In dié verdraaide waarheid, níks anders as die waarheid nie, word vanoggend berig: Die rand kan skerp daal weens die moontlikheid van kragonderbrekings in Suid-Afrika, het die internasionale beleggingsgroep Nomura voorspel.
Jammer, maar dit is nodig dat die lesers van hierdie webwerf vandag pertinent gewys word op 'n lelike hef-aan wat voorlê wat die land se geldsake in besonder, maar politieke stabiliteit in die algemeen kan en waarskynlik gaan raak.
*Die rand se wisselkoers teenoor die vernaamste geldeenhede gaan tuimel soos wanneer 'n valskerm op 'n lugskou nie oopgaan nie. Hierdie verskriklike waagtoertjie het blykbaar Maandag in aller erns begin; *Die Europese Unie en die Internasionale Monetêre Fonds het in 'n maatreël wat die gehate soutbelasting, een van die oorsake van die Franse Rewolusie, na kinderspeletjies laat lyk, beslag begin lê op geld in die bankrekenings van Sipriote. 'n Ontleder soos die Amerikaner Alex Jones, gesteun deur behoudende ontleders van die Geldmag (in Amerika staan banke soos die Federale Reserwe, Morgan en Citibank bekend as die “banksters”), verklaar dis die dun punt van die wig en dat die wêreld op die vooraand staan van die uitoefening van die naakste magslus deur Groot Kapitaal en sy kripvreters in die Amerikaanse Wit Huis en Pentagon;
Die vraag wat gevra moet word, is waar hierdie linkses, waaronder kommuniste, multikulturaliste en sosialiste, die fondse gekry het, want daarvan was daar deurentyd oorgenoeg.
Idealiste glo dat ‘n revolusie ontstaan as gevolg van die massas se ontevredenheid met ‘n sekere regeringsvorm. So glo baie steeds dat die revolusie in Rusland ontstaan het weens die ontevredenheid met die outokratiese regering van die tsaars. Dit was eers later dat ingesien is dat die revolusie na Rusland “ingevoer” is. Wladimir Lenin het hierdie revolusie van buite gestook en die massas onder die indruk gebring dat hulle toestande verbeter sou word. Karel Marx se sosialisme is gebruik om die Russe en al die volkere rondom Rusland te verkneg, terwyl mense vas geglo het dat hulle die ideale wêreld sou betree. Min het hierdie niksvermoedende volke geweet dat hierdie revolusie bekook is deur die geldmagte.
Loots het verskeie mense in MI gewaarsku dat dit wat hulle doen om die mense op te sit, nie reg is nie, onder andere Genl. Roos en Supt. Louis Pretorius by verskeie geleenthede
Die sogenaamde Boeremag-verhoor in Pretoria sal volgens berigte vandeesweek op Woensdag en Vrydag voortgesit word. Die Afrikanervolksparty verneem dat een van die aangeklaagdes, Wilhelm Pretorius, die volgende oor die verloop van oud-kaptein Deon Loots se getuienis rapporteer, kapt. Loots wat met 'n opsienbarende verklaring vorendag gekom het oor polisie-ondersoekers wat as aanstigters van die beweerde onwettighede sou opgetree het en ook die Verligte Aksiegroep (VAG) in sy verklaring geïmpliseer het:
DIESELFDE “SLUIPPOLITIEK” WAT DEUR DIE NP, DIE KERKE EN KULTUURORGANISASIES OP DIE AFRIKANER VOLTREK IS , IS NOU OOK BY RADIO PRETORIA SIGBAAR!
AFRIKANERS SAL SUID-AFRIKA MOET AFLEER SOOS ONS DIT AANGELEER HET SÊ RADIO PRETORIA
Daar het weinig oorgebly van: “ die vierkleur sal weer wapper” waarmee goedgelowige Afrikaners ingesleep is om Radio Pretoria te befonds en met swaarverdiende geld aan hulle vasbytprogramme deel te neem. ʼn Radiostasie wat met goedgelowige Afrikaners se geld begin is en instand gehou is, maar waarvan die bestuur en beheer se verskuilde doelwitte nie vir die bydraers sigbaar was nie.Wyle mnr. Jaap Marais het telkens gewaarsku dat as jy wil weet waarheen iemand in die politiek op pad is, moet jy dit wat hy in die verlede gesê en gedoen het, in die toekoms in projekteer en dan sal jy weet waarheen hy op pad is.
WAAR IS 2 000 MILJOEN METRIEKE TON MUNTMETAAL EN 16 TRILJOEN AMERIKAANSE DOLLAR, VAG, BROEDERBOND?
Wat gissinge oor 1994 se buit, wat die beweerde begunstigdes, die VAG, mee weggekom het betref, word die skatte wel in harder terme uitgestippel
Tweede Aflewering
Wat hierdie deel van die verhaal betref, kan lig opgsteek word by die Tweede Wêreldoorlog. Hier ter sake is die Nazi's se sogenaamde Swart Goud, maar ook die skatte wat die Amerikaners van Japan in daardie oorlog buitgemaak. Die lesse in die Swart Goud-episode is veral van belang deurdat van die veroweraars (die Geallieerdes) kop-in-een-mus met die verowerdes (die Nazi's) was in die operasie. Wat in gedagte gehou moet word is die sleutelrol wat die Geldmag in die oorbring van die buit gespeel het, die Geldmag wat soos altyd ook in die Tweede Wêreldoorlog albei strydende faksies geïdelogiseer en befonds het.
Moet nie verbaas wees as daar parallelle in hierdie situasie met die 1994-bewindsoorname in Suid-Afrika se goud-, diamant- en platinaryk te trek is nie.
DIE VERLIGTE AKSIEGROEP (VAG)

Referaat gelewer deur Pieter van der Spuy op die Afrikaner Volksparty-kongres op 16 Maart 2013
1 INLEIDING
In 1994 verskyn ‘n regeringspublikasie in verband met grondrestitusie aan swart mense in Suid-Afrika met die titel This is our Land (Commission on Restitution of Land Rights (Department of Land Affairs): This Is Our Land; Restitution of Land Rights, Act No. 22 of 1994 as amended and Related Documents).
‘n Slagspreuk van ‘n prominente Afrikaner-nasionalis, mnr JA Marais en sy party was Dié land is ons land!
Soos prof Louis Changuion en Bertus Steenkamp in die voorwoord tot hulle boek, Omstrede Land, tereg aandui skep die titel van die ANC-regeringspublikasie die indruk dat die regering glo dat die land net aan die swart bevolking moet behoort.
Hierteenoor dui die beklemtoning in wyle mnr Marais se slagspreuk dat die Afrikaner dit ondubbelsinnig stel dat hy nie ‘n ander land as Suid-Afrika het nie en dat hy sy reg op sy vaderland opeis.
Hoe dit ookal sy, hierdie slagspreuke dui op ‘n voortdurende stryd om die eiendomsreg van grond in Suid-Afrika en om die politieke mag binne Suid-Afrika as staatkundige gebied.
Wat die politieke mag oor die staatkundige gebied van Suid-Afrika betref, berus dit tans by ‘n kommunistiese swart ANC-regering.
Wat die eiendomsreg en fisiese beheer van grond betref, is Afrikaners en ander blankes die reghebbendes van ‘n groot persentasie van Suid-Afrikaanse grond. Statistiek in hierdie verband is onbetroubaar.
11 KORINTHIËRS 9:8-11
8 En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
9 Soos geskrywe is: Hy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy geregtigheid bly tot in ewigheid.
10 En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem,
11 sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.
Dankie O God van Abraham, Isak en Jakob, dat ook ons U onse Vader mag noem en tot U kan bid deur ons Middelaar Jesus Christus, as ons toekoms donker is. Amen.