1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9958858

Besoekers aanlyn

Ons het 59 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VAN DIE GROOT TREK TOT “THE LAST TREK, A NEW BEGINNING VAN DE KLERK.....

altEn iewers tussen-in pas adv. Piet Pretorius se Volksverraad, Shicklegrüber se Dokument X en kapt. Deon Loots se beedigde verklaring van korrupte polisie-optrede in met bevestiging van die geskiedenis se verloop.

Toe die Voortrekkermonument in Pretoria opgerig is het kultuurwaarnemers en geskiedskrywers verklaar dat toe die Trekkers hul waens in die Kaap gepak het, bomenslike ontberings in die binneland tegemoet, hierdie baanbrekers totaal onbewus was van die ingrypende daad waaraan hul deelneem. Hulle het hul self allermins as helde beskou.

Feit is dat ons as erfgename van hierdie geskiedenis dalk mislei kan word deur die prominensie wat Piet Retief se manifes later jare in die Afrikaner en die Blankes se geskiedenis geniet het waarin 'n ereplek aan hierdie “daad van verset” van die Trekkers toegeken is. Ons het dit ook aan getroue waarnemers van die geskiedenis soos Gustav Preller, en ook die oprig van plekke soos die Voortrekkermonument, te danke dat die Trekkers se heldedade en heldemoed wel later hul welverdiende ereplek in die geskiedenisannale gekry het.

Die behoudende Afrikaner moet hom vir geen oomblik verbeel dat hierdie taak van prominensie gee aan die deurslaggewende dade in die ontplooiing van die geskiedenis, agter die rug is nie. 'n Lewende volk met 'n lewende geskiedenis, die harde werklikheid van die hede en ons geloof en hoop vir die toekoms, bied eenvoudig nie sulke voorregte nie.

Dit was die dood van dr. H.F Verwoerd in 1966 wat die Afrikaner aan die diep kant van 'n totaal vreemde lewens- en wêreldbeskouing in gedompel het. Tot en met dr. Verwoerd se dood kon die Afrikaner die morele hoëgrond vir die handhawing en uitbou van 'n afsonderlike volksbestaan, dit is apartheid, verdedig en behou. Moet vir geen oomblik glo dat die die fisieke en geestelike aanslag op die Afrikaner se lewens- en wêreldbeskouing in daardie tyd minder was as in die tyd van John Vorster en daarna nie. Vorster het net die rol van 'n Uilspieël – die wêreld haat my, maar ek maak daarna – meesterlik vertolk en sodoende olie op die vuur van ons vyande gegooi deur aanvaarbaarheid te probeer afkoop deur die wegkalwe van ons afsonderlike volksbestaan.

Die res is uiteraard geskiedenis en Jacob Zuma en sy weergawe van 'n Swart ANC-bende sit in die Uniegebou en Helen Zille in Leeuwenhof in ou Kaapstad, van die spoke van Leeuwenhof kon sy blykbaar ontslae raak deur 'n Slamaaier op te kommandeer, vir die rotte wat haar woonplek met haar deel, het sy klaarblyklik g'n raad nie.

'n Paar maande gelede het Danie Goosen in 'n artikel groot gewag gemaak van NP van Wyk Louw se standpunt dat hy verkieslik as 'n held ondergaan as in onaanvaarbaarheid die onbillikhede wat apartheid sou skep sy voortbestaan wil verseker.

Nie dat Goosen se bronne, en die aanhaling van Van Wyk Louw wat hy in sy rede aanvoer onberispelik is nie. Wat pla is die omvangryker konteks waarin Van Wyk Louw sy standpunte oor apartheid gestel het en dat hierdie omvangryker standpunt in die proses van een bepaalde aanhaling te belig, skade kon gely het.

Dit maar terloops. Van belang in hierdie baie bepaalde aan-die-orde-stel van 'n saak, is dit nodig om te besef dat die Afrikaner, met sy akademici en kerklikes van die hoofstroom vooraan, gewerk, gedink en gedoen het binne die konteks van 'n bepaalde paradigma waarin die Afrikaner se vooruitsigte vir selfbeskikking geleidelik of dramaties aafgetakel is en waarin die ontvoogding van die Swartman en anderkleurige gaandeweg of dramaties ingeruil is vir die gedagte die Swartman word nie slegs meer ontvoog en na politieke selfstandigheid gelei nie, die Afrikaner sal in Suid-Afrika ook die voogdyskap van die Swartman, of hy nou 'n kommunis of 'n voorvadergeesaanbidder of sommer albei is, moet aanvaar. Hierdie benadering was dalk die kenmerkendste in PW Botha se “Adapt or die”-standpunt en gevolglike politieke maneuvers.

