Sonder Max du Preez se politieke aksies teen apartheid - ook 'n sisteem van taal- en stamstate - sou 'n tradisionele Zoeloe nie vandag Suid-Afrika soos 'n taal- of stamstaat regeer het nie.
Die duister verhouding tussen Jacob Zuma, Max du Preez en Jacques Pauw kwel die Afrikanervolksparty al lankal.
Op hierdie webblad is daar ná die moord op mnr. Eugene Terre Blanche in 2010 oor hierdie kwellinge gegis in 'n berig onder die opskrif, Wie en wat is agter die Afrikanerkaraktermoord?
Du Preez, en ook Pauw, se besondere verhouding met Zuma maar ook met die Groot Geldmag-figuur George Soros is voorwaar stof vir ernstige nadenke. Du Preez en Pauw het met behulp van Die Vrye Weekblad destyds op loop gesit met die bewerings van kapt. Dirk Coetzee oor beweerde wandae in die polisiekamp Vlakplaas buite Pretoria.
Dit maak van Du Preez en Pauw vyande van die NP-bewind? Of, laat die vraag so gestel word: Maak dit Du Preez en Pauw vyande van alle generaals en NP-regeringslede van destyds? Wat van die Verligte Aksiegroep (VAG) wat in 'n beëdigde verklaring van oud-polisie-kapt. Deon Loots geïmpliseer word wat in die sogenaamde Boeremagverhoor dien waarin die VAG uitgemaak word as die eintlike dryfkrag agter die beweerde dade van die sogenaamde Boeremag? En om hierdie hutspot van vrae nog ingewikkelder te maak: Voer adv. Piet Pretorius in sy boek, Volksverraad nie aan dat Die Vrye Weekblad met geld afkomstig van die NP se Militêre Intelligensie bedryf is nie? Of is die vraag só te wyd so gestel? Moet die vraag nie eerder lui:
Het die VAG nie van geld wat aan Militêre Intelligensie toegedeel is aangewend vir Die Vrye Weekblad nie?
Die voormalige NP-regering het mos sy sogenaamde swart begrotings gehad? Of moet daar eerder gedink word in terme van die kanalisering van geld afkomstig van Gerorge Soros en Die Geldmag, dit het net ter wille van oëverblindery 'n draai by MI gemaak?
Nietemin, die ontleder M. Jacobs, werp vanoggend op 'n ander webwerf onder die opskrif, Max du Preez help etniese SA skep, óf lig op al die vrae óf hy verduister die probleem meer.
Dis in elk geval die moeite werd om kennis te neem van die artikel, wat wentel om die gedagte dis die grootste etniese groep wat op die ou einde 'n staat regeer en daarom is Thabo Mbeki en die Xhosas uitgeskakel om plek te maak vir die Zoeloes. Jacobs gaan egter heelwat verder in sy veronderstellings. Hy voer aan (jy wil amper skryf, was dit nie vir die Vlakplaas-onthullings nie!), was FW de Klerk nie so onder druk om ons land op 'n skinkbord aan die ANC te gee nie.
Wat so 'n veronderstelling betref: Dit onderskat die duiwelse beplanning wat die Geldmag en die Amerikaanse CIA gedoen het om die Afrikanervolk se land met behulp van De Klerk onder hom uit te steel totaal.
Hier volg nou eers Jacobs se artikel vir u kennisname, en dan die AVP-berig waarin 'n paar waarnemings oor die verhouding tussen Zuma, Du Preez en Pauw reeds in 2010 aangeteken is:
Die grootste taalgroep in Kenia is die Kikuyu, en hulle leier Uhuru Kenyatta is nou die President van die land.
In alle Europese lande behoort die politieke mag ook aan verteenwoordigers van die dominante taalgroep. Europese lande se grense maak van hulle taalstate of etniese "stamstate".
Net so in Suid-Afrika is die tradisioneel Zoeloesprekende Jacob Zuma nou die Staatspresident.
Maar sonder Max du Preez se politieke aksies teen apartheid - ook 'n sisteem van taal- en stamstate - sou 'n tradisionele Zoeloe nie vandag Suid-Afrika soos 'n taal- of stamstaat regeer het nie.
Die ANC wat met die NP-onderhandel het, en die ANC wat in 1994 die bewind van Suid-Afrika oorgeneem het, was destyds nie gelei deur Zoeloe-sprekendes nie.
Alhoewel die ANC aanvanklik tydens sy stigting en daarna gelei is deur Zoeloesprekendes as die meerderheidstaalgroep van Suid-Afrika, het hierdie Zoeloe-groep verdeeld geraak toe die jong Prins Mangasuthu Buthelezi uit die ANC-jeugliga is, en Inkatha gestig het met ondersteuning van Westerlinge. Met die Zoeloesprekendes verdeeld, het ander taalgroepe en belangegroepe binne en buite Suid-Afrika die ANC gelei.
Totdat Jacob Zuma die meerderheid Zoeloesprekendes weer verenig het binne die ANC, deur meeste Inkatha ondersteuners van 'n ouer Buthelezi terug na die ANC se kant toe oor te kry.
Hoe het Jacob Zuma dit reggekry, behalwe deur vele tradisionele Zoeloedanse, tradisionele Zoeloetroues, tradisionele Zoeloegesegdes en tradisionele Zoeloegesange?
Jacob Zuma se meteoriese opgang in die ANC, is direk te danke aan Max du Preez.
Voor die Vrye Weekblad was die nederige beeswagter Jacob Zuma na die landelike en agterlike Zambië gepos, terwyl die ANC se intellektuele topleiers soos Tambo en Thabo in die metropolitaanse Londen vertoef het en van hoogs beskaafde Engelse letterkunde geleer het.
Teen 1989 was Max du Preez en Jacques Pauw se Vrye Weekblad bankrot, en 'n aardskuddende joernalistieke "scoop" was noodsaaklik om hulle honger mae te voed. Geen staat op aarde wou die Vrye Weekblad help met hulle fantastiese Vlakplaas-moordplaas-apartheidsgruwelstorie, deur vir Dirk Coetzee beskerming te bied nie, en hom uit Suid-Afrika onder die oë van die dodelike intelligensiedienste uit te smokkel nie.
Maar die nederige Jacob Zuma het persoonlik die risiko geloop en geleentheid gebruik om Max en Jacques te help met hulle onoplosbare dilemma - hoe om Dirk Coetzee se lewe te waarborg.
Vanuit Zambië het Jacob Zuma in die geheim - sonder medewete of goedkeuring van die Zambiese regering - soos 'n intelligente masjien gewerk om al die nodige polities-sensitiewe en lewensgevaarlike sake rondom Dirk Coetzee te reël. Die uiteinde?
Jacob Zuma lewer vir Dirk Coetzee in lewende lywe in Londen af. Die Vrye Weekblad se internasionale "scoop" in 1989 beteken die begin van die einde van die Afrikanerstaat se militêre mag. 'n Paar maande later hou FW sy 1990 toespraak in die morele realiteit van: hier staan ek, ek kan nie meer anders nie.
Die ANC het begin onderhandel, want die NP se morele staatsmag is wêreldwyd aangetas, en die NP het nie meer 'n skoon staat om op te staan nie.
Mnr Mandela fokus die ANC se magstrategie op die Zuma-, Du Preez- en Coetzeespan se ontblote immoraliteit van die NP se staatsmag, en FW moet daardie magte ontbind. Daarmee is die moontlikheid van 'n militêre staatsgreep verminder, en so ook die NP se magsposisie tydens onderhandelinge. Die res is geskiedenis, soos opgeteken deur Professor Hermann Giliomee.
So was Jacob Zuma saam met Max du Preez verantwoordelik vir die mees ondermynende nuusstorie teen die apartheidstaat.
Die groot sukses van die pers-operasie en die gevolge daarvan, het aan Jacob Zuma hogere aansien en gesag binne die ANC verleen, soveel so, dat hy in 1990 by onderhandelinge met die Afrikaner-regering betrek is, vir Mandela se verkiesingsveldtogte in Kwazulu-Natal gebruik is, en later Adjunk-President van Suid-Afrika geword het. Vanuit hierdie posisie - die hoogste van 'n Zoeloe in die hele land - het Thabo Mbeki met groot sielewroeging vir Zuma ontmagtig, met die wete dat dit 'n politieke risiko inhou in 'n land waar Zoeloesprekendes oor die algemeen, en inwoners van Kwazulu-Natal in die besonder, die meerderheidsgroep in Suid-Afrika vorm.
Idees het gevolge. Die Vrye Weekblad se internasionale "scoop" -idee het daartoe gelei dat Suid-Afrika binne 15 jaar vanaf Londen-ANC-oorname, 'n tradisionele Zoeloe-Staatspresident gekry het.
Zuma was nie binne die opvolgplanne van menere Mandela of Mbeki nie.
In die Zambiese kamp, vanwaar Jacob Zuma deur middel van Vrye Weekblad 'n deurslaggewende politieke slag teen Pretoria geslaan het, was daar geen staatsjurisdiksie nie, ook nie eens die van Zambië nie. Die ANC as "soewereine" party het self strawwe vir kriminele oortredings soos verkragting in die kamp uitgedeel. So is op 'n keer 6 maande van manlike MK-lede aldaar se salaris afgetrek, nadat 'n minderjarige meisie gekla het oor verkragting.
Volgens haar eie memoires - soos bespreek in 'n Suid-Afrikaanse hof in die saak tussen die Staat en Jacob Zuma, na 'n aanklag van verkragting
- was die klaagster, Khwezi, verskeie kere as minderjarige verkrag.
Khwezi was nie 'n ANC-kampprostituut nie, maar het wel in banneling-kampe met vele enkellopende jong mans vertoef, ook die Zambiese kamp, waar sy Jacob Zuma die eerste keer ontmoet het.
In hierdie kampe, ook binne in die staat van Zambië waar Jacob Zuma saam met Vrye Weekblad gewerk het, was daar geen grondwetlike regstelsel nie. Kriminele gruwelgebeurtenisse aldaar, het dus nooit dieselfde politieke skade aan die ANC-party veroorsaak, as die wat destyds binne apartheid-Suid-Afrika as regstaat plaasgevind het nie.
Daarom het die ANC as non-staat-entiteit op die duur die asimmetriese MK-oorlogvoering-, en gepaardgaande perspropagandastryd teen die Afrikanerstaat gewen: kriminele seksdade in ANC-kampe het nooit die wêreldnuus oorheers nie. Vanuit so 'n kampie in Zambië waar jong dames soos Khwezi MIV opgedoen het - waarskynlik weens verkragtings, of omgang met baie mans - het 'n intelligente Jacob Zuma egter met behulp van 'n arm Max du Preez en die bankrot Vrye Weekblad, die morele hoe grond van 'n staatsmoondheid vernietig.
In 2005 het persberigte van dieselfde Khwezi se verkragtingsklag teen Jacob Zuma ook gedreig om laasgenoemde se morele hoe grond en politieke loopbaan te vernietig. De saak bevestig die verskil in media-reaksie tussen beweerde kriminaliteit in 'n staat en in 'n non-staat. Terwyl Jacob Zuma deel van 'n staat was, was die perspublisiteit rondom Khwezi se beweerde verkragting internasionaal.
Terwyl dieselfde Jacob Zuma deel was van 'n non-staat kamp in Zambië, was daar geen perspublisiteit rondom 'n toe nog minderjarige Kwhezi se beweerde verkragting aldaar nie.
'n Verdere voorbeeld van verskil tussen staat en non-staat is die mediadekking rondom die oorlede Mosambieker wat deur die Suid-Afrikaanse staatspolisie oor die pad gesleep is, versus die publisiteit van bloedige plaasmoorde op die platteland, waar die moordenaars nie staatsamptenare is nie.
Die platteland self is ook nie staatsgebied nie, maar randgebied waar die staat se kostes per capita om barbarisme te bestry baie hoër is as in die stede van dieselfde staat, met die gevolg dat die staatspolisiëring op die platteland swakker is, of in die praktyk nie bestaan nie. Die platteland is dan 'n non-staatgebied, net soos in Zambië se afgeleë ANC-kamp waar Jacob Zuma die eerste keer vir Khwezi ontmoet het.
Nadat die hof Zuma onskuldig bevind het op die beweerde verkragting van Khwezi in die staat van Suid-Afrika, het Zuma se politieke mag in veral Kwazulu-Natal toegeneem.
Vir baie Zoeloe-sprekendes was dit bekend dat President Mbeki, 'n Xhosa, se Minister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, met Khwezi gekommunikeer het, voordat sy die aanklag van aanranding teen Jacob Zuma by die polisie ingedien het. Ook was dit bekend dat dieselfde Mbeki, nooit klagtes van verkragting van 'n toentertyd minderjarige Khwezi laat ondersoek het, terwyl sy saam met Zuma in die ANC se manskamp in Zambië gewoon het nie Eers nadat Zuma se meteoriese opgang in die ANC se NOK in 1989 begin het, danksy Max du Preez, Dirk Coetzee en die Vrye Weekblad, het Khwezi se herhaaldelike verkragtingsklagtes binne die ANC, vir Mbeki se Minister van Intelligensie genoop om die regterlike staatsgesag sy gang te laat gaan, sodat dit vir Zuma tot 'n staatshof kon daag.
Zuma se verdediging het egter vir Khwezi onder kruisverhoor geneem, en dekades se inligting het aan die lig gekom, van 'n jong Khwezi se kennismaking met Zuma in die Zambiese manskamp pre-1989, en die res van haar tragiese sekslewe binne die ANC.
Khwezi se vader was 'n politieke aktivis wat saam met Jacob Zuma op Robbeneiland was. Dit was waarskynlik haar vader se politieke aktivisme wat Khwezi van kleins af blootgestel het, en laat belangstel het, in die politiek van jongs mans in verafgeleë kampe sonder staatsjurisdiksie en polisiebeskerming. Sy het van jongs af die kampe besoek, en MIV-positief geraak.
Max du Preez het 'n paar jaar gelede die nuushooftrekke gehaal toe hy vir President Mbeki 'n veelwyweraar genoem het. Max het gereken almal het in elk geval geweet dat Mbeki 'n getroude rokjagter was.
Maar die grootste nuus was Max in sy lewe gemaak het, was saam met Jacob Zuma - toe nog 'n nederige intelligensie-beampte in Zambië.
Daardie nuus in die Vrye Weekblad, het die apartheidstaat dodelik gewond, en vir Zuma tot in die ANC se NOK verhef. Met die suksesvolle werwingswerk wat Zuma as tradisionele Zoeloe vir die ANC in 'n verdeelde Kwazulu-Natal gedoen het, is hy tot in die tweede hoogste posisie van die ANC en die staat geplaas.
Na die Khwezi-verkragtingsaak, het die Polokwane-rewolusie gevolg, is Mbeki as staatspresident herroep, en het President Jacob Zuma die land se leisels oorgeneem. Nou is Suid-Afrika normaal, soos Kenia, met die taal van die hoogste gesag van die land, verteenwoordigend van die taalmeerderheidsgroep. China het die uitkoms van demografiese demokrasie van state in Afrika al vroeër so ingesien en daarvolgens Afrika-beleid bepaal, maar die demokratiese Weste, wat ook op daardie beginsel gebaseer is, het nie. (aldus die ontleder M. Jacobs)
Die AVP-berig,12 Junie 2010:
Die aanvalle op Afrikaner-behoudendes en vermeende Afrikaner-behoudendes deur die Naspers-liegfabriek geskied nou met eentonige reëlmaat, met die taal- en kultuuraktivis Dan Roodt die jongste slagoffer. Dat dit deel is van ʼn groter orkestrasie is gewis, Naspers wat seker kan aanvoer die feit van soveel berigte oor behoudende Afrikaners se sondes en vermeende sondes is bloot toeval.
Hoewel karaktermoord Naspers (met deesdae ʼn openlik geel publikasie, die koerant Sondag, in sy arsenaal), se spesialiteit is het die oorhoofse beplanners egter reeds met die moord op die AWB-leier mnr.
Eugene Terre’Blanche getoon hulle sal nie by die bloedlose weergawe van die ombring van Afrikaner-leiers stuit nie.
Die sluipslagting op mnr. Terre’Blanche in vanjaar se Paasnaweek was omvattend en het albei weergawes van uitwissing ingesluit: die ombring van die liggaam deur Swart barbare en die van die karakter met die bestudeerde noukeurigheid waartoe net intelligente Westerlinge, bekend met die godsdienstige en seksuele taboes van die Afrikanergemeenskap, in staat is.
Dit lyk asof sy aanvallers hul huiswerk gedoen het. Van Dag Een af is Eugene Terre’Blanche se misstappe opgerakel. En nuwes opgetower, in tandem met byvoorbeeld homoseksuele suggesties deur sy moordenaars (Die suggesties weldra deur die moordenaars laat vaar).
In hierdie veldtog het die oud-Naspersjoernalis Max du Preez ʼn groot rol gespeel. Maar ook feitlik elke Naspers-joernalis van die vorige of vertrekkende generasie is ʼn beurt in artikels en rubrieke gebied om mnr. Terre’Blanche te beswadder.
Oor Max du Preez word daar baie, en in die afkeuerendste terme, op die webwerwe van behoudende Afrikaner-instansies geskryf. Hy is een van daardie Roomser-as-die-pous-figure waarvan die Afrikanervolk maar altoos een te veel sal hê.
Hy is Dakar-ganger, was redakteur van die linkse Vrye Weekblad en, so verneem ons, ‘n baie goeie finansiële vriend van die Joodse sionis en een-wêreld-drywer George Soros (en Soros wat weer inskakel by die Joodse Rothschild-ryk).
Word die Vrye Weekblad-spoor in die ontknoping van die karaktermoord op regses en vermeende regses gevolg, lei dit onafwendbaar na Jacques Pauw, een van die gewese Vrye Weekblad se gewese verslaggewers.
En skielik, twee weke gelede, is Pauw, nadat hy jare gelede Rapport vaarwel toegeroep het, terug by hierdie Naspers-koerant as draer van die nuus dat Gustav Müller van Suidlanders by allerhande onkieshede betrokke sou wees.
Pauw het sy merk destyds by Rapport gemaak as ʼn jagter van nuus oor die sogenaamde Boeremafia. Die vermoede is dat soos met elke internasionale misdaadsindikaat van faam, hierdie sogenaamde Boeremafia nou verbintenisse gehad het met die bepaalde land wat hy as basis gebruik se intelligensiedienste. Pauw se joernalistieke obsessie en renons wat die Boeremafia betref was in regstreekse verband tot sy renons in die vorige bewind se inligtingsdienste, die meriete vir die renons vir ʼn oomblik ter syde.
Die ou inligtingsdienste
Om insae te kry in die verwarring wat by die vorige bedeling se inligtingsdienste oor wie vriend en wie vyand was, is dit nodig om ʼn beeld te kry van ʼn inligtingsdiens gelei deur verdwaalde skepsels soos Langhendrik van den Berg en Niel Barnard, Barnard wat ʼn paar maande gelede met die herdenking van F.W. de Klerk se Rooi Vrydag-toespraak gespog het oor sy bydrae agter die skerms tot Afrikaner-abdikasie.
(Hierdie saak kort afsonderlike verkenning. Daar het pas ʼn boek van die voorlaaste Afrikaner-polisiekommissaris, genl. Johan van der Merwe, verskyn. Die boek mag help met die peil van die etos van die heengegane intelligensiegemeenskap. Of die woord Afrikaner-patriotisme daarin verskyn, is ernstig te betwyfel. Dat dit ʼn verwarde korps was staan egter vas, die lyne tussen reg en verkeerd en vriend en vyand dalk te dikwels deur eie belang – of dalk die van vreemde moondhede soos Amerika! - getrek.) Pauw, Du Preez, die Vrye Weekblad en...Zuma!
Word daar terug geloop op die spore van Pauw, Du Preez en die Vrye Weekblad kruis dit onder andere met Dirk Coetzee en die polisie se Vlakplaas-fasiliteit. Ook met die destydse Burgerlike Samewerkingsburo (BSB).
Verder maak dit ʼn draai by F.W de Klerk, en in hierdie saga is daar ook verwysings te vind na ʼn kommissie van ondersoek gelei deur die Jood Richard Goldstone. Dis ʼn verhaal oor ʼn kraaines van intriges waarin van moontlike opstandige regse elemente in die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag ontslae geraak is.
In daardie tyd kruis Pauw, Du Preez en die Vrye Weekblad se paaie egter ook met die van Jacob Zuma, in daardie stadium die ANC se inligtingshoof. Met sekerlik die ANC-regime se huidige inligtingshoof Mohammed Shaik, in die nabyheid.
Die vraag is hoe dik was die vriendskappe wat destyds aangeknoop is tussen Du Preez, Pauw en Zuma. En Shaik. Was dit durende betrekkinge en vriendskappe? Tot vandag toe?
So heg dat Du Preez en Pauw kop-in-een-mus met die ANC-regime van Zuma sal wees in ʼn operasie waarvolgens die vlerke van die Afrikanervolk geknip word deur allerhande onsmaaklike onthullings?
(Met dit geskryf word daar onwillekeurig gedink aan ʼn e-pos-boodskap (nogal uit “China”!) toe Naspers ʼn artikel van Du Preez wat in ʼn Engelse publikasie verskyn het, geplaas het. Die boodskap? “Ek ken ʼn ‘komops’ as ek hom sien.”) Nog ʼn vraag is of Naspers al so ʼn moontlikheid oorweeg het en of die koerantgroep maar nog eens ʼn bruikbare idioot in ʼn magspel is waarvan hy nog die reëls, nóg die skeidsregter ken.
Maar die belangrikste vraag van almal is dalk: Hoe pas F.W. de Klerk in by die raaisel? (De Klerk, as daar nou een mens wat ʼn Afrikaner-bewind meer vrees as die ANC, is dit De Klerk.) Hy het hom nog deurgaans bewusteloos of onnosel in die hele speletjie gehou. Dit het immers vrugte vir hom afgewerp toe die Tutu-kommissie getuienis aangehoor het oor die voormalige veiligheidsmagte se betrokkenheid by sogenaamde Derde Mag-bedrywighede. Al was hy lid van die destydse Veiligheidsraad, nogal saam met Roelf Meyer.