Die dilemma met die afbreek van die rasgrens is dat ander grense wat noodsaaklik vir ʼn Christelike en ordelike, beskaafde en wetsgehoorsame samelewing was, nou ook in die doofpot gestop is.
Sedert die afskaffing van apartheid in 1994 om toe te gee aan die imperiale moondhede se druk vir die daarstelling van die onbestaanbare “nierassigheid”, is daar ʼn hele spul grense wat in die slag gebly het. Die tragiek is dat grense nie net bloot oorgesteek is nie, hulle het fisies tot niet gegaan soos die Suid Afrikaanse Spoorweë se lyndrade wat die spoorlyne veilig en privaat moes hou, eenvoudig met draad, stut- en ankerpale kompleet verwyder is en vandag om elke gehuggie in elke plakkerskamp pryk.
In Sondag se Rapport, 3 Februarie 2013 skryf Jacques Pauw van ʼn nes van bedrog! Rapport onthul vandag hoe die land se grootste boufirmas meer as ’n dekade lank deur bedrog en oëverblindery gekonkel het om die koste van reuse-bouprojekte kunsmatig op te stoot. Asof Rapport geen aandeel gehad het in die lê van die fondasie wat die geleentheid geskep het vir dekades se bedrog, oëverblindery en gekonkel, toe hulle die NP DA met beriggewing gesteun het en dr. Verwoerd afgekraak het met alles tot hulle beskikking nie!
Beide seëninge en vervloekinge is voertuie van bo-natuurlike handelinge. In die geval van seën raak dit die ontvanger daarvan positief terwyl in die geval van ʼn vloek, dit ʼn negatiewe uitwerking het. Die oorsprong van albei word in die Bybel verduidelik en kan ʼn persoon, ʼn instansie of ʼn volk raak.
HOE WORD SEËN VERKRY?
DEUTERONOMIUM 28:
1 AS jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.
(Die AVP se standpunt is dat die aller rede die DA en genote is wat “nie-rassigheid” en integrasie as beleid het en onder die waan verkeer dat dit demokrasie verteenwoordig!)
In die referendum van 1992 is die toentertydse blanke kiesers deur F. W. de Klerk en sy kabinet gevra om "ja" of "nee" te stem op die volgende, oënskynlik onskuldige, vraag: "Is u ten gunste van die voortsetting van die Staatspresident se hervormingsproses wat op 2 Februarie 1990 begin is en gemik is op die daarstelling van 'n nuwe grondwet deur onderhandeling?"
Die gevolge van die omstrede meerderheid ja stemme op dié vraag, het nie in die wildste drome van die ja-stemmers se gedagte die besoldiging sonder verdienste, van elke “hooggeagte” swarte in Suid Afrika ingesluit nie. Waarskynlik was dit ook nie deel van die beperkte politieke insig van sommige lede van daardie rampsalige kabinet nie. Nie dat hoegenaamd enige gevolg van verraad by die verraaier, uitgesluit die persoonlike bevoordeling, bereken word nie. Die nadelige en vernietigende gevolge word deur die Afrikanervolk wie se goedertrou so gruwelooslik misbruik is gedra soos wat die berig uit die Beeld koerant hier onder duidelik die omvang daarvan op slegs een enkele terrein aandui.
'n DA wat aan bewind kom, sal Suid Afrika nie 'n snars baat anders as ʼn pigmentverkleuring nie.
2013-01-26 15:00
Johannesburg – Mense moenie bang wees dat die Demokratiese Alliansie apartheid sal terugbring as die party aan bewind sou kom nie, het Helen Zille, die party se leier, Saterdag gesê.
“Ons sal nooit apartheid terugbring nie. Inteendeel, mense wat dink die lewe was beter onder apartheid behoort nie in die DA nie. Ons sal nooit jul toelaes en huise wegneem nie,” het sy gesê.
Dit blyk uit ʼn jaarlikse studie van Open Doors International dat nagenoeg 100 miljoen Christene wêreldwyd vir hul geloof vervolg word.
So skryf Leopold Scholtz in die Beeldkoerant van Woensdag 9 Januarie 2013. Juis in Afrika waar die Christendom die vinnigste gegroei het in die afgelope eeu, is dit ook waar die meeste vervolging plaasvind. Dit blyk uit ʼn jaarlikse studie van Open Doors International dat nagenoeg 100 miljoen Christene wêreldwyd vir hul geloof vervolg word. Hierin is die Islamitiese wêreld weer die grootste sondebok.
In ʼn ander berig word vertel van ses mense in ʼn kerk in Nigerië wat tydens ʼn diens afgemaai is wat die leraar insluit.
Beeld berig die aanval het plaasgevind terwyl lt.genl. Mzwandile Petros inwoners van die misdaadgeteisterde gebied toegespreek het.
Net om die liggelowiges te waarsku dat Suid Afrika steeds die misdaad Mekka van die wêreld is. Onder die Swart Meerderheidsregime met sy Kommunistiese grondslag waarmee die verraaierregering van de Klerk die Afrikanervolk in sy ernstigste krisis sedert sy ontstaan, gedompel het, is n lewe nie veel werd nie. ‘n Paar uittreksels uit News24 dui duidelik aan in watter toestand ons land verval het.
Man sterf toe hy vrou teen rowers beskerm
2013-01-25 10:11
Johannesburg – 'n Man is doodgeskiet toe rowers by 'n woonhuis op 'n gesin toegeslaan het, het die polisie aan die Wesrand Vrydag gesê.
Verantwoordelikheid is iets wat slegs by die blankes van die apartheidsera tuishoort!
Die liberales het nog altyd betoog dat daar gelyke betaling vir gelyke werk moes wees terwyl die Nasionaliste se standpunt was dat jy slegs gelyke betaling vir gelyke verantwoordelikheid kan hê, indien vooruitgang die oogmerk is. By gebruik van die term “gelyk” was produktiwiteit, kundigheid, ervaring en vermoë nooit in die liberaliste se berekenings in aanmerking geneem nie.
Terwyl feitlik elke blanke in poste wat saak maak in landsregering vervang is met swartes en hulle besoldiging meer as dubbel hulle blanke voorgangers s’n is, is Suid Afrika besig om in chaos te verval met die erodering van sy infrastruktuur wat blankes oor eeue opgebou het.