1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333531

Besoekers aanlyn

Ons het 65 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

ROOMSKATOLIEKE WRAAK OP DIE CHRISTENDOM?

Katolieke dwalingDie Hervorming van die 16de eeu het die Roomse Kerk onberekenbare skade berokken.  Dit was asof hierdie Hervorming ‘n bitterheid in die Roomse geledere gelaat het.  Nademaal soek die Roomse Katolieke kerk na elke geleentheid om dit wat hulle nie gedurende die 16de eeu kon voltooi nie, te voltrek.  Dit wat hulle nie gedurende die 16de eeu kon voltooi nie, was natuurlik om die Christendom van die aardbodem af te vee.

Die dwaling van die vroeë Roomse kerk is onder hedendaagse Christene nie onbekend nie en veral ketterye soos die aflaatbriewe is een van die voor die hand liggende dwalinge waarin hierdie kerk verstrengel geraak het.  Dit is vir my egter ‘n raaisel hoe die moderne samelewing nie hierdie selfde gevaar in ons samelewing kan raaksien nie.  Is dit dalk dat mense dit nie wil raaksien nie of doodeenvoudig net nie omgee nie?  Laasgenoemde vrae laat my koud, want indien dit die waarheid is, wonder ek of Godsdiens nog waarlik vir die “moderne mens” ‘n prioriteit in sy lewe is?  Dit is asof die waarskuwing van Openbaring 3:15-16 op dowe ore val.  “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!  Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.”  (Open. 3:15-16).

Die volgende uittreksel uit ‘n koerantberig wat in Amerika verskyn het, sal by enige ware gelowige Christen gevaarligte laat flits.

DEAR CHURCHES IN AMERICA: PREPARE TO BE TREATED LIKE 1ST CENTURY CHRISTIANS IN ROME

 

 

The United States Supreme Court may soon liberate the biblically conservative church from old "prejudices" that should have long ago been "jettisoned," forcing it into "rightly bowing to the enlightenments of modernity," in the words of a recent writer in The New York Times.

 

Homosexuality must be removed from the "sin list" and...traditional marriage proponents must be forced "to do things they don't want to do." Sadly, this crusade will be like the Marxist "liberation" movements that promised to "free" people, but really were about control and suppression.

Die eerste eeu se Christene is natuurlik ‘n verwysing na die bekende tydperk van die apostels wat ywerig die Evangelie van Jesus Christus verkondig het.  Wanneer daar gesê word dat ons moet voorberei (“prepare”) om soos hierdie Christene behandel te word, word ons dus gewaarsku dat daar in die wêreldse howe en regstelsel min gewig geheg sal word aan ons Christelike sienswyse.  Dit is baie interessant dat ons sommer een van die apostels wat tydens hierdie eerste eeu van die Christendom geleef het en groot werk vir die Evangelie van Jesus Christus gedoen het, se raad en waarskuwing ook vandag nog relevant  vind in hierdie aangeleentheid en weliswaar ter harte kan neem.  Ons lees in 2 Petrus 2 van die waarskuwing van die valse leraars en word uitdruklik teen mense soos hierdie gewaarsku. 

2 Petrus 2:1-2:”MAAR daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;  en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;”

:10”en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag.  …”

:12-14:”Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word in hulle verdorwenheid te gronde gaan en die loon van die ongeregtigheid ontvang.  Hulle ag die weelderigheid oordag ‘n genot;  hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul;  met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie;  hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.”

:18-22:”Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.  Hulle belowe vryheid aan hulle terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is;  want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword.  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.  Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.  Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê:  Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.”

Bykans tweeduisend jaar later, maar die stryd is vandag steeds dieselfde – lig teen duisternis.  Is dit nie ironies hoe die werkers van die duisternis hulself as “verlig” beskou nie en alles in die stryd werp dat die Christendom voor die “verligte modernisme” moet buig?  Tweeduisend jaar en meer gelede was dit vir ware gelowiges verkeerd om voor enigeen behalwe ons Verlosser en Saligmaker te buig wat ons vrygemaak het van die sonde en so is dit vandag ook nie anders nie. 

Die “verligte” werkers van ongeregtigheid probeer nou deur leuens van vryheid na mense te slinger hulle diensbaar te maak aan die sonde om sodoende oor hulle mag te kan uitoefen en hulle te kan oorreed om hul neer te buig voor die afgode van hierdie wêreld.  Die satan se dienaars probeer om mense te bedrieg om te glo dat hulle vry sal wees wanneer hulle hulself van God af wegkeer!  Is dit nie God wat na die mens gaan soek het in die tuin van Eden nadat die mens deur die satan bedrieg is nie?  Is dit nie God wat Sy Seun gestuur het om die mens van sonde te verlos nie?  Dit is duidelik dat ons ware vryheid vir God van belang is, maar dat satan die mens probeer op ‘n dwaalspoor lei waar hy hom in listigheid kan vang en diensbaar maak.

Deur trotse woorde vol onsin verlok hierdie dwaalleraars deur die begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.  Hoe verkondig hierdie ketters nie ook aan mense dat hulle die reg het en vry is om te doen wat hulle wil nie – selfs om hul eie liggame deur homoseksualiteit te ontheilig!  Hierdie dwaalgeeste probeer om doelbewus mense wat vrygemaak is van die mag van sonde deur hul geloof in Jesus Christus weer onder die juk van sonde in te bring om slawe van die sonde te word, want as jy deur die sonde oorwin is, is jy ‘n slaaf daarvan.  

Dit is hartseer dat die Afrikaner wat  eens ʼn Godvresende en gelowige volk was wat ʼn afsku van hierdie tipe gruwels gehad het, ook met kerke in sy geledere sit wat besig is om terug te kruip na die Roomse Katolieke Kerk en die WRK wat aan stuur van hierdie dwalinge sit.  Dit is hartverskeurend om te sien dat selfs kerke wat voorheen die weg van die geregtigheid geken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is, soos ‘n hond wat omdraai na sy eie uitbraaksel en die gewaste sog om in die modder te rol.  Dit is grootliks te wyte aan hierdie skreiende gedrag dat ‘n groot deel van die Afrikanervolk van vandag slawe in ons vaderland geword het – ook slawe van die sonde.  Die kerke en predikante verkondig nie meer hierdie ongeregtighede as verkeerd nie, want dit sal aanstoot gee en is polities en grondwetlik verkeerd, derhalwe sal ons dit nie preek nie.  Asof die kerke veronderstel is om vir die staat diensbaar te wees!

Ons weet egter dat onse God wat ‘n verterende vuur is nie in tempels woon wat met mensehande gemaak is nie.  Ons weet dat Hy ‘n troue God is wat die Evangelie van Sy Seun ook aan ons Afrikanervolk gegee het om dit op te pas en uit te leef – ‘n roeping waarin ons die afgelope paar jaar klaaglik misluk het.  Ons weet dat Hy egter nooit die werke van Sy Hande laat vaar nie en derhalwe vir Hom ‘n oorblyfsel uit ons volk sal afsonder om die stryd voort te sit – die stryd vir ons volk en die stryd vir die behoud van die Christendom.  Dit is om hierdie rede dat ek mede volksgenote vandag wil oproep met die woorde van Judas :3:  “GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.”  Laasgenoemde is ons opdrag en roeping as volk – nie net ter wille van ons behoud as volk nie, maar ter wille van die Christendom wêreldwyd.  Ons is geroepe daartoe t.w.v. die Evangelie van ons liewe Heer Jesus Christus wat Homself ten volle vir ons gegee het en ons hierdie kosbare pand toevertrou het om te beskerm.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie