Coetzee se onthullings oor polisie-moordbendes het een van die duisterste geheime van die apartheidstyd oopgeruk. . Die onthullings, wat in Vrye Weekblad gepubliseer is, was ’n enorme skok vir diegene wat gemeen het die apartheidsbewind word deurgaans binne die wet en die perke van ordentlikheid toegepas.
Hier volg ʼn paar uittreksels uit opmerkings van du Preez en Pauw na die dood van Dirk Coetzee.
Die AVP kan nie anders as om dié skeefgetrekte beeld van apartheid reg te stel en terselfdertyd dié twee landsverraaiers in die regte lig te plaas sodat die geskiedenis hulle ook sal onthou vir dit wat hulle verteenwoordig het.
In die eerste plek was hierdie dade waarna verwys word as die duisterste geheime van die apartheidstyd, nie in die apartheidstyd gepleeg nie omdat apartheid na die sluipmoord op dr. Verwoerd deur John Vorster begin aftakel is, wat deur P.W.Botha voortgesit is en met sy Rubicon toespraak voltooi moes ge wees het. Nadat hy koue voete gekry het, is dit egter wel deeglik deur F.W.de Klerk voltooi! Dat behoudende Afrikaners wel deeglik die mening toegedaan was dat wat onder apartheid toegepas was binne die perke van ordentlikheid was, is gegrond op die integriteit en Godgebondenheid van voormalige Afrikanerleiers wat die wel en wee van al Suid Afrika se inwoners op die hart gedra het soos wat die geskiedenis van daardie tydperk voldoende bewys het.
Dit was egter al reeds in daardie tydperk voor die aftakeling van apartheid begin het dat mense soos du Preez en Pauw troueloos teenoor hulle eie mense agter die skerms gewerk het om die bedeling wat ons vandag beleef, gevestig te kry.
Hierdie ontboeseminge van hierdie twee linkse joernaliste is egter ook die “regte ding om te doen” daar dit hulle aandeel in die meer as 600,000 gruwelmoorde wat sedert 1994 in Suid Afrika plaasgevind het, in teenstelling plaas met Vlakplaas se tweehonderd waarna verwys word. Hoewel die AVP géén moord goedpraat nie, stel ons die syfers teenoor mekaar in die lig van die feit dat Max en Jacques daarna verwys as duisterste geheime van die apartheidstyd en Dirk Coetzee as ʼn apartheidsmoordenaar beskryf word.
Daar is nie een enkele geval van voor 1966 wat voor die Waarheid en Versoeningskomissie gedien het nie. Dít was die datum waarop apartheid beëindig is! Wat ookal du Preez en Pauw se motivering was met hierdie onthullings, julle sal onthou word deur elke opregte patriotiese Afrikaner, met die Vrye Weekblad as getuienis, dat julle die Afrikanervolk ondermyn het, aandadig is aan elke politieke moord sedert 1994, en die algemene verval in Suid Afrika ten spyte van al die waarskuwings dat dít is waarheen ons op pad is! Volgens die onderduimsheid waarmee Suid Afrika aan die huidige terroristebende oorhandig is soos wat nou in onthullings aan die lig kom, was en is julle betrokkenheid daarby wanneer dit met Coetzee vergelyk word, ewe veragtelik!
Kaapstad. – Wat ook al sy motivering destyds was om Vlakplaas te onthul, moet ’n mens onthou: Dirk Coetzee het uitgekom en gepraat ( Max du Preez)
Coetzee se onthullings oor polisie-moordbendes het een van die duisterste geheime van die apartheidstyd oopgeruk. . Die onthullings, wat in Vrye Weekblad gepubliseer is, was ’n enorme skok vir diegene wat gemeen het die apartheidsbewind word deurgaans binne die wet en die perke van ordentlikheid toegepas.
Die joernalis Jacques Pauw, wat Coetzee as Vlakplaas-bevelvoerder ontbloot het, sê hy was 'n ingewikkelde man. "Mense het my altyd gevra of Coetzee mal is. Jy móét mal wees om te doen wat hy gedoen het. "Ek sal sy bisarre karakter onthou. Hy was seker 'n apartheidsmoordenaar, maar hy was ook 'n eggenoot en 'n pa gewees."
: ‘Coetzee doen regte ding’
Alet Rademeyer
Dirk Coetzee, oudlid van die destydse veiligheidspolisie en bevelvoerder van die destydse polisie se koverte eenheid by Vlakplaas waar moordbendes opgelei is, is gistermiddag kort na 12:00 in Die Wilgers-hospitaal in Pretoria dood.
Coetzee het in 1997 amnestie by die Waarheid-en-Versoeningskommissie gekry nadat hy die bedrywighede van Vlakplaas onthul het. Hy het destyds aansoek om amnestie vir 22 oortredings gedoen waaronder die moord op die aktivis mnr. Griffiths Mxenge en vir sy aandeel in die menseregtevergrype. Die joernalis Jacques Pauw, wat Coetzee as Vlakplaas-bevelvoerder ontbloot het, sê hy was 'n ingewikkelde man. "Mense het my altyd gevra of Coetzee mal is. Jy móét mal wees om te doen wat hy gedoen het. "Ek sal sy bisarre karakter onthou. Hy was seker 'n apartheidsmoordenaar, maar hy was ook 'n eggenoot en 'n pa gewees."
Coetzee laat sy vrou, Karen, en twee seuns Dirk en Calla agter.
‘Coetzee doen regte ding’
2013-03-07 23:02
Dirk Coetzee, eertydse bevelvoerder van die veiligheidspolisie se moordbendes op Vlakplaas, is Woensdag oorlede. Agter is Vlakplaas, wes van Pretoria, soos hy nou lyk. Foto: NICOLENE OLCKERS
‘Ek sou meer kon moor’
Jan-Jan Joubert en Alet Rademeyer
Kaapstad. – Wat ook al sy motivering destyds was om Vlakplaas te onthul, moet ’n mens onthou: Dirk Coetzee het uitgekom en gepraat. So het Max du Preez, joernalis en eertydse redakteur van Vrye Weekblad, gister gesê in reaksie op die nuus dat Coetzee (67) dood is.
Coetzee se onthullings oor polisie-moordbendes het een van die duisterste geheime van die apartheidstyd oopgeruk. Dié voormalige lid van die veiligheidspolisie en bevelvoerder van die polisie se koverte eenheid vir moordbendes by Vlakplaas is Woensdagmiddag kort ná 12:00 in Die Wilgers-hospitaal in Pretoria dood.
Coetzee het in 1989 vir een van die grootste opskuddings van die apartheidsbewind gesorg met sy onthullings dat hy vanaf 1981 betrokke was by moordbendes wat anti-apartheidsaktiviste vermoor het.
By geleentheid is hul lyke verbrand terwyl Coetzee en sy makkers ’n ent verder vleis gebraai en gedrink het. Die onthullings, wat in Vrye Weekblad gepubliseer is, was ’n enorme skok vir diegene wat gemeen het die apartheidsbewind word deurgaans binne die wet en die perke van ordentlikheid toegepas.
“Ons het besluit om te publiseer nadat ons weke lank bronne nagegaan het en nadat Dirk se mede-Vlakplaas-lid, Almond Nofomela, onafhanklik uit die tronk dieselfde verhaal vertel het,” het Du Preez gister by navraag vertel.
“Dirk het uiteindelik die regte ding gedoen toe dit nodig was,” het Du Preez gister gesê.
“Anders is baie meer mense doodgemaak.
“Ek dink nie dit was omdat hy skielik demokrasie voorgestaan het nie. Hy was kwaad omdat die polisie hom glo sleg behandel het. Maar hy het gepraat, terwyl ander in soortgelyke omstandighede stilgebly het.”
Ná sy onthullings het Coetzee by die ANC aangesluit en ’n briefbomaanval deur die veiligheidsmagte oorleef. Verwydering het later tussen hom en die ANC ingetree.
Coetzee het in 1997 amnestie by die Waarheid-en-versoeningskommissie gekry vir 22 oortredings, waaronder die moord op die Durbanse prokureur en aktivis Griffiths Mxenge, en vir sy aandeel in menseregtevergrype.
- Coetzee word oorleef deur sy vrou, Karin, en twee seuns, Dirk jr. en Calla. Die begrafnisreëlings is nog nie afgehandel nie.