1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9958265

Besoekers aanlyn

Ons het 129 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE VOORLOPER VAN PLAASBESETTINGS?

altKyk na die ondervinding van daardie boeregesin van Kragbron en besin opnuut oor die verdeeldheid in Afrikanergeledere.

Is hierdie gebeurtenis op 'n plaas in Kragbron buite Sasolburg die begin van wat 'n nuwe begin kan wees? Of nog 'n begin van die einde van die Afrikaner-Christelike beskawing in Suid-Afrika?

Noord-Afrika het ook eens wat genoem kan word 'n Christelik-Westerse beskawing gehad. Dit was in die begin eeue van die Christelik-Westerse jaartelling en hierdie beskawing het bekende, nee van die bekendste, kerklike leiers gelewer. Dit was die tye van die wêreld se grootste biblioteek (in Alexandrië), wat op uitverkore Afrika-grond gestaan het.

Helaas.

Dit was die nabye-Ooste se Moslem-hordes, versamel onder die religieus-politieke terme wat Mohammed ('n ongeletterde!) volgens oorlewering deur middel van sy vrou laat neerpen het (in die Koran) wat Afrika in die duister sou hou tot die jaar 1652 toe 'n paar houtskepies onder leiding van Jan van Riebeeck aan die Kaap van Storms kom land het en die suidpunt van Afrika verander het in die Kaap de Goede Hoop. Die Christelike lig het weer aangegaan op die donker kontinent, Donker Afrika.

Kan 'n paar honderd-duisend Christen-Afrikaners en ander Christen-Westerlinge wat hulle met die Afrikaner se godsdienstige en vryheidstrewe vereenselwig hierdie gety wat van Sondag af in 'n reuse-golf op Sasolburg neergekom het, Afrika in die heersende tydsgewrig deur Marxistiese-Leninistiese Swart Afrika-politiek, afslaan?

Die Naspers-nuuskartel het vir 'n tweede keer in 'n week of wat dit goed gedink om Wit liberales se tirades teen Blankes te plaas wat hulle te sterk met identiteit strewes vereenselwig ten koste van die raslose, geslaglose, oortuiginglose amorfe "moderne" uitgangspunt, eers 'n tirade van ene Gillian Schutte, en nou weer van die regsgeleerde, Pierre de Vos.

Dat Schutte en De Vos se pogings tot identiteitsnullefikasie dalk 'n selfs erger identiteitsontkenning as 'n Nico Smith en soortgelyke "Afrikaanse" denkers verteenwoordig, moet sielkundiges en studente van die menslike gedrag op 'n ander dag oorweeg, die saak van die dag, die Swart menigte se eie weergawe van Jacob Zuma se tweede oorgang van die sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie, eis nou ons volledige aandag.

Hoe kan die Christen-Afrikaner en ander Westerlinge hul kragte teen hierdie aanslag monster, dit is die aldeurdringende vraag.

Kyk na die ondervinding van daardie boeregesin van Kragbron en besin opnuut oor die verdeeldheid in Afrikanergeledere.

Kragbron. – ’n Gesin wat hier op ’n plaas woon is getraumatiseerd nadat ’n skare oproeriges van Zamdela hierheen opgeruk en goed uit hul plaashuis weggedra het.

 

Stephan Cronjé (38) en sy vrou, Elsabé, en hul drie kinders woon op die plaas tussen die vierrigting-halte na Sasolburg en die dorpie Kragbron in die Noord-Vrystaat. Cronjé boer vir Jaap van der Westhuizen.

“Eergisteroggend net voor 08:00 het my vrou my vreesbevange gebel en gesê hordes oproeriges is rondom die huis saamgedrom. Ek het my na die huis gehaas en ons moes skarrel om net die nodigste te kry om te kan vlug,” vertel Cronjé. Die elektriese omheining om die plaaswerf is met groot klippe platgedruk en die oproeriges het die huis bestorm en omring. “Die mense het stokke en klippe gehad en het die polisiebeamptes en -voertuie daarmee getakel. Die huis se vensters is stukkend geslaan.

“Ons was gelukkig om ’n gaping tussen hulle te sien en daardeur weg te kom na my ouerhuis op Kroonstad.” Na wat verneem word, was die oproeriges op pad na Kragbron met die doel om die vulstasie aan die brand te steek en ’n Indiër-sakeman se winkel te beroof. ’n Veiligheidswag het die Cronjés se huis opgepas en nuwe ruite is ingesit, maar plunderaars het die aand teruggekom en die huis verder geplunder. Alle elektroniese goedere, skootrekenaars en selfs vleis uit die vrieskaste is gesteel.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie