.....Moet nie met klippe gooi nie, lui die spreekwoord. Die Rapportkoerant van Sondag 9 Desember 2012, waarin die onderstaande berig verskyn het, was en is nog steeds een van die voorbok mediainstellings wat die bekwame Afrikanerbeheerde regering help vervang het met die swart Kommunistiesbeheerde meerderheidsregime. ‘n Regime wat bekwaam is in korrupsie, vermorsing en onverantwoordelike optrede in die algemeen. Hulle is egter op koers volgens die Freedom Charter se riglyn van vinnige en onomkeerbare herverdeling van rykdom!
Rapport noem dit obseen. Die AVP Noem dit die opportunistiese benutting van die wanfunksie van liberale denke wat kulmineer in die uitbuiting van die blanke in die algemeen, maar in besonder die Afrikaner. Dit met die hulp, goedkeuring en ondersteuning van die media waarvan Rapport deel is! Dit is opmerklik hoe Rapport verwys na jou en nie na ons nie, in sy onderstaande opskrif. Nietemin besef hulle waarskynlik dat hulle eie werknemers nie in hierdie proses ongeskonde gaan bly nie. Ons beklemtoon enkele opmerkings in die berig hieronder.
RADE MELK JOU DROOG
2012-12-09 00:08
Johan Eybers in Johannesburg
Terwyl verbruikers kreun onder die las van stygende lewenskoste het Eskom en plaaslike owerhede vanjaar bykans R13 miljard en R17 miljard onderskeidelik wins gemaak uit die verspreiding en verkoop van elektrisiteit.
“Dié obsene winsmarge en die feit dat daar geen perk op munisipale bobetalings bestaan nie, is die grootste oorsaak van Suid-Afrikaners se finansiële probleme,” sê Mike Schüssler, ekonoom van economist.co.za. Munisipale elektrisiteitsrekenings het sedert Julie met gemiddeld 17% gestyg.
Eskom het ook by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) aansoek gedoen om ’n tariefverhoging in te stel van 16% per jaar oor vyf jaar. Dit sal die prys van elektrisiteit verdubbel. Munisipaliteite is berug om onverantwoordelike besteding en swak fiskale beheer. Die ouditeur-generaal (OG) het in Augustus gewaarsku munisipaliteite se ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en vermorste uitgawes in die laaste jaar beloop ’n tamaai R14,6 miljard.