1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955957

Besoekers aanlyn

Ons het 127 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

ANDERS IS ONS ONDERDEUR?...HAAI TIMMIE!

'n WATERSKEIDING?

Dis na alles tog 'n merkwaardige opmerking van die Naspes-nuuskartel se eenman-dinktenk Tim du Plessis dat elke denkbare organisasie, van die plaaslike vroueteeklub tot nasionale hondetelersverenigings, sal moet hand bysit om die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie te stuit.

Jy kan jou voorstel dat die nood in die bedompige plekke van mag in die Naspesnuuskartel en sy burgerlike satelliete hoog moet loop vir hierdie distres-boodskap, die sleutelfrase, “anders is ons onderdeur”, om sy weg na die drukkersink en luggolwe te vind.

 

Dit laat jou veelal aan Harold McMillan se Winds of change-toespraak in die Suid-Afrikaanse parlement dink toe hierdie Engelse jingo vir Afrika se Blankes laat weet het, dankie dat julle nou Afrika se mineraleregte vir ons help verseker het, jul politieke heil sal julle van nou af self tussen Afrika se barbaredom moet uitwerk. En die hemele behoed julle as julle “rassisties” en volksnasionaal is in die najaag van julle politieke ideale.

Dalk moet Du Plessis deur die Afrikanervolk bedank word dat hy al die organisasies wat by hierdie sameswering teen die ANC se NDR betrokke moet wees so losweg by die naam noem. “Sekere vakbonde”, “kerke”, nieregeringsorganisasies (nso's) en ander instellings in dier voege. Oor wie hierdie “sekere vakbonde” is, is daar redelike sekerheid. Dis die Flip Buys-koterie van Solidariteit. Wat die kerke betref is daar ook redelike sekerheid. Daar word egter nog in spanning gewag op die Afrikaanse Protestantse Kerk se verklaring nadat ook hierdie kerk in 'n standpunt van 'n berugte NG predikant van Delmas as deel van 'n NG/DA-sameswering (Snyman se “al ons gemeentes van Delmas”-verklaring)  teen die Volksraad-Verkiesingskommissie geïmpliseer is.

Ongelukkig is daar nie goeie nuus vir Du Plessis en die Naspesnuuskartel en hul burgerlike filiale en betaalde kornuite wat hierdie oproep om eendrag betref nie.

Hierdie samesweerders moet gewys word op wat so twee jaar gelede gebeur het, toe Standerton deur brandstigting, doodslag en diensteboikotte geteister is. Dit was in die tyd toe Jacob Zuma sy mag bloedig op plaaslike regeringsvlak gevestig het onder die banier dis verby met Thabo Mbeki se sogenaamde 1996-klasseprojek wat Mbeki  ten bate van Groot Kapitaal tot stand gebring het.

Ja, dit het rof toe gegaan op hierdie voormalige Afrikanerdorp, in 1948 uit die greep van Jan Smuts self in die algemene verkiesing geruk, nou van alle kante omring deur nimmereindigende lokasie.

Die voorhoede van die sogenaamde proletariaat het sy opmars tussen die kaias begin. Dag na dag is die aanslag verhewig en een na die ander buurt is dag na dag by die “verowerde gebied” gevoeg.

Oplaas is ou Standerton-dorp en die dorp se sentrale sakegebied bedreig. Dié sou geplunder word as die Swart hordes uit die lokasie dit binneval.

'n Noodroep is inderhaas gestuur na Standerton “se gemeenskap”, sweerlik al die organisasies wat nou ook deur Du Plessis in sy “dan is ons onderdeur”-verklaring genoem is.  En 'n klompie by.

En wie verskans oplaas die sakegebied en die dorp teen die oprukkende hordes?

Sy nou reeds honderde Oosterse sakemanne? Die nso's (afhanklik van ook skenkings van die bedrywers van die NDR, die ANC)? Standerton se georganiseerde handel, dis nou die Rotariërs en die Afrikaanse Handelsinstituut en die kamers van koophandel, hulle wat reeds by voorbaat deur Du Plessis in sy waterskeidende bekentenis die NDR kan ons verteer uitgeskel word van laksheid?

Nee, so 'n tiental of wat Afrikaners, almal in elk geval blankes.

Vir my is die dom vraag: Vir wat moet Afrikaners, in elk geval al reeds “onderdeur” wat sy grond- en plaasbesit, sy skole, sy woonbuurte, sy gesondheidsdienste, sy geregtelike instellings en instellings vir wet en orde, hierdie grondwetkontrepsie wat in die eerste en laaste plek vir daardie ondergang verantwoordelik is, beskerm?

Loop dinges op die ys, Du Plessis.

Nee wat, Afrikaners, beskerm jul eie. En dit kan julle slegs doen as julle weer jul eie Afrikaner-republiek deur eie bevels- en beheerstrukture oprig.

Die tyd daarvoor is dalk, deur die Genade, nader as wat ons dink. 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie