaars. Toe die boere uiteindelik kennis kry dat die geld uitbetaal gaan word, moes hulle tot hulle ontsteltenis verneem dat die geld nie in die Kaap maar in Engeland uitbetaal sou word. Engeland het dus bly sit met die boere se geld.

1833: Louis Trichard en Jan van Rensburg trek onder die Engelse juk uit

1836: Die Groot Trek begin. Nie sommer uit snaaksegeit of avontuurlus nie ,Voorsitter, dit was die onreg van n eeu wat hulle moes verduur wat daartoe aanleiding gegee het.

Piet Retief sluit sy manifes met die redes wat hy daarin opgeteken het vir hulle trek, as volg af: Ons vertrek nou uit ons vrugbare geboorteland, waar ons enorme skade gely het, en voortdurend blootgestaan het aan ergernis, om ons te gaan vestig in 'n woeste en gevaarlijke gebied; maar ons gaan met 'n vaste vetrouwe op 'n alsiende, regvaardige en genadige God, die ons altoos sal vrees en in alle nederigheid sal probeer gehoorsaam.

Na die verskillende groepe grensboere die Kolonie begin verlaat het, hoofsaaklik agv. Die Engelse bevelhebbers se houding het die bloedige en barbaarse moorde op die trekkers ʼn geweldige ingreep op hulle pioniersgees gemaak. As hulle wou oorleef sou hulle mekaar moes bystaan! Silkaats en sy Matabeli Impis vermoor op 24 Augustus 1836, vyf lede van Stephanus Erasmus se jaggeselskap waartydens hy ter nouernood aan die dood ontkom en jaag om die Liebenbergs te gaan waarsku. Hulle wou nie na sy waarskuwing luister nie en word gevolglik uitgemoor. Daarna volg die Vaalrivierslag op 25 Augustus 1836 , Vegkop op 16 Oktober 1836, die Mosegaslag op17 Januarie1837, die Kapainslag, die moord op Piet Retief deur die Zoeloes op 6 Februarie 1838 en die slag van Italeni waar Piet Uys en sy seun Dirkie hulle lewens in ‘n hinderlaag verloor het. In hierdie tyd is nie alleen die onbeskryflikste wreedhede op die trekkers voltrek nie maar ook van hulle kinders, oa. Dogters, is deur die swartes ontvoer!

Voorsitter, hierdie en ander gebeure het die trekkers voortdurend onder die besef van hulle afhanklikheid van God gehou en die ingebore nasionale strewe steeds versterk. Die moord op Retief is egter van wesentlike belang!

Nadat Retief en sy manne teruggekom het van hulle sending om die beeste wat Sekonyela van Dingaan geroof het terug te besorg, het hy ʼn vergadering belê om die sending na Dingaan te bespreek. Volgens afspraak moes Dingaan met hulle ʼn kontrak sluit waarvolgens grond aan die trekkers afgestaan sou word.

ONDERHANDELING SE GEVOLG

Op die vergadering, waar Gert Maritz nie teenwoordig was nie is besluit om met 200 man na Dingaan se kraal te gaan. Maritz het egter teësin gehad in so ‘n groot afvaardiging omdat hy nie vir Dingaan vertrou het nie terwyl Piet Retief gemeen het dat daar geen rede was om Dingaan se goeie trou in twyfel te trek nie!

Let op die verskil in benadering! Retief, volgens karakter, opreg mensliewend en wou nie Dingaan se goeie trou in twyfel trek nie…en daarom gaan hy voort met sy onderhandelingsbenadering. Maritz weer was behoedsaam, berekend en wou met die allergrootste versigtigheid optree omdat hy uit ervaring met die swartes, nie vir Dingaan vertrou het nie. Hy het dan ook openlik in die laer geywer om te verhoed dat Retief mense met hom moes saamneem wat uiteraard tot botsing tussen hom en Retief gelei het! Hy het homself en uiters nog twee man aangebied om 'n moontlike lewensverlies so klein as moontlik te hou, wat Retief van die hand gewys het.

BULALANI ABATAGATI! 6 FEBRUARIE 1838 MAAK DOOD DIE TOWENAARS!

Toe Retief op 15 Februarie nie opdaag nie het Maritz, wakker van gees en insigryk dadelik onraad vermoed, op sy perd geklim en onder die verspreide trekkers rondgejaag om hulle te waarsku dat hy verraad vermoed en onheil hulle bedreig! Trek laer waarsku hy! Retief is al oor sy tyd en as die Voorsienigheid dit toelaat roei Dingaan al die christene in een nag uit! Waar sy waarskuwing nie indruk maak nie smeek hy en aanhoudend probeer hy hulle oortuig van die erns van die toestand!

