WAAR IS 2 000 MILJOEN METRIEKE TON MUNTMETAAL EN 16 TRILJOEN AMERIKAANSE DOLLAR, VAG, BROEDERBOND??(Eerste van vier aflewerings)
As daar nog AFRIKANERS in Suid Afrika, of enige humanis, liberalis en modernis is wat dink dat ons ons land verloor het as gevolg van apartheid, weet verseker dat die AVP sal aanhou grawe om die waarheid op te diep, al het hulle dit hoe diep onder apartheid begrawe!
OORLOGSBUIT
Die rolprent Verraaiers oor die Tweede Vryheidsoorlog laat liberaliste in hul gewetes ronddelf, een so 'n delwer 'n Blink Stefaans van Naspes, Neels Jackson.
Laat dadelik geskryf word dat hierdie waarnemer nie Jackson se verbeeldingsvrug gelees het nie, hy het 'n ander saak op die hart: Oorlogsbuit.
Dus, of Jackson, en diegene wat op sy spoor nou hartsondersoek gaan doen oor Verraaiers, hulle in die eerste of tweede fase van Dante se vaevuur bevind of hulle regstreeks in die helse inferno gaan dompel, dit moet wag vir 'n ander dag, want dit gaan hier oor oorlogsbuit. Of in die idioom van die 20ste en 21ste eeu, ook buit wat daar te make is uit die ondergang van 'n volk, ryk of moondheid.
Met die polemiek oor die moord op Mej. Reeva Steenkamp wat nou tot gevolg het dat sommige joernaliste en swart vroulike ministers alle Afrikanermans as gewelddadig tipeer, is dit miskien nodig dat ons met mekaar daaroor praat. Koelbloedige moord is in enige terme onaanvaarbaar en behoort gestraf te word. As ʼn jongman soos Oscar Pistorius hom in dié onbenydenswaardige posisie bevind dat hy daarvan verdink word dat hy sy meisie geskiet het, en die omstandigheidsgetuienis lyk en klink nie vir hom gunstig nie, dan raak dit weliswaar meer mense as net vir hom.
As “ambassadeur” in die internasionale sportwêreld, reflekteer dit seer sekerlik heelwat wyer as sy familie. Die vraag wat by ʼn mens opkom is wat moet die internasionale wêreld van ons dink nadat nou ook hierdie onderstaande artikel aan die lig gekom het. ʼn Uittreksel uit die verklaring van Gen. Erle Cocke wat aan die hoof van Nugan Hand Bank se Washington kantoor gestaan het en in April 2000 dié verklaring van 67 bladsye afgelê het , betrek die voorste politieke ambassadeur van Suid Afrika. Gen. Erle het onder andere ook in hierdie verklaring sy persoonlike betrokkenheid in Projek Hammer geopenbaar. Tien dae later is hy dood aan kanker van die pankreas.
Die AVP het hierdie kostelike waarneming ontvang en plaas dit om lig te werp op sommige, maar as jy nugter daaroor nadink, op feitlik al die probleme van die "Nuwe Suid Afrika"!
Hoe raak is die onderstaande voorspelling tog as mens die berig van Jan van Niekerk af daarmee saamlees. (Pieter Senior)
My pa se ANC-voorspelling word waar.
deur Moeë Belastingbetaler Beeld 2013-02-26 Die dag toe die ANC aan die bewind gekom het, was my pa se voorspelling die volgende:
VLAAMS BELANG PROTESTEER TEEN MAROKKAANSE SUPERMARK IN MERKSEM
MNR DEWINTER: "SIMBOLIESE AKSIE TEEN DIE ISLAMISERING VAN ONS VLAAMSE STEDE"
Op dinsdag 5 Maart hebben ongeveer 30 mandatarissen, kaderleden en militanten van het Vlaams Belang, waaronder de senatoren Filip Dewinter, Anke Van dermeersch en afdelingsvoorzitter Jan Penris, actie gevoerd tegen de aangekondigde vestiging van de halal supermarkt 'Tanger' op de Merksemse Bredabaan. (n.s lees ook asb by: http://nl.wikipedia.org/wiki/Merksem)
Vanaf 9:30 uur werden op de markt van Merksem middels een petitie, handtekeningen verzameld tegen de komst van deze islamitische nering. Dat dit verzoekschrift op heel veel steun mocht rekenen, bewees wel het grote aantal mensen dat grif hun handtekening er onder zette. (n.s Daai versoek om die petisie te onderteken het nie op dowe ore geval nie)
Omstreeks 11 uur vatten de militanten met een spandoek en plakkaten post voor het pand waar de supermarkt zou moeten komen.
Merksems afdelingsvoorzitter Jan Penris en senator Filip Dewinter hielden er een korte toespraak.
Sonder Max du Preez se politieke aksies teen apartheid - ook 'n sisteem van taal- en stamstate - sou 'n tradisionele Zoeloe nie vandag Suid-Afrika soos 'n taal- of stamstaat regeer het nie.
Die duister verhouding tussen Jacob Zuma, Max du Preez en Jacques Pauw kwel die Afrikanervolksparty al lankal.
Op hierdie webblad is daar ná die moord op mnr. Eugene Terre Blanche in 2010 oor hierdie kwellinge gegis in 'n berig onder die opskrif, Wie en wat is agter die Afrikanerkaraktermoord?
Du Preez, en ook Pauw, se besondere verhouding met Zuma maar ook met die Groot Geldmag-figuur George Soros is voorwaar stof vir ernstige nadenke. Du Preez en Pauw het met behulp van Die Vrye Weekblad destyds op loop gesit met die bewerings van kapt. Dirk Coetzee oor beweerde wandae in die polisiekamp Vlakplaas buite Pretoria.
Dit maak van Du Preez en Pauw vyande van die NP-bewind? Of, laat die vraag so gestel word: Maak dit Du Preez en Pauw vyande van alle generaals en NP-regeringslede van destyds? Wat van die Verligte Aksiegroep (VAG) wat in 'n beëdigde verklaring van oud-polisie-kapt. Deon Loots geïmpliseer word wat in die sogenaamde Boeremagverhoor dien waarin die VAG uitgemaak word as die eintlike dryfkrag agter die beweerde dade van die sogenaamde Boeremag? En om hierdie hutspot van vrae nog ingewikkelder te maak: Voer adv. Piet Pretorius in sy boek, Volksverraad nie aan dat Die Vrye Weekblad met geld afkomstig van die NP se Militêre Intelligensie bedryf is nie? Of is die vraag só te wyd so gestel? Moet die vraag nie eerder lui:
Het die VAG nie van geld wat aan Militêre Intelligensie toegedeel is aangewend vir Die Vrye Weekblad nie?
DIE PERS RÝ DIE HOLRUGGERYDE APARTHEIDSDONKIE, AL LYK HY AL SOOS ‘N TAXIDRYWER WAT AGTER ‘N POLISIEBAKKIE GESLEEP IS! Dit is belangrik om te vra waarom?
In beide die Sunday Times en Rapport van Sondag 10 Maart 2013, verskyn daar uitgebreide berigte oor die lewens van Dirk Coetzee, Eugene de Kock en Joe Mamasela, voormalige Vlakplaasoperateurs.
In die Afrikaanse weergawe is Jaques Pauw aan die woord terwyl die Engelse weergawe deur Chris Barron geskryf is.
Wat hier van belang is, is die ooreenstemmende klem wat gelê word op apartheid. Dit dui nie alleen op die magte waarvoor hierdie joernaliste dienstig is nie, maar ook op hulle persoonlike onheilige ingesteldheid wat daarop gerig is om deur bedenklike joernalistiek, ʼn bepaalde politieke persepsie te skep wat enersyds moet dien om die lesers van hierdie verwronge “waarheid” iets te laat glo wat nie so is nie en andersyds as stut moet dien om die wanstaltige stelsel wat hulle help oprig het, te probeer regverdig.
Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?
MALEAGI 2:1-17
1 EN NOU, PRIESTERS, TOT JULLE KOM HIERDIE GEBOD.
2 As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om my Naam eer te bewys nie, sê die HERE van die leërskare, dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in ’n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.
3 Kyk, Ek sal julle nakomelingskap bedreig, en Ek sal mis op julle gesigte strooi, die mis van julle feeste; en hulle sal julle na die mishoop dra.
4 En julle sal gewaar word dat Ek julle hierdie gebod gestuur het, dat dit my verbond kan wees met Levi, sê die HERE van die leërskare.
5 My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het dié aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.
6 Betroubare regsleer was in sy mond, en onreg is op sy lippe nie gevind nie; in vrede en opregtheid het hy met My gewandel, en baie mense het hy van ongeregtigheid teruggebring.