1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9958845

Besoekers aanlyn

Ons het 53 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE “REG” VAN DIE REGSTELSEL IN DIE SG. “BOEREMAGSAAK”

altLoots het verskeie mense in MI gewaarsku dat dit wat hulle doen om die mense op te sit, nie reg is nie, onder andere Genl. Roos en Supt. Louis Pretorius by verskeie geleenthede

Die sogenaamde Boeremag-verhoor in Pretoria sal volgens berigte vandeesweek op Woensdag en Vrydag voortgesit word. Die Afrikanervolksparty verneem dat een van die aangeklaagdes, Wilhelm Pretorius, die volgende oor die verloop van oud-kaptein Deon Loots se getuienis rapporteer, kapt. Loots wat met 'n opsienbarende verklaring vorendag gekom het oor polisie-ondersoekers wat as aanstigters van die beweerde onwettighede sou opgetree het en ook die Verligte Aksiegroep (VAG) in sy verklaring geïmpliseer het:

Heelwat vrae is gevra oor hoe Loots die veranderde weergawe van Dokument 12 aan JC Smith gegee het. JC het die dokument se inligting op die vergaderings gebruik sodat die saadjie geplant word om die vergaderinggangers te beinvloed ten einde erger te maak en sodat hulle hulself moes inkremineer. JC het soms teruggekom en gesê dat die "ouens wou nie byt daaraan nie". Hy het ook nooit die plan een tot een aan Johan Niemoller verkondig nie. Niemoller het homself ook nooit skuldig gemaak aan staatsgreeppraatjies nie. Misdaad Intelligensie

(MI) was nogal verbaas dat Niemoller so gou van die toneel verdwyn het. Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat hy die persoon is wat een of ander agentskap projek bedryf. Toe die goed begin skeefloop het Niemoller onttrek.

 

Loots het heelwat vandag oor Otto Gerner ook getuig. Hy getuig dat Otto gewerf is net nadat hy aangekla was in die Pomfrit saak. Loots het homself gewerf by 'n koshuis. Gerner was getaak om inligting op regses in te same onder die jongmense en studente van Pretoria en die mense van Balmoral, onder wie sy pa een van die mense was wat gereeld vergaderings bygewoon het oor beplannningsaksie sou anargie in die land uitbreek. Loots het ook vir Gerner volledig ingelig aangande dokument 12 en moes die inhoud wat erger gemaak is deur MI as saadjie onder die mense plant ten einde hulle te frame. Gerner het ook op eie inisiatief opgetree. Hy het ook baie oor Balmoral en Willem Ratte gerapporteer. Sam Theron was sy hanteerder. Theron was eers by die veediefstal eenheid daarom het Loots hom gehelp en opgelei hoe om beriggewers te hanteer. Daarom het Loots ook insameling van JC en Gerner saam met Theron gedoen. Gerner was ook die persoon wat betrokke was by die arrestasie van my en Rudie Gouws te Rietondale parkie Pretoria. Die staat ontken dat Loots Gerner hanteer het. Hy noem dat Gawie Marais ook sy beriggewer was wat ook ingelig is oor dokument 12 en die saadjie daarvan moes plant onder die mense.

 

Loots getuig ook dat sy dagboeke uit sy huis se kluis uit verdwyn het wat sy bewyse was.

 

Loots het verskeie mense in MI gewaarsku dat dit wat hulle doen om die mense op te sit, nie reg is nie, onder andere Genl. Roos en Supt.

Louis Pretorius by verskeie geleenthede. Die staat beweer dat Roos en Pretorius dit sal ontken en dat Pretorius net 2 keer met Loots gepraat het. Loots getuig dat 'n kollega van Naboomspruit kennis gekry het dat daar soortgelyke vergaderings in Naboomspruit en Potgietersrus was rakende die sak. Loots het saam met Pretorius daarheen gery. Loots het daar vir hom gese dat dit nie reg was wat MI doen nie. Pretorius het geantwoord dat hulle die saak moet bou watn dit kan die grootste en eerste soortgelyke saak in die Nuwe Suid Afrika wees. Soos wat mense prominenter betrokke geraak het, is hulle geteiken om opgesit te word.

Loots het alleen by hierdie geleentheid gery, alhoewel hy by ander geleentheid dit ook in die teenwoordigheid van Karen van Vuuren gese het, wat normaalweg saam met Louis Pretorius was.

 

Loots getuig dat hy saam met JC gery het om springstog vir mense in Warmbad te neem en hulle daarmee op te lei. Die staat ontken dit en se dat dit Lukas van Rensburg was wat die springstof vir JC gegee het.