In Preller se boek Piet Retief, is die volgende opgeteken: "Net waar hulle kom langs die spruit af, sien hul die rokende moordhope van hul vrinde wat die vorige aand nog daar gestaan het. Manne, vrouwe en kleine kindertjies is daar om die lewe gebreng die môre met barbaarsheid waarvan 'n kuns gemaak was. Die gras was aanmekaargekoek met die nobele bloed wat daar gestroom het. Die waens verpletterd en verbrand, die aarde wit met die vere van opegeskeurde beddegoed,- 'n toneel van dood en verwoesting wat bereken was om die sterkste manneharte te laat bloei. Suigelinge is daar in die arms van moeders en aan die bors met tientalle asgaai-steke deurboor, sodat die liggame aanmekaar vast sit; van kindertjies ist die hoofde teen die wawiele te pletter geslaan; van vrouwe die borste afgesnij, die liggame afgrijselik vermink en die lijke van hul vermoorde suigelinge aan die bloederige borste geleg.Uit sommige waens tap die bloed nog af, en daarbinne lê swangere vrouwe ontsiel, en ongebore kindertjies als door 'n ongedierte uitmekaargeskeur.

Dit was hier dat die vrome Cilliers met ontblote hoof uit sij gebroke hart die versugting slaak: "O God, sal die bloed van die suigelinge dan nie gewreek word nie!"

Skiet die BOER, sing Malema en die “President” Jacob Zuma.   Voorsitter, vriende, sedert 1994 reeds meer as 4000 blanke boere vermoor terwyl daar volgens Interpol se statistiek meer as 600-duisend moorde in dieselfde tydperk in Suid Afrika gepleeg is! Was daar dan geen band met die geskiedenis, my vriende? Was daar dan geen waarskuwing soos Potgieter vir Pieter Uys by Italeni en Maritz vir Piet Retief om te kon voorkom dat die Afrikaner IN HIERDIE BENOUENDE TOESTAND BELAND HET NIE ? Sy vryheid in sy eie vaderland sonder slag of stoot aan ʼn nasie sonder verstand ( soos in Deuteronomium 28 staan, moes afgee ! Sodat hy hoër en hoër oor ons kon opklim en ons laer en laer afsak en hy die kop word en ons die stert? Was ons ore dan toe, ons verstand verseël?

Die strafekspedisie van Andries Pretorius en Sarel Celliers met uiteindelik 530 man   teen die 10000 Swart en Witskilde van Dingaan, was die onvermydelike noodsaak vir hulle voortbestaan! Die aanknoop van Stryd al het dit hoe onmoontlik geblyk! ʼn Verloop in die geskiedenis wat ons voorgeslag se optrede dikteer het en uiteindelik in 1961 in die ideaal van ʼn soewerein onafhanklike Republiek tot uiting gekom het. Die wenslikste staatsvorm vir almal hier te lande! Die Groot Trek waartydens die SLAG VAN BLOEDRIVIER plaasgevind het onder die seënende hand van God, in Sy reaksie op die Gelofte, het die Afrikanervolk die sentrum van ontwikkeling in Suid Afrika gemaak waaruit en waaromheen die hele geskiedenis gevolg het. ʼn Gebeurtenis met ʼn ryk inhoud en betekenis wat Geloftedag tegelyk ʼn aanspraak op die geskiedkundige herdenking en toekomstige beplanning van die Afrikanervolk maak wat sentraal staan in ons lewens-en-wereldbeskouing. Dit is ʼn gebeurtenis wat ʼn politieke oorsprong het wat in die Godsdiens van die Afrikaner verseël is deur die Gelofte en vandag weer deur die politiek bedreig word.

DIE REDES VIR ONGE-ERGDHEID TEEN DIE TYDIGE WAARSKUWINGS

Soos in die tyd van die Voortrekkers, het onder andere die gebrek aan insig en visie, asook die onvermoë van sommige leiers om die gevolge van hulle optrede vooruit te sien, ook in ons dag verreikende gevolg!

Voorsitter, moet ons nou aanhou om mekaar se Afrikanerskap en goedertrou te bevraagteken bloot omdat ons deur middel van verskillende organisasies, uiteenlopende staatkundige oplossings vir ons Volk gesoek het ? Lojaliteit aan leiers en organisasies is nie 'n diskwalifikasie van ons Afrikanerskap nie, hoewel ons daardeur miskien onverskillig gestaan het teen die dringende waarskuwings om te waak teen misleidende verraad, en sodoende die beginsel van Christelike Nasionalisme ongemerk versaak het. Diè beproefde en bewese weg wat deur die geskiedenis van ons Volk gelouter en geslyp is en wat die veilige laer was waarin die Afrikaner…. ook die Engelstalige in 1961 teen die hele Engelstalige wêreld daarbuite verenig het!

Die aanslag van die liberalisme, wat die teenhang van Nasionalisme is, is egter op sluwe wyse in groot mate deur ons eie mense gedryf om dit vir ons aanvaarbaar te maak! Daardeur was die vyand nie meer duidelik onderskeibaar en die waarskuwing van die totale aanslag nie meer so dreigend nie en kon ons bloedloos en veral eerloos oorrompel word! Helaas, nie net op politieke terrein nie maar op feitlik alle terreine van ons Volkslewe! Gedenk maar die onvermoeide ywer om ons te beweeg tot deelname aan verkiesings waarvan die uitslag sigbaar bepaalbaar was! Soveel misleiding, soveel verraad met ʼn beplande toestand van soveel onderlinge wantroue!

