1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5275910

Besoekers aanlyn

Ons het 89 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

SOLIDARITEIT EN DIE AFRIKANER SE VRYHEIDSTRYD.

Flip Buys

Die onlangse “krisisberaad” van Solidariteit en AfriForum by die monument verdien perspektief as ‘n aksie wat volgens hulle in “Afrikanerbelang” gesien moet word. Dit is heel maklik om elke kritiese beskouing van besondere inisiatiewe wat voorgee om in Afrikanerbelang geloods word as negatief af te maak en selfs as benepe (kleinsielig, bekrompe) te bestempel ten einde jou/julle agenda te beskerm. Die geskiedenis is egter meedoënloos in sy beoordeling van reg en onreg.

Dit wat nou in 2015 as ‘n krisis bestempel word, was ‘n krisis in wording waaroor daar reeds kort na die sluipmoord op dr. Verwoerd breedvoerig gewaarsku was wat destyds en vandag nog, omvangryke weerstand ontlok het van onder andere, ook Flip Buys van Solidariteit. Laat die AVP net gou weer die geheue verfris!

From:  “fbuys” <Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.">">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.>;

To:  < Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.">">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.>;

Subject:  Oom Jaap niksdoen

Date:  Thu, 13 Mar 1997   04:04:42   +0200

 

Oom Jaap,

Jy is so kwistig met die lasterkwas besig teen byna elke mede-Afrikaner wat bestaan, maar jy het selfs niks gedoen om te keer dat die ANC aan bewind kom nie.  Jy skinder, skimp en maak alle Afrikanerleiers verdag, net soos die bekende Kommunistiese strategie.

Dis nie ‘n wonder dat daar nou ook smeerpamlette teen oom versprei word nie.   Ek verag mense wat in hierdie moeilike tye ons volk nog meer verwar en moedeloos probeer maak met leuens en verdagmakery, soos sulke smeerpamlette en soos “Die Afrikaner”.  Dis sekerlik die grootste beswaddering van die Afrikaner se naam om u koerantjie so te noem.  Kry oom nie skaam nie?  Mens kon hom vroeer jare nog lees toe ZB, oom Louis Stofberg en Henk vd Graaff nog daar gewees het.

Om nie met mense soos Dr Hartzenberg,   Genl Viljoen, Mnr Bruwer en andere saam te stem nie is u demokratiese reg, maar om sulke manne wat alles vir hulle volk opoffer weekliks so te belaster en te beledig skree ten hemele. 

Dit is nie ‘n wonder oom het nog nerens gekom in die politiek nie.  Ek hoop die waarheid oor oom se rol in die afbreek van ons volk en geheulery met agente soos Piet Petoors kom in die hof uit en ontbloot jou vir wat jy is oom Jaap.   Moenie die goeie gewone mense van die HNP mislei met jou benepe en paranoise gesanik nie.

Flip Buys.

End –

As die menige  spelfoute ‘n irritasie is, is die aanval van Buys op die kritiek teen die inisiatiewe van Dries Bruwer, dr. Ferdie Hartzenberg en genl. Constand Viljoen in terugskouing nie net verstommend nie, maar beslis betekenisvol. So ook die ophemeling van ZB du Toit en Henk vd. Graaf wat albei die destydse Afrikanerkoerant verlaat het en onderskeidelik vir Beeld en Patriot gaan werk het en hulle beginsels vir “ander” verruil het. As die “agent” adv. Piet Pretorius se boek Volksverraad vandag gelees word, kan Flip Buys en Kie met reg  verdink word van die funksie van “Change Agents”.

Dit was genl. Tienie Groenewald, van militêre intelligensie faam wat in die vroeggestorwe Vrye Weekblad verklaar het dat die mense eers meer liberaal moet word want dan word hulle meer toegeeflik. Dit is dus nie verbasend dat die Belhar belydenis Tenspyte van aanvanklike geweldige teenkanting, eers op die ys geplaas is en daar nou weer gepoog word om dit aanvaar te kry na nagenoeg twintig jaar nie.

Op dieselfde wyse word die omstrede KP-beleid van ‘n volkstaat binne federale bestel en dan nog binne die raamwerk van die verwerplike, Godlose grondwet, nou na twintig jaar weer in die politieke arena ingesleep deur Solidariteit en AfriForum. Alles wat reeds agtien jaar terug deur mnr. Jaap Marais as ‘n krisis vir die Afrikanervolk se vryheid geïdentifiseer , teëgegaan, oor gewaarsku was en beveg is en deur die “politiesbegaafde” Buys as benepe bestempel is, het nou vir hom en syne, ‘n krisis geword.

Wat egter duidelik is, is dat die krisis vir hierdie agente vir verandering, die feit is dat Afrikaners nog nie wou inkoop in die nuwe Suid Afrika nie, maar dat die teendeel begin waar word. Dit is nie Afrikanerbelang wat hier gedien word nie, maar wel die belang van die Nuwe Suid Afrika!

Die antwoord op Buys se E-Pos aan mnr. Jaap Marais, het só gelui:

Mnr. Jaap Marais  (antwoord)

Mnr. Flip Buys (Internet)

Mnr. Buys,

Ek sou u wou aanspreek as geagte mnr Buys, maar volgens die intellektuele en morele gehalte van u brief beskou u uself blykbaar nie werd om so aangespreek te word nie.   Ek berus daarin.

U brief is vir my ʼn interessante ervaring.    Ek het nog nie tevore te maak gekry nie met ʼn geval waar ʼn skrywer se peil van onkunde so kennelik oortref word deur die graad van sy onbeskoftheid.

Dat u brief van so ʼn laegraadse gehalte is, is vir my nie sonder voordeel nie.   Dit kan op een of ander wyse nuttig wees wanneer ek oorweeg om een van u hoofde, genl. P H Groenewald, geregtelik aan te spreek in verband met sy leuenagtige smeerstories oor my.

  J.A. Marais

Die onkunde waarna mnr. Marais verwys het, word steeds oortref deur die graad van oorskatte en/of aangebode politieke “insig” wat bepaald nie die Afrikanervolk se belang in gedagte het nie, ongeag die betuiging daarvan. Die bekende retoriek van gesprekvoering, skakeling, samewerking en optrede binne die raamwerk van die grondwet is die refrein wat verset en volksnasionalisme moet verswelg. Dat hierdie land ons land is en die regime onwettig regeer is nie deel van Solidariteit en AfriForum se weerstand nie. Die beraad sal die Afrikaner besig hou met die aanhoudende dokter van die simptome, terwyl die oorsprong van die krisis waarin hulle ‘n reuse aandeel het, daagliks die gevegsterrein vergroot.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Sluit aan

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie