Ons Afrikaners is baie geneig om, wanneer die ANC ‘n buitelandse leier aangeprys het, feitlik instinkmatig ons van daardie leier te distansieer. En dikwels het ons goeie rede gehad. So was dit met Jasser Arafat. En nou dalk ook met Hugo Chavez. Ons persepsies oor Arafat was verkeerd soos wat Arafat se persepsies oor ons volk verkeerd was. Met Chavez is dit nie anders gesteld nie.
Ons het Chavez nie werklik geken nie en hy het min van die Afrikaner geweet.
Hugo Chavez het Venezuela regeer vanaf 1999 (met die “Bolivarian” revolusie) tot en met sy dood op 5 Maart 2013. Hy was een van die min leiers in die wêreld wat nie geswig het voor die Amerikaanse druk om sy oliebronne aan die geldmagte uit te lewer nie. Dat hy boonop telkens demokraties verkies is, was vir die Amerikaners ‘n kopseer.
Sy hervormings, wat as sosialisties beskou is, was inderdaad kwasi-sosialisties, dws gerig op ‘n mark-ekonomie, maar met bewaring van sekere hulpbronne en sektore soos olie en die bankwese van die gulsige hande van die internasionale geldmagte. Dus, hy het privatisering van sekere sektore verhoed; iets wat enige leier sal doen as hy in die belang van sy burgers wil optree. Miskien het sy jeugjare wat hy in ‘n modderhut moes deurgebring het, iets daarmee te doen gehad. Hy het naakte kapitalisme as pervers beskou.
Venezuela se oliereserwes is die tweede grootste in die wêreld. Sommige beweer dat dit nou die grootste olireserwes het, ja, selfs groter as Saoedi-Arabië. In Suid-Amerika troon die land uit wat betref hierdie “swart goud”. Die land met sy 23 state het sowat 30 miljoen inwoners en staan bekend as ‘n presidensiële republiek. Sowat 50% van sy Spaansspekende inwoners kan as “gekleurd” beskou word en 42% as blank. Die meeste inwoners bly in stede en dorpe. Olie-uitvoer is verantwoordelik vir 80% van die bruto binnelandse produk. Venezuela is baie trots op sy mooi vroue wat gereeld gekroon word as mej Heelal of mej Wêreld. 92% van die inwoners is Rooms-Katoliek en 95% geletterd.
Chavez was ‘n omstrede leier en het dikwels meegehelp om hierdie omstredenheid te bestendig. Op een van sy besoeke aan sy voormalige vriend Saddam Hoessein van Irak, het Chavez, toe hy uit die vliegtuig uit klim met sy landing in Bagdad aan Hoessein gestel:
“Ek wonder wat die Fariseërs hiervan gaan dink!”
Toe hy twee jaar gelede met kanker gediagnoseer is, het hy die volgende oproep gemaak tot die Here:
“Let me carry your cross Christ. Let me carry a hundred crosses, and let me bleed for you. But let me live because I have so much to do for my country and my people”.
Chavez was maar 58 jaar oud toe hy gesterf het weens kanker.
Jasser Arafat is deur die Israeliese Mossad vergiftig. Is dit vergesog om te beweer dat die CIA verantwoordelik is vir Chavez se dood? Terloops, ons sien nou hoeveel (en dalk alles) van die stellings in Piet Pretorius se boek Volksverraad waar is terwyl baie van ons destyds oor sekere bewerings getwyfel het. In die internasionale arena gebeur feitlik niks toevallig nie.
Die CIA het in 2002 gepoog om, met behulp van sekere elemente in die weermag van Venezuela, Chavez se bewind deur ‘n staatsgreep omver te werp. Chavez is gevange geneem en toe ‘n soldaat hom wou doodskiet het hy teenoor dié opgemerk: “Look at what you are going to do”. Op daardie oomblik het ‘n ander soldaat opgemerk dat as hy die president skiet, hulle mekaar sal doodskiet. Nie een wou toe oorgaan tot die daad om Chavez te vermoor nie. Intussen het die gety gedraai en het massabetogings Chavez weer aan bewind geplaas.
Chavez se opmerking herinner mens aan Hoessein wat op pad na die galg vir die wag wat hom vergesel het gesê het dat hy “sterk” moet wees.
Chavez het 60 generaals na hierdie mislukte poging afgedank. Hy kon verskeie laat fussileer het, maar het hulle genade betoon.
William Blum, die historikus, het in 2002 opgemerk:
This [Anglo-American] empire, unlike any other in the history of the world, has been built primarily through economic manipulation. “How do we know that the CIA was behind the coup that overthrew Hugo Chavez? “Same way we know that the sun will rise tomorrow morning. That’s what it’s always done and there’s no reason to think that tomorrow morning will be any different.”
Later was die bewyse daar vir almal om te sien. Die CIA het met revolusionêre elemente saamgespan om Chávez se regering omver te werp, die konstitusie en Nasionale Vergadering af te skaf, en toe geslaag om die staatsprokureur wat die sluipmoordpoging op Chavez ondersoek het, naamlik Danilo Anderson, te vermoor. Hy is deur middel van ‘n motorbom om die lewe gebring in Karakas op 18 November 2004.
Die CIA se modus operandi was soos volg:
“First, American business interests abroad are threatened by a popular or democratically elected leader. The people support their leader because he intends to conduct land reform, strengthen unions, redistribute wealth, nationalize foreign-owned industry, and regulate business to protect workers, consumers and the environment. So, on behalf of American business, and often with their help, the CIA mobilizes the opposition. First it identifies right-wing groups within the country (usually the military), and offers them a deal: “We’ll put you in power if you maintain a favorable business climate for us.” The Agency then hires, trains and works with them to overthrow the existing government (usually a democracy). It uses every trick in the book: propaganda, stuffed ballot boxes, purchased elections, extortion, blackmail, sexual intrigue, false stories about opponents in the local media, infiltration and disruption of opposing political parties, kidnapping, beating, torture, intimidation, economic sabotage, death squads and even assassination. These efforts culminate in a military coup, which installs a right-wing dictator. The CIA trains the dictator’s security apparatus to crack down on the traditional enemies of big business, using interrogation, torture and murder. The victims are said to be “communists,” but almost always they are just peasants, liberals, moderates, labor union leaders, political opponents and advocates of free speech and democracy. Widespread human rights abuses follow.”
Voorbeelde van Amerikaans-beplande sluipmoorde en staatsgrepe is legio:
Mohammed Mossadegh in Iran, Jacob Arbenz in Guatemala, een staatsgreep per jaar (1957-1973) in Laos, die daarstel van die moordadige “Papa Doc” Duvalier in Haiti, die sluipmoord op Rafael Trujillo in the Dominikaanse Republiek, Jose Velasco in Equador, die sluipmoord op Patrice Lumumba in die Kongo, die omverwerping van Juan Bosch in die Dominikaanse Republiek, Joao Goulart in Brasilië, die Sukarno regering in Indonesië, die militêre staatsgreep in Griekeland, prins Sahounek in Kambodja, Juan Torres in Bolivië, Salvador Allende in Chili, aartsbiskop Oscar Romero in El Salvador, en helaas, dr Hendrik Verwoerd in Suid-Afrika!
John Perkins (redakteur van Confessions of an Economic Hit Man), en voormalige lid van die internasionale bank kartel het opgemerk:
“Basically what we were trained to do and what our job is to do is to build up the American empire. To bring—to create situations where as many resources as possible flow into this country, to our corporations, and our government…. This empire, unlike any other in the history of the world, has been built primarily through economic manipulation, through cheating, through fraud, through seducing people into our way of life, through the economic hit men.”
Chavez se dood laat ‘n groot leemte in die Suid-Amerikaanse herlewing wat gerig is om die invloed van die VSA, waar die groot geldmagte state se minerale en ander hulpbronne inpalm tot nadeel van die burgers, te kniehalter. Soos dit maar so dikwels gaan, is daar nie ‘n leier op die horison wat Chavez se skoene kan volstaan nie.
Chavez was ‘n flambojante ekstrovert en het altyd ‘n punt daarvan gemaak om ander leiers wat hy ontmoet het, gasvry te ontmoet. Die uitsondering was die VSA! En met rede. Die VSA sal nou alles in werking stel om, soos elders, onstabiliteit in Venezuela te verseker, en daarna (soos elders), tot die land se “redding” te kom en ‘n VSA-marionet aan bewind te stel. Mag daar ‘n leier wees wat in Chavez se voetspore volg!
Ons kan ons hoed vir ‘n oomblik vir Chavez afhaal. Want hy het moed gehad. Iets wat raar is in hierdie dae. Die ANC se hulde aan Chavez verstaan niks hiervan nie.