 

Net 'n laaste nota aangaande Otto Gerner in die saak wat uit die oorkonde uitgekom het gesien saam met Loots se getuienis:

Otto Gerner was aangeklaagde saam met Hennier Gerber, 'n student aan Pretoria. Ek en Hennie was vriende. Otto het ook in Balmoral inligting versamel. Lourens du Plessis was ook 'n beriggewer. Ek het betrokke geraak deur 'n vergadering by te woon waar Lourens du Plessis die spreker en leiersfiguur was. Daarna het ek saam met Lourens by verskeie geleenthede gesels waar ek ook saam met hom in sy helikopter na Balmoral gevlieg het. Daar is mediaverklarings wat die saak aanbetref by die huis van Hennie Gerber gevind, waar Otto Gerner ook teenwoordig was tydens die deursoeking van Gerber se huis, as sy vriend. Otto Gerner is hierna saam met my en Rudie Gouws te Rietondale parkie gearresteer waar hy 'n tydlank in aanhouding was, onder andere saam met my vrou. Hy is vrygelaat sonder enige aanklag teen hom.

 

Wilhelm Pretorius berig as volg uit die hof. Dit wil voorkom of die staat se kruisondervraging aangaan en aangaan sonder einde. Die betrokkenheid en beskuldigings teen senior staatsaanklaer Paul Fick laat die wenkbrou lig. Die feit dat hy geimpliseer word saam met ondersoek beampte Tollie Vreugdenburg, wonder 'n mens tot hoe 'n mate die regverdig is dat die twee verder aan die hofsaak deelneem as amptenare van die hof en staat. Hulle word beskuldig om kop en een mus te wees met die polisie provokasie.

 

Kapt. Deon Loots steeds onder kruisverhoor in die Boeremagsaak

 

Kapt. Deon Loots het vandag sy getuienis voortgesit.

Hy het getuig oor hoe Supt. Louis Pretorius, Karen van Vuuren en 'n onbekende persoon wat 'n kenner is van springstof, van Klerksdorp by Loots se huis aangekom het. Die kenners moes die agent/berriggewer JC Smith opgelei het om springstof wat gemeng word te hanteer sodat Smith die mense van die "Boeremag" kon oplei om later self te gebruik. Loots het vir JC gese dat dit wat hy doen verkeerd was. Loots het ook op 'n ander geleentheid saam met JC Smith gery om springstof en opleiding vir mense wat in die saak betrokke is te neem in Warmbad omgewing.

Loots het voortdurend beswaar gemaak by Genl. Roos, Hankel en sy gewese vrou Kol. Marinda Loots. In sy beswaar aan Supt. Pretorius, het Pretorius aan hom gesê dat Loots rustig moet wees, want dit is hoe die saak teen die ouens gebou word. Dit moet so vinnig en erg as moontlik gebou word sodat die publiek teen die regses en die Boeremag kan draai waarna daar 'n voorbeeld van hulle gemaak moet word.

 

Loots is gevra om 'n verklaring teen die beskuldigdes in die saak te maak aangesien die staat dit positief in hulle saak wou aanwend. Supt.

Louis Pretorius, Kol. Sollie en Karen van Vuuren het by Hartebeespoortdam bymekaar gekom en Loots versoek om daarheen te gaan.

Volgens Loots is die verklarings deur die polisie self opgestel sodat daar nie weersprekings in die verklarings voorkom nie om te voorkom dat die staat se saak skade kry en dat al die verklarings chronologies moet voorkom. Die verklarings is dan ook van tyd tot tyd aangepas om die getuienis te sinkroniseer. Geen getuie het ooit sy of haar eie verklaring opgestel nie. Later het Supt. Tollies Vreugdenburg ook hierby aangesluit in die skryf van die verklarings. JC Smit het hom vertel dat hy sy getuieverklaring soos 'n pappagaai moes leer vir die hofsaak.

 

Loots is later deur Adv. Paul Fick SC van die staat ingeroep dat Loots 'n verklaring moes maak. In die kantoor was Adv. Pieter Luyt, Supt.

Tollies Vreugdenburg, Adv. Fick en 'n onbekende dame. Hulle, veral adv. Fick wat die praatwerk gedoen het, het op 'n baie aggressiewe en dreigende manier hom probeer beïnvloed om 'n verklaring te maak teen die beskuldigdes. Hy het geweier weens die wyse waarop die polisie die saak gebou het. Adv. Fick het hom verbied om die saak by te woon of om die verdediging te help. Adv. Dries van Rensburg het gestel dat Adv.

Fick wel Loots versoek het om daarheen te kom, maar dat hy slegs van Loots wou verneem het waar sekere bewysstukke was. Loots ontken dit.

 

Die saak gaan môreoggend om 11:30 voort en blyk dat daar op Woensdag en Vrydag ook hofsitting sal wees.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie