
Die onlangse “krisisberaad” van Solidariteit en AfriForum by die monument verdien perspektief as ‘n aksie wat volgens hulle in “Afrikanerbelang” gesien moet word. Dit is heel maklik om elke kritiese beskouing van besondere inisiatiewe wat voorgee om in Afrikanerbelang geloods word as negatief af te maak en selfs as benepe (kleinsielig, bekrompe) te bestempel ten einde jou/julle agenda te beskerm. Die geskiedenis is egter meedoënloos in sy beoordeling van reg en onreg.
Dit wat nou in 2015 as ‘n krisis bestempel word, was ‘n krisis in wording waaroor daar reeds kort na die sluipmoord op dr. Verwoerd breedvoerig gewaarsku was wat destyds en vandag nog, omvangryke weerstand ontlok het van onder andere, ook Flip Buys van Solidariteit. Laat die AVP net gou weer die geheue verfris!
From: “fbuys” <Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.>">">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.>;
To: <Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.>">">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.>;
Subject: Oom Jaap niksdoen
Date: Thu, 13 Mar 1997 04:04:42 +0200
Oom Jaap,

Die kapitulasie van die Afrikaanse rektor van die universiteit van Stellenbosch voor ‘n paar swart ANC heethoofde, is tot sy beskaming daaroor betig deur ‘n Engelstalige patriot wie se sin vir reg en geregtigheid kennelik vêr bo die van prof. Wim de Villiers uitstyg! Met sulke Afrikaners het ons volk nie vyande nodig nie! 24 Jaar in die VSA en Engeland het bepaald ‘n negatiewe invloed op sy sin vir geregtigheid gehad. Sy vermoë om die Universiteit se geskiedkundige bates te bestuur kom ook ernstig onder verdenking
Die AVP plaas graag hierdie brief met erkenning aan mnr. Goodson vir sy onbevange intrede vir een van die Afrikanervolk se briljantste leiers, terwyl die Afrikaner wat dit moes doen, sy rug op dr. Verwoerd se nalatenskap draai.
LETTER TO THE RECTOR AND VICE-CHANCELLOR OF THE UNIVERSITY OF STELLENBOSCH
6 May 2015
Professor Wim de Villiers
Rector
University of Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
7602
Dear Dr de Villiers
Volgens die onderstaande berig is die “struggle” van die swartes in Suid Afrika nog nie afgehandel nie. Bedoelende, hulle is nog nie klaar met die blankes nie!
Is dit nie die gevolge waarteen de Klerk en al die liberale betogers teen die beleid van afsonderlike ontwikkeling gewaarsku was nie? In elke Afrika land waar die beskawing van kolonialisme nou opgebruik is, is die voorlopers van die “kaalvreters” al reeds hier en moet daar volgens Mugabe nou verdere hulp uit Afrika aan Suid Afrika verleen word om die blankes van hulle wettige besit te ontneem!
Wat ‘n nalatenskap van die voormalige NP onder die leiding van de Klerk, wat in die Afrikaner se geskiedenis opgeteken sal word vir die wêreld om van kennis te neem!
SOUTH AFRICA NEEDS ANOTHER LIBERATION – Mugabe Zimbabwean President Robert Mugabe has a very important message for neighbouring South Africa. During a press conference in Gaborone yesterday, he said the struggle for liberating South Africa, which got independence in 1994 after decades of apartheid is not yet over.
Die Hervorming van die 16de eeu het die Roomse Kerk onberekenbare skade berokken. Dit was asof hierdie Hervorming ‘n bitterheid in die Roomse geledere gelaat het. Nademaal soek die Roomse Katolieke kerk na elke geleentheid om dit wat hulle nie gedurende die 16de eeu kon voltooi nie, te voltrek. Dit wat hulle nie gedurende die 16de eeu kon voltooi nie, was natuurlik om die Christendom van die aardbodem af te vee.
Die dwaling van die vroeë Roomse kerk is onder hedendaagse Christene nie onbekend nie en veral ketterye soos die aflaatbriewe is een van die voor die hand liggende dwalinge waarin hierdie kerk verstrengel geraak het. Dit is vir my egter ‘n raaisel hoe die moderne samelewing nie hierdie selfde gevaar in ons samelewing kan raaksien nie. Is dit dalk dat mense dit nie wil raaksien nie of doodeenvoudig net nie omgee nie? Laasgenoemde vrae laat my koud, want indien dit die waarheid is, wonder ek of Godsdiens nog waarlik vir die “moderne mens” ‘n prioriteit in sy lewe is? Dit is asof die waarskuwing van Openbaring 3:15-16 op dowe ore val. “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.” (Open. 3:15-16).
Die volgende uittreksel uit ‘n koerantberig wat in Amerika verskyn het, sal by enige ware gelowige Christen gevaarligte laat flits.
DEAR CHURCHES IN AMERICA: PREPARE TO BE TREATED LIKE 1ST CENTURY CHRISTIANS IN ROME
Psalm 80:1-20
“O HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!” (:20).
Ons leef in ‘n samelewing waar baie min dinge funksioneer soos wat dit veronderstel is om te funksioneer. Presies soos wat die Bybel ons leer dat dit met ‘n goddelose samelewing sal toegaan omdat die land van bo (staatkundig) sal vrot na onder. Dit het dalk vir ‘n paar jaar gelyk asof die nuwe, goddelose, Suid-Afrika nie so erg is as wat aanvanklik deur die sogenaamde dwarstrekkers gewaarsku is nie. Hierdie illusie was natuurlik van korte duur en noudat die samelewing in Suid-Afrika as ‘n geheel vrot raak weens sy afvalligheid en vervreemding van God, is mense heeltemal verward en raak selfs beangs oor dit wat aan die gang is in ons land.
Die gevolge van mense se roekelose en goddelose lewens het nou ons samelewing in ons eens trotse Suid-Afrika in ‘n modderpoel van sedeloosheid en morele verval laat beland. Die arbeidsmag getuig lui buike wat verwag dat almal dieselfde vergoeding en behandeling moet kry, maar daar word nie ewe veel insette gelewer nie. Hierdie is ‘n praktyk lynreg in stryd met die Evangelie en sal noodwendig armoede en ellende tot gevolg hê.
Op Maroelamedia se webwerf skryf prof Koos Malan dat ons waarskynlik die laaste fase van die ophemeling van die grondwet bereik het. Waar die grondwet, aldus Malan, voorheen as 'n soort heilsleer gesien is, en as 'n brug tussen 'n bose verlede en 'n verlossende toekoms, kom meer en meer mense nou tot die ontnugterde besef dat die grondwet vir die Afrikaner geen heil inhou nie.
Afrikanernasionaliste het reeds sedert 1994 verklaar dat die grondwet (1994 en 1996-weergawes) geen beskerming vir die Afrikaner inhou nie. Die “waardes” wat deur die grondwet van hierdie land onderskryf word, word geïnterpreteer deur regters wat deur die vyandelike regime aangestel word. Die grondwet as die hoogste wet van ons land versinnebeeld die waardestelsel en opvattings van die meerderheid — die swartes. Wat Malan nie sal sê nie (en Sollidariteit ook nie) is dat die waardestelsels van die swart meerderheid drasties verskil van die Afrikaner. Reeds in hierdie opsig bied die grondwet niks goeds vir die Afrikaner nie.
Die aanslag van die ANC op Afrikaans medium skole is van die grofste skote in die oorlog sonder koeëls wat teen die Afrikanervolk gevoer word. Om jou geld te vat en jou eiendom te vat beïnvloed nie jou weerstand soos om ‘n geslag kinders se lewens-en-wêreldbeskouing deur leerinhoud en taaldwang te verander nie. Dit neem slegs een geslag om hulle lewensuitkyk te verander en daardeur toekomstige verset ernstig te benadeel.
In uittreksels uit die onderstaande referaat van J. Chr. Coetzee van Potchefstroom, is dit duidelik dat deeglike navorsing en beoefening in die praktyk, bewys gelewer het wat toepaslik is en wat nie. Dit het ook bewys dat as jy die geskiedenis se lesse ignoreer, jy gedoem is om die foute wat gemaak is te herhaal. Indien daardie kennis beskikbaar is en jy verkies om jou nie daaraan te steur nie, moet jy kranksinnig wees! As jy nie kranksinnig is nie en tog voortgaan om ‘n kranksinnige uitkoms vir ‘n bepaalde deel van die bevolking te beplan, moet jy nie verbaas wees as dit as ‘n oorlogsverklaring deur daardie deel van die bevolking beskou word nie.
DUBBELMEDIUM-ONDERWYS EN TWEETALIGHEID
Suid-Afrikaanse kind is ongetwyfeld die verwesenliking van artikel 137 van die Suid-Afrika-wet van 1910. In daardie artikel lê die wet neer dat Afrikaans (Hollands) en Engels die twee offisiële tale van die Unie van Suid-Afrika sal wees en dat hulle gelykberegtigde tale sal wees. Die wet vereis dus noodwendig ’n tweetalige opvoeding in ons land. Indien die twee tale in alle opsigte gelyk sal wees, moet die skole ten minste sorg dat die aankomende burgers(esse) albei die tale ken.