Die vraag is of alle Afrikaner-politici wat hulle in die, 'n mens wil waag om te skryf nou ou leierskapskader soos verteenwoordig deur die Nasionale Party, NG Kerk en Broederbond, bevind (het), met laakbare bybedoelings hulle vereenselwig (het) met die opsoek van hierdie bedenklike nuwe morele hoëgrond. Was/is daar 'n uitgelese groep wat besluit het hulle as groep of lede van daardie groep ry die golf, gaan mee met die tydsgees, takel apartheid af en verslaan daarmee die Afrikanervolk vir en namens die vyand.

Maar...

Nie ter wille van al die morele inkledings wat daar al teen apartheid en vir rasse-, godsdiens en kultuurintegrasie gegee is nie, Van Wyk Louw se inkleding hierby ingesluit.

Om die vraag reguit te stel:

Was of is daar mense of 'n groep van mense in die ou NP/NG/Broederbond-alliansie wat dit ter wille van geld en niks anders as geld gedoen het?

Politieke grootbekke soos Amerikaanse presidente praat graag oor nuwe wêreldordes. Met die aftakeling van die Sowjet-Unie as een been van die voormalige Oos-Wes-verdeling het George Bush die oue baie stellig aangekondig daar sal 'n nuwe wêreldorde wees.

Ons is nou meer as twintig jaar in daardie wêreldorde met sy grootste kenmerk die tanende mag van die Christen-Westerling en die invoer van die Ooste (China vooraan) as inhoudgewers aan die nuwe orde.

Hierdie meer as twintig jaar is in ons land aangewend vir die aftakeling van Christelik-Westerse waardes, die Afrikaner-protestant as hoofverteenwoordiger daarvan, wat in die proses gestroop is van alle politieke, finansiële en kultuurmag.

En tog...

 

'n DING HET GEBEUR

'n Mens moet nie voorbarig wees en verklaar daar is 'n nuwe daeraad vir die Afrikanervolk op pad nie.

Maar daar hét 'n ding gebeur.

Daar hét 'n ding gebeur, jy wil amper skryf só gebeur soos toe die Trekkers hul waens in die Kaap gepak het, op soek na 'n nuwe toekoms, ons wat hierdie ding ervaar wat vandag gebeur en besig is om te ontvou in die sogenaamde Boeremagsaak in Pretoria, wat dit nog heeltemal onderskat.

Hierdie ding wat gebeur het betrek in die eerste plek die rede dat apartheid onbillik is en daarom die finale politieke abdikasie deur FW de Klerk in 1994.

En nêrens is daar as rede vir die stap gemeld dat daar moontlik 'n paar begunstigdes is wat inlê in dit wat te maak is uit 17 triljoen Amerikaanse dollar en 22 000 metrieke ton muntmetaal nie. Dis mos 'n perd van 'n heeltemal ander kleur.

Hoeveel keer is die beskuldiging dat apartheid onbillik en boos is teen ons koppe gegooi, nie net deur ons vyande nie maar veral deur FW de Klerk, die kerke en andere wat hulle as volksleiers voorgedoen en die volk ter slagting gelei het na die Nuwe Suid-Afrika. Maar niemand het nog ooit gehoor van 'n fabelagtige fortuin wat êrens in die wêreld se kluise lê, as dalk enigste rede vir die oorgawe nie.

Wie weet, dalk rig iemand nog eendag 'n standbeeld vir kapt. Deon Loots op, word hy vereer vir 'n beëdigde verklaring waarin hy sekere wandade en beweerde wandade aan die kaak stel.

Die tyd sal leer of kapt. Loots die aanslag wat daar tans in Pretoria in die hof op sy karakter en integriteit gedoen word sal afslaan.

Een ding is egter reeds seker. Kapt. Loots se beëdigde verklaring gee 'n ingrypend ander inhoud aan die FW de Klerk-abdikasie.

'n Ander inhoud, nie nuwe inhoud nie. Want die behoudende Afrikaner weet al lankal van allerhande inlopery wat aan die gang is en was.

Soos die IDASA-komplot.

Dis net 'n riem onder die hart dat baie van hierdie en soortgelyke bewerings nou as getuienis in 'n hof aangebied word. Dit móét en sál 'n wêreld se verskil maak.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie