1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9958851

Besoekers aanlyn

Ons het 55 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DREIGENDE FINANSIËLE KRISIS

altIn dié verdraaide waarheid, níks anders as die waarheid nie, word vanoggend berig: Die rand kan skerp daal weens die moontlikheid van kragonderbrekings in Suid-Afrika, het die internasionale beleggingsgroep Nomura voorspel.

Jammer, maar dit is nodig dat die lesers van hierdie webwerf vandag pertinent gewys word op 'n lelike hef-aan wat voorlê wat die land se geldsake in besonder, maar politieke stabiliteit in die algemeen kan en waarskynlik gaan raak.

*Die rand se wisselkoers teenoor die vernaamste geldeenhede gaan tuimel soos wanneer 'n valskerm op 'n lugskou nie oopgaan nie. Hierdie verskriklike waagtoertjie het blykbaar Maandag in aller erns begin; *Die Europese Unie en die Internasionale Monetêre Fonds het in 'n maatreël wat die gehate soutbelasting, een van die oorsake van die Franse Rewolusie, na kinderspeletjies laat lyk, beslag begin lê op geld in die bankrekenings van Sipriote. 'n Ontleder soos die Amerikaner Alex Jones, gesteun deur behoudende ontleders van die Geldmag (in Amerika staan banke soos die Federale Reserwe, Morgan en Citibank bekend as die “banksters”), verklaar dis die dun punt van die wig en dat die wêreld op die vooraand staan van die uitoefening van die naakste magslus deur Groot Kapitaal en sy kripvreters in die Amerikaanse Wit Huis en Pentagon;

*EVKOM SE ELEKTRISITEITSVOORRAAD STAAN OP 'N BEDENKLIKE LAAGTEPUNT.

Een van nog ʼn bedreiging is die gevolge van die gevaarlike bedryfposisie van die krag-wanvoorsiener in Suid Afrika, is dat die haglike probleem na “die verbruiker” aangegee word. Dis nou maar een van daardie bitter vrugte van een mens, een stem: die Afrikaner wat op 'n “demokratiese” wyse die spit afbyt deurdat die gevolge van hoofsaaklik Swart wanbetaling na die Blankes “afgewentel” word (deur telkens vorendag te kom met verlammende prysverhogings).

*'n Verlammende staking by steenkoolmyne, steenkool die hoofbron vir kragopwekking in die land. Daarby is daar reeds vir weke 'n staking aan die gang op Ellisras, waar 'n reusagtige nuwe kragsentrale (Medupi) in aanbou is.

*'n Uitkringende effek van die swak rand is die verlammende verhogings in die brandstofprys, hierdie verhogings wat reeds die afgelope drie maande 'n lelike patroon gevestig het deurdat die nuwe brandstofprys telkens aan 'n volle rand vat-vat.

Dis net 'n ontleder wat gereeld in die Naspes-koerante skryf (ene Frans Cronjé) wat kan beweer dat die Afrikaner en die Blankes in die algemeen so wonderlik by die Nuwe Suid-Afrika gebaat het.

In dié verdraaide waarheid, níks anders as die waarheid nie, word vanoggend berig: Die rand kan skerp daal weens die moontlikheid van kragonderbrekings in Suid-Afrika, het die internasionale beleggingsgroep Nomura voorspel.

Peter Attard Montalto, 'n Nomura-ekonoom in Londen, verwag dat die geldeenheid tot R9,95 teenoor die dollar kan val as die gebeure van 2008 'n maatstaf is.

 

Die rand het met 15% getuimel in die eerste kwartaal van 2008 nadat 'n tekort aan steenkool en onderhoud aan kragaanlegte Eskom genoop het om beurtkrag in te stel. 'n Meer "konserwatiewe” mikpunt is dat die geldeenheid tot R9,52 sal daal, meen Montalto. Die geldeenheid het Maandag teen 13:30 naby R9,17 verhandel.

 

Montalto meen daar is 'n “baie groot” risiko dat beurtkrag dié kwartaal en volgende jaar wag. Werkers by Exxaro, die land se naasgrootste steenkoolprodusent, staak tans en daarby is 'n Koeberg-eenheid reeds weke lank buite werking weens 'n tegniese probleem, transmissielyne van die Cahora Bassa-projek is in vloede beskadig en daar word ook onderhoud gedoen aan ander aanlegte. Saam het dit die kragproduksie met 22% verminder.

Die rand lyk ook tans weerloos weens arbeidsonrus, die grootste tekort op die lopende rekening in vier jaar, 'n groter wordende begrotingstekort en die kans dat Suid-Afrika se kredietgradering verlaag kan word.

Die rand het tot dusver vanjaar met 8% teenoor die dollar gedaal – die swakste vertoning uit 25 geldeenhede in die ontluikende markte.

En nou 'n les oor die demokrasie, die ANC-weergawe daarvan en waarin nie al die regte vervat in die veelgeroemde handves van menseregte na die kiesers afgewentel word nie, maar al die pligte. Diegene wat so swymel oor daardie, “we, the people” in die 1996-konstitusionele wonderwerk, oordink maar gerus die feit dat die betalende Blanke seksie in die munispaliteite, eintlik besig is met die uitoefening van hul demokratiese “regte” wanneer munispaiteite kragverbruikers opskroef soos wat in die volgende berig te kenne gegee word:

Plattelandse munisipaliteite gaan van 1 Julie af 12% meer aan Eskom betaal vir elektrisiteit.

Dit is die helfte meer as die gemiddelde verhoging van 8% wat die nasionale energiereguleerder (Nersa) vroeër aan Eskom toegestaan het.

Kenners het dié styging as skokkend bestempel en sê plattelandse munisipaliteite is finan­sieel kwesbaar en dié verhoging kan die druppel wees wat die emmer laat oorloop wat hul geldsake betref.

Die tariewe wat stedelike munisipaliteite betaal, styg met gemiddeld 7,1% en Eskom se eie residensiële klante s’n met gemiddeld 5%.

Eskom se ander klante, wat nywerhede insluit, sal in stede 9,6% meer betaal en in plattelandse gebiede 9,3% meer.

Eskom het dié tariewe uitgewerk op grond van die Nersa-besluit dat sy tariewe oor die volgende vyf jaar jaarliks met gemiddeld 8% mag styg.

Die kragreus moes uitwerk hoeveel die verskillende kategorieë kliën­te moet opdok en het dit weer aan Nersa voorgelê, wat dit reeds goedgekeur het.

 

Munisipaliteite moet nou die verhoogde koste van die elektrisiteit wat hulle aankoop in berekening bring om die tarief wat hulle van verbruikers gaan hef, uit te werk. Dít word in Maart as deel van die munisipale begrotings aan elke raad voorgelê, waarna die publiek die geleentheid kry om kommentaar te lewer.

 

Die finale begroting word daarna goedgekeur alvorens dit op 1 Julie in werking tree. Die munisipale elektrisiteitstariewe moet ook aan Nersa voorgelê word vir goedkeuring.

 

Mike Schüssler, hoofekonoom van Economists.co.za, sê die groot verhoging vir plattelandse munisipaliteite is skokkend en irrasioneel.

 

“Plattelandse munisipaliteite kan dit nie bekostig nie. Hulle het minder ekonomiese aktiwiteite en ’n kleiner belasting­basis,” sê hy.

Baie plattelandse munisipaliteite sukkel reeds om hul verbruikerskuld in te vorder en kan nie hul Eskom-rekenings betaal nie. Die groot tariefverhoging sal dié probleem net vererger en hulle knak, sê Schüssler.

 

Hy sê die verskil tussen wat verbruikers betaal wat krag regstreeks van Eskom koop en dié wat dit van munisipaliteite koop, gaan verder vergroot en verbruikers gaan toenemend daarop aandring om regstreeks met Eskom sake te doen.

 

Louise Muller, president van die instituut vir munisipale finansiële beamptes (Imfo) sê die groot verhoging aan plattelandse munisipaliteite is ’n reusebekommernis omdat dié munisipaliteite finansieel kwesbaar is.

 

Sy het – ja, die waarheid is vreemder as fiksie - dit so werklik waar verwelkom dat die gemiddelde tariefverhoging aan munisipaliteite (net) beperk is tot 7,3%. (Hoë volumeverkope in stedelike gebiede trek die gemiddelde nader aan die stedelike tarief – dit klink na iets soos ses mande doodstraf en nie die galgtou vir die verbruiker.)

 

“In die verlede het dit gelyk asof munisipaliteite gebruik word om Eskom se nywerheidskliënte te subsidieer, maar nou is die gemiddelde verhoging vir munisipaliteite kleiner as dié vir Eskom se ander kliënte,” beweer sy.

 

Pieter Groenewald, woordvoerder van die VF Positief, beskou die groot verhoging vir plattelandse munisipaliteite as onbillik omdat dit ekonomies swaarder gaan in dié munisipaliteite.

 

En Coenraad Bezuidenhout, uitvoerende direkteur van die Vervaardigingskring, sien êrens in die stikdonker wat oor die land toesak so werklik waar 'n paraffienlampie brand. Dié verklaar die gemiddelde verhoging van 9,6% vir Eskom-kliënte in stedelike gebiede “is beter” as die 11% wat dié organisasie verwag het. Dit is nietemin baie hoër as die inflasiekoers.

 

Hy sê daar sal wel fluktuasies wees afhangende van lede se gebruikspatrone.

 

“Die groot probleem is egter ons lede wat deur munisipaliteite van elektrisiteit voorsien word,” stippel Bezuidenhout die waarheid dan uit.

 

Tydens openbare verhore oor Eskom se tariefverhoging is verskeie beskuldigings gemaak dat munisipaliteite groot wins neem op die verkoop van elektrisiteit en kliënte kasty met groot vaste heffings.

 

* Oor die steenkoolmynstaking berig 'n behoudende webblad nóg drie van Exxaro se myne het gisteroggend tot stilstand gekom weens onbeskermde stakings. Dit beteken ses van Exxaro se agt steenkoolmyne staan stil – onder meer Grootegeluk in Limpopo, waar dinge gewelddadig geraak het.

Die polisie het rubberkoeëls op ’n groep van 2 000 stakers geskiet, die maatskappy se grootste steenkoolmyn, wat die Matimba-kragstasie bedien.

 

Onnodig om dus te maan: 'n Gebrek aan steenkool, en gevolglik elektrisiteit, stook rewolusie. En 'n vryvallende rand is die laaste ding wat 'n rewolusie kan afkoop. Hou u dus aangegord vir n onafwendbare maerte onder hierdie moderne demokrasie van de Klerk en kie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie