DIE “NASIE” IN SY KANON IN
Die “Suid-Afrikaanse nasie” is in sy kanon in.
En dis nou by veel meer as spreke nadat Jacob Zuma in Januarie op 'n Oemkontoe-saamtrek in Bloemfontein gesing het hoe hy en sy kabinet hul kanonne op die Boere gaan rig en die Boere daarmee skiet.
Dit nogal nadat die ANC se tans rustende jeugleier, Julias Malema, deur 'n regter Lamont aan haatspraak skuldig bevind is weens sy Skiet die Boer-haatgesang, 'n haatgsang wat ondanks die uitspraak steeds met onberoulike ywer onder die Swart menigtes in die land se strate opklink.
Wees verseker daarvan dat die naam Boer nie sommer ligtelik met 'n hoofletter geskryf word nie, daarvoor kan 'n geleerde in Swart tale aan die Johannsburgse Universiteit, Manie Groenewald, volgens 'n skrywe op 'n ander webwerf instaan.
Daardie kanonne van Zuma en sy kabinet is klaarblyklik reeds gelaai, oorgehaal en op die hart van 'n volk, nie 'n landbouer nie, gerig. Daardie volk is ons volk.
Hierdie waarheid en werklikheid dwing twee of meer sake op die keper, dit is nou voordat 'n aanmerking of meer oor hierdie sogenaamde “Suid-Afrikaanse nasie” gewaag word.
Die eerste en belangrikste saak is wie almal lede van hierdie kabinet van Zuma is wat op ons, die Boere, gaan losbrand. Nee, die plan is nie om die hele lys van name in die Zuma-kabinet, van Suzie Matwêtwê tot Jef Radebe, te verstrek nie. Dit is die name van die Blankes in hierdie Kabinet wat die aandag nodig het, hierdie “kabinet” uiteraard ook die adjunk-ministers.
Hulle is Jeremy Cronin, Ron Davies, Marthinus van Schalkwyk, Gert Oosthuizen (adjunk-kommissar vir sport) en ook die nimlike kortbroek-comrade Pieter Mulder.
Nou was die eerste ding wat opgeval het van hierdie Zuma-dreigement dat hy en sy kabinet met hul kanonne die Boere gaan skiet, dat dit nie naastenby die soort reaksie uitgelok het as Malema se haatgesang nie. Om die waarheid te skryf: Ek kan byvoorbeeld nie onthou dat enige van die Naspes-publikasies iets daaroor gerep het nie.
Toegegee, wat vir die Boere van belang is, is nie noodwendig vir die Naspes-pulpkartel van belang nie.
Dis egter nie die punt wat in hierdie skrywe ter sprake is nie. Dit gaan oor kortbroek-comrade Mulder se dawerende swye. Is jou swye konsent, Comrade Mulder?
Nie eers 'n plêstiek rateltjie wat daar van jou kant af uit die Zuma-kabinetskot uit spat nie, nie eers 'n windjie wat gehoor word nie? Ek kan jou van 'n ander Dopper, dis nou FW de Klerk, vertel wat hom sou besk-t het sou hy in Zuma se kabinet gewees het.
Comrade Mulder word in hierdie skrywe uitgesonder want daar was nog altyd êrens in hierdie joernalis se hart die hoop dat Mulder, Mulder en die ander Mulder tog volksnasionalisme ken, dat daar tog êrens 'n vlammetjie brand.
Vir Kortbroek Marthinus was daar nooit hoop nie, dit is sy plesier, soos die liedjie lui, onder die tuiniers van die Kaap.
En vir Gert Oosthuizen nog minder.
En van hierdie ANC-kortbroeksportkommissar en sport gepraat...
Dis nog net hy en die land se Wit sportskares wat dink daar is iets soos 'n “Suid-Afrikaanse nasie”. En ook Heyneke Meyer en sy rugbyspannetjie wat Saterdag weer in Durban Nkosi sikilel in 'n sportstadion gesing het.
Die jongmense het 'n naam vir 'n mens wat “nie lekker by is nie”. Hulle noem sulke mense “zephs”. Of so iets. In goeie Afrikaans kan daar seker vir sulke mens “sefs” gesê word. Nou: Is dit nie 'n goeie, kort beskrywing vir 'n “Zeph-Êfriekin” nie?
Want inderdaad was die skeppers van die sogenaamde “Nuwe, Verbeterde Suid-Afrikaanse nasie”, uit die staanspoor nie by nie - lekker sef.
Verskoon dat FW de Klerk oor hierdie saak aan die woord gestel word, want dit was toe, op Vrydag, 1 Februarie 1991, in die Parlement en 'n jaar na sy berugte Rooi Vrydag-toespraak dat hy die volgende oor sy sef-nasie, die een waarby die Boere nie hoort nie en deur Zuma en sy kabinet se kanonne weggeblaas gaan word, kwytgeraak het:
“...Dit is tyd vir nasiebou.
“In Suid-Afrika is die taak van nasiebou gedug vanweë die verskeidenheid van ons bevolking. Die natuurlike binding van een taal en kultuur wat dikwels die hoeksteen van nasieskap is, ontbreek by ons. Daarom sal ons swaar moet steun op die ander hoeksteen – die een van gemeenskaplike waardes en ideale...” (En mag ek byvoeg, herskrewe geskiedenisboeke, breinspoeling en Sewende Laan).
En dan verstrek hy 'n lys, eintlik dieselfde windgejaag as dié van PW Botha, dit is vrede, veiligheid en voorspoed. En voeg by, vooruitgang en verteenwoordiging.
Vandag lê al hierdie ideale in die modder, deur ANC-pote vertrap.
Want FW het vergeet van die kanonne.
Die kanonne wat Zuma nie met die Boere wil deel nie, maar net met sy kabinet.
Daardie kanonne, die Nasionale Demokratiese Rewolusie en Zuma se “Tweede Oorgang”, binnekort op volle vaart, gerig op die hart van die Boer.
Gaan jy dan nog deel wees van Zuma se artillerie, Pieter?