DIE AARD VAN DIE STRYD
Na 1994 soos na 1900
Weer Verraaiers, Oorgeërs, Vredemakers en Bittereinders
Oor sekere politieke argumente wat in omloop is en wat onsekerheid skep as dit nie effektief beantwoord word nie, moet groter helderheid gegee word, veral in die lig van die verwagte party-politieke verwikkelings in die aanloop tot die 1999-verkiesing, en ook die honderdjarige herdenking van die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog in dieseifde jaar.
Woorde om te bewimpel
Een van die huidige verskynsels is dat sekere politieke partye wegskram van woorde met bekende betekenisse soos "beginsels" en "beleid" en in plaas daarvan praat oor "missie" en "visie", wat vatbaar is vir enige vertolking en amper die indruk gee van 'n voel-voe!-beweging in 'n digte mis. Die nuwe vermomming van die NP se voortgesette politieke verraad is die "Akte van Geloof van Marthinus van Schalkwyk.
DIE BEGINSEL VAN DIE WYSHEID
Dr Tobie Muller
Spreuke 1:7: Die vrese van die Here is die beginsel van die wetenskap.
Spreuke 9:10: Die vrese van die Here is die beginsel van die wysheid.
Plato, die beroemde Griekse wysgeer, het bokant die ingang tot die plek waar hy geleer het, hierdie woorde gesit: “Laat niemand wat nie bedrewe is in die geometrie hier inkom nie.”
Die verkondigers van die Bybelse spreuke was wyse manne, wyser as hulle geslag, en in die Godskennis seker wyser as Plato.
En tog staan bokant die deur van hulle skool in Hoofstuk 1:4: “Om aan die eenvoudige kloeksinnigheid te gee, aan die jongeling wetenskap en bedagsaamheid.” D.w.s. waar Plato sy wysheid net aan diegene wou meedeel wat reeds ‘n hoë mate van ontwikkeling besit het, is die goddelike wysheid van die Spreuke ook toeganklik vir jonge en dwase en ongeletterde. En het nie Een, wat meer is as Salomo, gesê nie: “Ek dank U, Vader, Heer van hemel en aarde, dat u hierdie dinge van die wyse en verstandige verberg het en dit vir die kindertjies openbaar?”.
DIE “NASIE” IN SY KANON IN
Die “Suid-Afrikaanse nasie” is in sy kanon in.
En dis nou by veel meer as spreke nadat Jacob Zuma in Januarie op 'n Oemkontoe-saamtrek in Bloemfontein gesing het hoe hy en sy kabinet hul kanonne op die Boere gaan rig en die Boere daarmee skiet.
Dit nogal nadat die ANC se tans rustende jeugleier, Julias Malema, deur 'n regter Lamont aan haatspraak skuldig bevind is weens sy Skiet die Boer-haatgesang, 'n haatgsang wat ondanks die uitspraak steeds met onberoulike ywer onder die Swart menigtes in die land se strate opklink.
... IS GEDOEM OM DIE FOUTE VAN DIE VERLEDE OOR TE LEEF!
Is dit nie wonderbaarlik hoe die geskiedenis homself kan herhaal nie ?Wat egter tragies is, is dat ons leiers van 1994 geen lesse uit die verlede geleer het nie. Kom ons kyk kortliks na die gebeure.
Dingaan en Piet Retief kom ooreen dat indien Piet Retief die gesteelde beeste kan terugbring Dingaan die grond traktaat sal teken wat toe ook inderdaad gebeur het. Dingaan beskou die traktaat egter as ‘n waardelose stukkie papier, sorg dat Piet Retief en sy manne hulle wapens buite die kraal laat en vermoor hulle almal. Daarna volg die moorde op Weenen en Bloukrans. Toe kom die slag van Bloedrivier. Dit is alles feitelike geskiedkundige gebeure.
Future Worries en Mandela kom ooreen om ‘n nuwe Grondwet te aanvaar ( traktaat ) en die veiligheids dienste word op ‘n skinkbord aan die ANC oorhandig. ( Laat die wapens buite die kraal ) Die ANC beskou die Grondwet nou as ‘n waardelose stukkie papier en sedert 1994 is meer as 3 000 blankes vermoor ! ( Weenen en Bloukrans ) Sal die ekwivilent van die slag van Bloedrivier die verwagte plaas/eiendoms besettings wees ?
Die vraag is dus tans of ons die lesse van die geskiedenis ter harte gaan neem en laer gaan trek en die komende aanslag gaan afweer ? Die finale vraag is dus nie of ons die huidige Grondwet in stand kan hou soos bepleit word nie maar wel of ons die gewapende aanslag sal kan afweer al dan nie.
Aan Miemie Coertze,
Hartlike geluk met u tagtigste geboortedag! As verteenwoordiger by uitnemendheid van die Afrikanervolk se inherente vermoë om God se gawe aan die mens, om emosie en innerlike gevoelslewe deur die skoonste klank te vertolk en met onderskeiding die wêreld in te dra, wens die Afrikaner Volksparty u Gods rykste seën en gesondheid toe vir die lewensjare wat nog vir u beskore is!
Daarbenewens maak ons ook van hierdie geleentheid gebruik om namens al die lede van die AVP, u te bedank vir u bydrae tot die verinniging en veredeling van die kultuurskat van ons volk, waarvan die waarde onberekenbaar is.
Vriendelike groete.
'n WATERSKEIDING?
Dis na alles tog 'n merkwaardige opmerking van die Naspes-nuuskartel se eenman-dinktenk Tim du Plessis dat elke denkbare organisasie, van die plaaslike vroueteeklub tot nasionale hondetelersverenigings, sal moet hand bysit om die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie te stuit.
Jy kan jou voorstel dat die nood in die bedompige plekke van mag in die Naspesnuuskartel en sy burgerlike satelliete hoog moet loop vir hierdie distres-boodskap, die sleutelfrase, “anders is ons onderdeur”, om sy weg na die drukkersink en luggolwe te vind.
Freedom Under Law, Corruption Watch, die pro-Grondwet mense van Casac, sekere vakbonde, die kerke, opposisiepartye, die slapgat sakesektor, elke NRO – eintlik die ganse burgerlike gemeenskap – sal in die tye vorentoe hul taak uitgeknip hê om dié onheilsplanne te verydel. Maar doen sal dit gedoen moet word. Anders is ons onderdeur.
Hoekom, Tim? Hoekom wil jy dit wat jy oor jare help vestig het, nou as “onheilsplanne” bestempel en ons onderdeur gaan laat indien dit nie verydel gaan word nie? Begin jy uiteindelik ook sien dat jou pos, en derhalwe jou inkomste en selfs die koerant, ten spyte van alles wat julle gedoen het om hulle aan bewind te kry en daar te hou, in die visier gaan kom?
Hoe verskil Jacob Zuma, Gwede Mantashe, Ngoako Ramatlhodi en enige ander swart amptenaar binne die ANC en/ of in die regime, van Yomo Kenyatta, Bokassa, Tolbert of Samuel Doe van Afrika? Hoe verskil die ANC van die Mau Mau wat die dood van 1800 burgerlikes, 1,167 soldate en 10,000 Mau Mau terroriste veroorsaak het? Wat het jou oortuig om in die oorvloed van beskikbare getuienis, tog dit wat jy nou noodgedwonge moet erken, te steun en te propageer ten koste van jou eie volk en vaderland?