Die dilemma met die afbreek van die rasgrens is dat ander grense wat noodsaaklik vir ʼn Christelike en ordelike, beskaafde en wetsgehoorsame samelewing was, nou ook in die doofpot gestop is.
Sedert die afskaffing van apartheid in 1994 om toe te gee aan die imperiale moondhede se druk vir die daarstelling van die onbestaanbare “nierassigheid”, is daar ʼn hele spul grense wat in die slag gebly het. Die tragiek is dat grense nie net bloot oorgesteek is nie, hulle het fisies tot niet gegaan soos die Suid Afrikaanse Spoorweë se lyndrade wat die spoorlyne veilig en privaat moes hou, eenvoudig met draad, stut- en ankerpale kompleet verwyder is en vandag om elke gehuggie in elke plakkerskamp pryk.
In Sondag se Rapport, 3 Februarie 2013 skryf Jacques Pauw van ʼn nes van bedrog! Rapport onthul vandag hoe die land se grootste boufirmas meer as ’n dekade lank deur bedrog en oëverblindery gekonkel het om die koste van reuse-bouprojekte kunsmatig op te stoot. Asof Rapport geen aandeel gehad het in die lê van die fondasie wat die geleentheid geskep het vir dekades se bedrog, oëverblindery en gekonkel, toe hulle die NP DA met beriggewing gesteun het en dr. Verwoerd afgekraak het met alles tot hulle beskikking nie!
Rapport spog dat hy vandag eksklusief onthul van geheime vergaderings waar sakebase ooreengekom het oor wie watter kontrakte kry. Hulle verswyg egter die feit dat hulle die geheime vergaderings voor 1994 in Londen, Dakar, ʼn Duiweklub en menige ander , in hulle beriggewing oor die hoof gesien het terwyl Suid Afrika se ondergang daar bespreek en beplan is. Die Idasakomplot is bloot ignoreer terwyl prominente liberaliste, wat hulleself as behoudend voorgedoen het daarby betrokke was en deur Rapport ondersteun is deur enersyds hulle stilswye en andersyds hulle veldtog teen die beleid van afsonderlike ontwikkeling. N Benadering wat hulle steeds volg.
Die dilemma met die afbreek van die rasgrens is dat ander grense wat noodsaaklik vir ʼn Christelike en ordelike, beskaafde en wetsgehoorsame samelewing was, nou ook in die doofpot gestop is. Daar is géén grense vir korrupsie nie. Geen grense vir moord en verkragting van ons blankes deur swartes nie. Geen grense vir immoraliteit in die gedrukte-en media wat gebeeldsend word nie. Daar is geen grense vir swart polisiebeamptes se brutaliteit teenoor blankes nie. Daar is geen grense vir roof en diefstal van blanke eiendom nie. Daar is geen grense vir regeringsamptenary se onverdiende salarisverhogings nie. Daar is geen grense vir die verval van infrastruktuur, bv. paaie, hospitale, skole, waterwerke, rioolsuiweringsaanlegte en kragstasies nie. Daar is ook geen grense vir die vindingrykheid om die tanende belastinginkomste aan te vul deur tolhekke, wapenlisensies, rybewyse en identiteitsdokumente wat telkens in ander formaat vervang moet word. Die verhoging van tariewe wat net so nel aangepas word as wat dienslewering verval, het ook nie grense nie.
F. W. de Klerk se voorgestelde “bosberaad” van mense wat die grondwet steun, na sy aanval op die ANC op sy F. W. Stigtingskonferensie in die Protea-President hotel in Bantrybaai Kaapstad, demonstreer ook géén grense vir politieke impotensie en geen grense aan hierdie liberale “hoëprofiel” liberaliste se ondersteuning van die Afrikanervyandige grondwet. Die grondwet is geskoei op die Freedom Charter wat ʼn bloudruk is vir volksmoord op die Afrikaner. In Afrikanergeledere loop daar n gesegde wat lui dat jy “sommige” uit die bos kan haal, maar jy kry nie die bos uit hulle uit nie! Die bosmentaliteit van hierdie “hoëprofiel” liberaliste is bepaald ook nie uit hulle uit te haal nie. Dit het tyd geword dat die Afrikanervolk self hulle grense vasstel ten einde weer grense vir Suid Afrika te vestig wat die “bosmense en genote weer tussen beskaafde grense in te perk!
Danie Varkevisser.