Die gevaar is nou dat ons mense die toestand begin aanvaar sonder om te begryp dat ons Volk geoffer gaan word in die strewe van die magte wat met fyn berekendheid tot dusver so skitterend geslaag het. Sonder verset of weerstand, word die karakter en inhoud van elke instansie van waarde vir die Afrikanervolk verander sodat die Afrikaner nie meer die sentrum waarom alles ontwikkel en tot stand gekom het moet wees nie, maar die nuutgeskape reënboognasie. Vandaar die aanslag op Geloftedag, Krugerdag, dorp en straatname, die name van hospitale, damme, lughawens, ens. Om sodoende ons die beheer van ons Godgegewe erfenis, eerloos te ontneem en daarmee saam die identiteit van die Afrikanervolk.

Ons Volksgenote se onvermoë om Nasionalisme en Liberalisme in hulle fynere skakerings te onderskei, veral wanneer dit deur sg. "leiers" doelbewus versluier word, was en is waarskynlik nog steeds ons vyande se grootste bondgenoot !

Die noodsaaklikheid van die korrekte beoordeling van gebeure vanuit die geskiedenis, asook hedendaagse, en die meet van elke organisasie wat hom as verteenwoordiger van die Afrikaner voordoen, aan die definisie van Christelike Nasionalisme kan waarskynlik nie beter beklemtoon word as deur die verhaal van Job nie…….Want dit bepaal of ons reg of verkeerd handel!

Om mislei te word is nie vrywaring van my persoonlike verantwoordelikheid nie! Ek is nie as enkeling gebore nie! Ek en u my Volksgenoot is onwillekeurig gebore as lid van ʼn volk. Dit was nie ʼn kwessie van keuse nie. My gedrag, optrede en keuses het dus altyd ‘n invloed op my volksgenote, goed of sleg.

As lid van ʼn gesin en familie is ons deur bloedverwantskap, ras, tradisie, sentiment, gebruike, taal, godsdiens, geskiedenis, onvoorwaardelik ingebind in die geskiedenis … die verlede waaruit ons kom!.. en toekomsverwagting wat ons met al die lede van ons volk deel en daarom nooit ontdaan van ons verantwoordelikheid teenoor hulle of ons nageslag is nie. Dit my vriende vorm ook die grondslag vir ons gebondenheid aan die gelofte wat ons vandag in herinnering roep en die bewaking van sy oorspronklike bedoeling!

WAARMEE MOET DIE AFRIKANER VERSOEN?

Is dit die verraad waarmee ons ons moet versoen?

Is dit die volgehoue pogings van verloopte Afrikaners wat ons volk by onderhandelinge met die Regime en sy stelsels wil betrek waarmee die Afrikanervolk hom moet versoen?

Is dit die verdraaide teologiese begrippe wat nou van kansels af verkondig word waarmee ons ons moet versoen?

Is dit die wanstaltige brugbouery in die skole, op die sportvelde en deur die vermaaklikheidswêreld waarmee ons ons moet versoen?

Is dit die meer as seshonderdduisend moorde sedert 1994 waarmee ons ons moet versoen?

Is dit die verkragting van ons vrouens en dogters deur swart barbare waarmee ons ons moet versoen?

Is dit die miljarde rande se korrupsie in staatsdepartemente, die gebrek aan verantwoordelikheid, die lui en traak-my-nie-agtigheid van swart amptenare waarmee ons ons moet versoen?

Ek is seker u kan bydra om hierdie lys bladsye lank te maak!   Die feit is ons is op ʼn pad van totale selfvernietiging waar ons nog boonop ons eie ondergang finansier!   Moet ons ons daarmee versoen?

SAL ONS ONS EENDAG HIERVOOR KAN VERANTWOORD? Meer nog en veral as ons deur ons ongeërgdheid ook toelaat dat Geloftedag se inhoud met vermaak en ʼn vakansiegees vervang word totdat dit in vergetelheid raak en vir ons toekomende geslagte verlore is!

DIE GELOFTE

Laat ons wat ons geloof behou het liewer by die gelofte en sy oorspronklike inhoud bly! As ons wil versoen, laat ons ons weer met God versoen!

Dit is Hy wat ons verlos het. Hy het ons by Bloedrivier, Magersfontein, Amajuba en menige ander plekke verlos.   Maar Hy het ons ook van ons sonde verlos en deur Sy Seun met God ons hemelse Vader versoen. Laat ons 16 Desember dus soos ons voorgeslagte belowe het, as ʼn dankdag tot eer van God en ter gedagtenis aan die wonderbaarlike verlossing vier en in stand hou as ons in Suid Afrika wil oorleef en Hom nie oneer aandoen deur vir horisontale versoening te vra terwyl ons die gelofte versaak het nie!

Ek vra u vanoggend, hoe getrou was en is u om soos wat die Gelofte bepaal, aan u kinders te sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir ons opkomende geslagte as die kinders nie eers weet waaroor 16 Desember gaan nie?

Dit was een van ons eerbare en gelowige Volksleiers wat eenmaal gewaarsku het: As ons dan in Suid Afrika tot niet moet gaan, laat dit dan ons lot wees en nie ons skuld nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie