Brief aan Die Vryburger....
Ernstige vrae word nou in volksgeledere gevra oor waarheen Solidariteit in werklikheid op pad is
Verlede week het die Solidariteit-Beweging se opleidingsakademie, Akademia, hulle eerste gradeplegtigheid aangebied. Aanwesiges was verstom en geskok toe dié prestige-funksie afgesluit is met die mengelmoes-volkslied, wat begin met Nkosi Sikelel iAfrika, waartydens die Solidariteit-bestuur ook eerbiedig opgestaan het.
Afriforum het ook sy eerste kongres, hoofsaaklik agter geslote deure, gehou. Tydens die ope deel is daar klem gelê op die feit dat Afriforum oop is vir almal, ongeag ras of geslag.
Politieke waarnemers het gesê dat dit nie vreemd is nie. ’n Burgerregte beweging is uit die aard van sy naam baie wyer as ’n volksregte beweging, en aangesien Afriforum hom beywer vir burgerregte en wegskram van die begrip volk, sal hy ook aanpassings aan sy lede samestelling moet maak. Daar was juis enkele weke gelede groot gewag gemaak van ’n totaal volksvreemde wat op Afriforum se webblad vertel het waarom hy tuis voel by Afriforum.
AS JY DIE GESKIEDENIS IGNOREER, IS JY GEVONNIS OM DIT OOR TE LEEF! In Suid Afrika oor die lyke van seshonderdduisend mense!)
Die illusie bestaan dat net “regse takhare” die grondwetlike kontrepsie verwerp. Nou blyk dit aan die hand van die getuienis van oud-kapt. Deon Loots in die Boeremagsaak dat dit die Verligte Aksiegroep (VAG), waarvan FW de Klerk 'n lid is, dié illusie help wek het. Dis egter nie al nie. Daar is meer as vermoedens dat De Klerk en sy linkse maters sélf dit nie meer met die grondwet-kontrepsie kan uithou nie. (56. We trust that our submission will be of assistance in guiding the Committee's deliberations on reviewing the Constitution aimed at strengthening our constitutional democracy.)
Ja, De Klerk en sy sogenaamde sentrum vir die beskerming van grondwetlike regte voer aan die 1996-grondwet bring in sy samestelling mee dat die land “deur 'n minderheid binne 'n meerderheid” regeer word. De Klerk moes 'n hele sous regsgeleerdes bymekaar skraap om verlede jaar tot hierdie onomstootlike konklusie te kom, dit nadat dit uiteraard al ou nuus vir behoudende Afrikaners, sekerlik ook lede van die Boeremag, is dat die land deur 'n kabal kommuniste regeer word, Met die Geldmag wat bevele aan die kabal uitdeel.
Reuters het ’n getuie aangehaal wat gesê het dat minstens nege gesneuwel het. Hy het gesê hy het die lyke gesien.
Daar is deur hulle wat van wat beter geweet het, in die wind gesaai en nou word die storm gemaai wat die ontplooiing van soldate uit Suid-Afrika in die buiteland betref. Die nuusagentskap Reuters berig Suid-Afrika se militêre ingryping in die Sentraal- Afrikaanse Republiek (SAR) het tragies skeefgeloop toe talle van sy soldate deur rebellemagte doodgeskiet is terwyl die rebelle gisteroggend die hoofstad Bangui oorgeneem het. Reuters het ’n getuie aangehaal wat gesê het dat minstens nege gesneuwel het. Hy het gesê hy het die lyke gesien.
Daardie kamtige “militêre kenner” wat so dikwels deur Suid-Afrikaanse verdededigingsbronne aangehaal word, ene Rõmer-Heitman, kla nou dat “niemand kon dink die operasie sou só verskriklik verkeerd loop nie”. Gaan lees maar Heitman se boeke oor die land se krygsgeskiedenis, merk op hoe hy ons behoudende Afrikaners as 'n soort vyand identifiseer en wonder nie verder oor sy wonderlike militêre insigte nie.
WANORDE IS AFRIKA SE ORDE
MOORD IN SUID-AFRIKA Voorblad van die A V P Kongresblad van 2 0 1 2
AFRIKANER VOLKSPARTY, 3de JAARVERSLAG
Moorde in Suid-Afrika het nou letterlik en figuurlik die simboliese getal van 666 000 bereik. Figuurlik omdat 666 die merk van die Satan is en letterlik omdat daar gemiddeld 37 000 moorde jaarliks in die “nuwe” Suid-Afrika gepleeg word. Volgens baie bronne die hoogste in die wêreld. Hoewel die polisie se amptelike statistiek nie hierdie syfers weerspieël nie, is daar genoeg bewys dat die syfer veel hoër is.
In sy boek “Murder in South Africa: a Comparison of Past and Present” skryf Rob McCafferty dat INTERPOL se amptelike syfers amper dubbel dié van die SAPS wys en die Mediese Navorsingsraad sê dat daar ’n derde by die amptelike statistiek getel kan word. Dit plaas groot druk op die integriteit van die amptelike syfers. Sedert die bewindsoorname van die ANC in 1994 is al meer as 3000 blanke boere op hul plase vermoor.
Só melk Eskom jou: 'n Berig wat op die AVP se lessenaar beland het!
2013-03-22 06:01

Eskom verkoop 9% van die totale krag wat hy opwek spotgoedkoop onder kosprys aan BHP Billiton se twee aluminiumsmelters terwyl gewone verbruikers kreun onder hoë tariewe.
BHP Billiton is deur die hof gedwing om dié tot nog toe geheime tariewe aan Media24 bekend te maak.
Terwyl gewone mense sowat R1,40 per kilowatt-uur betaal, betaal BHP Billiton by sy Hillside-smelter by Richardsbaai net 22,65c per kilowatt-uur.
En iewers tussen-in pas adv. Piet Pretorius se Volksverraad, Shicklegrüber se Dokument X en kapt. Deon Loots se beedigde verklaring van korrupte polisie-optrede in met bevestiging van die geskiedenis se verloop.
Toe die Voortrekkermonument in Pretoria opgerig is het kultuurwaarnemers en geskiedskrywers verklaar dat toe die Trekkers hul waens in die Kaap gepak het, bomenslike ontberings in die binneland tegemoet, hierdie baanbrekers totaal onbewus was van die ingrypende daad waaraan hul deelneem. Hulle het hul self allermins as helde beskou.
Feit is dat ons as erfgename van hierdie geskiedenis dalk mislei kan word deur die prominensie wat Piet Retief se manifes later jare in die Afrikaner en die Blankes se geskiedenis geniet het waarin 'n ereplek aan hierdie “daad van verset” van die Trekkers toegeken is. Ons het dit ook aan getroue waarnemers van die geskiedenis soos Gustav Preller, en ook die oprig van plekke soos die Voortrekkermonument, te danke dat die Trekkers se heldedade en heldemoed wel later hul welverdiende ereplek in die geskiedenisannale gekry het.
Daar word berig dat kapt. Deon Loots steeds onder kruisverhoor in die sogenaamde Boeremagsaak is Hy het onder andere aangevoer dat daar ernstig met sy beriggewerlêer geknoei is.
Kapt. Deon Loots het voortgegaan en getuig oor hoe Supt. Louis Pretorius, Karen van Vuuren en 'n onbekende persoon wat 'n kenner is van springstof, van Klerksdorp by Loots se huis aangekom het. Die kenners moes die agent/beriggewer JC Smith opgelei het om springstof wat gemeng word te hanteer sodat Smith die mense van die "Boeremag"
kon oplei om later self te gebruik. Loots het vir JC gesê dat dit wat hy doen verkeerd was. Loots het ook op 'n ander geleentheid saam met JC Smith gery om springstof en opleiding vir mense wat in die saak betrokke is te neem in Warmbad omgewing. Loots het voortdurend beswaar gemaak by Genl. Roos, Hankel en sy gewese vrou Kol. Marinda Loots. In sy beswaar aan Supt. Pretorius, het Pretorius aan hom gesê dat Loots rustig moet wees, want dit is hoe die saak teen die ouens gebou word. Dit moet so vinnig en erg as moontlik gebou word sodat die publiek teen die regses en die Boeremag kan draai waarna daar 'n voorbeeld van hulle gemaak moet word.