1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9960376

Besoekers aanlyn

Ons het 96 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

OM RIGLYNE UIT DIE GESKIEDENIS TE IGNOREER IS KRANKSINNIG!

TaaldwangDie aanslag van die ANC op Afrikaans medium skole is van die grofste skote in die oorlog sonder koeëls wat teen die Afrikanervolk gevoer word. Om jou geld te vat en jou eiendom te vat beïnvloed nie jou weerstand soos om ‘n geslag kinders se lewens-en-wêreldbeskouing deur leerinhoud en taaldwang te verander nie. Dit neem slegs een geslag om hulle lewensuitkyk te verander en daardeur toekomstige  verset ernstig te benadeel.

 

In uittreksels uit die onderstaande referaat van J. Chr. Coetzee van Potchefstroom, is dit duidelik dat deeglike navorsing en beoefening in die praktyk, bewys gelewer het wat toepaslik is en wat nie. Dit het ook bewys dat as jy die geskiedenis se lesse ignoreer, jy gedoem is om die foute wat gemaak is te herhaal. Indien daardie kennis beskikbaar is en jy verkies om jou nie daaraan te steur nie, moet jy kranksinnig wees! As jy nie kranksinnig is nie en tog voortgaan om ‘n kranksinnige uitkoms vir ‘n bepaalde deel van die bevolking te beplan, moet jy nie verbaas wees as dit as ‘n oorlogsverklaring deur daardie deel van die bevolking beskou word nie.

 

DUBBELMEDIUM-ONDERWYS EN TWEETALIGHEID

Suid-Afrikaanse kind is ongetwyfeld die verwesenliking van artikel 137 van die Suid-Afrika-wet van 1910. In daardie artikel lê die wet neer dat Afrikaans (Hollands) en Engels die twee offisiële tale van die Unie van Suid-Afrika sal wees en dat hulle gelykberegtigde tale sal wees. Die wet vereis dus noodwendig ’n tweetalige opvoeding in ons land. Indien die twee tale in alle opsigte gelyk sal wees, moet die skole ten minste sorg dat die aankomende burgers(esse) albei die tale ken.

Dit is hierdie tweede weg wat die berugte Transvaalse dubbelmedium-ordonnansie wou hê: die een helfte van die skoolvakke deur Afrikaans en die ander helfte deur Engels. Dit is die opregte tweetalige skool: net soveel vakke deur middel van die moedertaal as deur middel van die ander taal!

Ek wil aanneem dat die voorstanders van die dubbelmediumonderwys nóg die kinders nóg die onderwysers wou tempteer. Hul bedoeling was waarskynlik loflik: om deur so’n soort onderwys sowel die aanlering van die ander taal as die verhoging van tweetaligheid te bevorder.

 

Van Afrikaanse kant is die Transvaalse ordonnansie onmiddellik aangeval. Die Afrikaner se standpunt is breedvoerig en suiwer gestel deur referate op die groot kerklike kongres te Pretoria gehou in Desember 1942. Daar is deur vooraanstaande volksleiers die saak van verskillende gesigspunte behandel. Eers is ons stryd om die nasionale beginsel in die Transvaalse onderwys na 1902 histories en prinsipieel beskryf en tot die gevolgtrekking gekom dat die Afrikaanse moedertaalskool die alleen aanvaarbare soort skool is en dat die Afrikaner staan nie net in sy voertaal nie, maar ook vir die behoud van sy volkskool. Daarna is aangetoon met feite, uit proefnemings afgelei, dat uit suiwer sielkundig-opvoedkundige oogpunt  beskou, die enkelmediumskool, d.w.s. moedertaalskool, die enigste vorm van skoolinrigting is wat aan alie gesonde sielkundige en opvoedkundige eise voldoen: die kind leer beter, daar is geen vertraging of emosionele versteuring nie, die onderwys is nie alleen ekonomies nie, maar ook doeltreffend.

Verder is op oortuigende wyse aangetoon die inwendige moeilikhede van dubbelmedium- en parellelmedium-skole: nóg die Afrikaanse nóg die Engelse kind en onderwyser kan daar tot hul reg kom.

 

Ten slotte  is beslis en duidelik neergelê en aangetoon die noodsaaklikheid van die enkelmedium-skool uit ’n kultureel nasionale oogpunt beskou. Na afloop van die referate en die bespreking daaroor kon die kongres eenparig soos volg besluit:

(1) Die vergadering is oortuig dat die moedertaalmeduimskool op godsdienstige, sielkundige-opvoedkundig en nasionaal-kulturele gronde gehandhaaf moet word.

 (2) Dit bevind dat alle gronde wat in aanmerking kan kom by die organisasie van die skoolopvoeding, beslis ten gunste van die moedertaalskool is.

(3) Die moedertaalskool is van lewensbelang vir die behoud van en die Afrikaanse kerke as gemeenskappe en die lidmate afsonderlik en hul nageslag vir die Afrikaanse kerke.

 

Nieteenstaande hierdie en ander helder en gesonde geluide het die Transvaalse Provinsiale owerheid sy dubbelmedium-ordonnansie op Engelse en Afrikaanse skole afgedwing.

 

En wat het nou van die poging per wet geword?

Onderwysmanne in die praktyk het somaar van die staanspoor op [die'onwenslikheid en die onuitvoerbaarheid van die ordonnansie gewys, maar tog as wetsgetroue onderdane hul bes gedoen om van die ding iets te maak. Maar hulle kon nie. Van alle kante is besware teen die ordonnansie herhaal,

maar die wet het bly staan. Mettertyd is ons voorgehou dat dit ’n proefneming gaan wees en dat ons later ervaringsgegewens daaroor sal kry. Verlede ja a r is die inspektoraat gevra om oor die resultate van die dubbelmedium-onderwys te rapporteer. Teen die einde van daardie jaar is die rapporte van die inspekteurs vir oorweging en nadere rapport voorgelê aan ’n ad hoc kommissie, bestaande uit ’n aantal inspekteurs, departementele verteenwoordigers en ’n aantal skoolhoofde, voorwaar mense wat weet waaroor dit gaan.

Na maandelange studie en oorweging is hul bevindinge aan die begin van September 1948 bekend gestel, tenminste voor die Provinsiale Raad in sitting ter tafel gelê. En die bevinding van die ad hoc kommissie het in alle opsigte die angstige verwagtings van die teenstanders van die dubbelmedium-ordonnansie gestaaf. Ondubbelsinnig is die bevinding.

Die ernstige moeilikheide in verband met die praktiese toepassing van dubbelmedium oortuig die kommissie dat die ordonnansie in sy huidige vorm nie die gewenste doel van tweetaligheid verwescnlik het nie en dat die ongunstige uitwerking daarvan nie beperk is tot die houding van die leerlinge (en onderwysers) teenoor die tweede taal nie maar ook uitbrei tot vakke wat deur middel van die tweede taal geleer word.

 

Die kommissie verklaar dat die houding van leerlinge,onderwysers en ouers teenoor die ander taal skade gely het as gevolg van die regsdwang en die strengheid van die ordonnansie self. Aan die einde van die laerskoolkursus is die leerling se kennis van die tweede taal onvoldoende om dit daarna in die

eksamenvakke as voertaal te gebruik. Die peil van bekwaamheid in daardie vakke is beslis verlaag. Die ordonnansie het te ver en te vinnig gegaan. Die kind het dikwels alle belangstelling in die ander taal en die vakke daardeur onderrig verloor. Ook het ’n emosionele antipatie daarteenoor ontstaan. Verder is daar die gevaar dat die leerling se ander taal nog verder verswak deurdat die onderwyser ó f te veel oor die vak self en te min oor die taalfoute bekommerd is óf te veel aandag aan die taal en te min aan die vak self moes gee.

Die kommissie bevind verder dat die keuse van vakke deur die leerling nadelig be'invloed word deur die wetsdwang. Sy keuse is baie beperk omdat hy bang is om ’n nuwe vak in ’n nuwe medium te kies. Verder is dit duidelik dat organisasie-moelikhede op die middelbareskole— wat reeds met baie moeilikhede te kampe het—toegeneem het en in die besonder word ernstige personeelmoeilikhede in baie skole ondervind. Die hoë koste in verband met leerboeke is ’n verdere beswaar, terwyl Suid-Afrikaanse kinders uit die buiteland sowel as kinders van immigrante spesiale moeilikhede oplewer.

Dit is klinkklare bevindings wat die vrees van die Afrikaner bevestig.

 

Die dubbelmedium-ordonnansie het sy doel, nl. bevordering om tweetaligheid, nie bereik nie, nog erger, dit het teen sy eie doel gewerk. Dit het die onderwyspeil in die ander taal en sy vakke verlaag. Dit het ’n ongunstige houding by leerlinge, onderwysers en ouers gewek. Dit het die skoolorganisasie belemmer.

 

En wie is nou die kommissie wat so ’n oordeel uitspreek? Net Afrikaanssprekendes? O nee, onder die nege lede is daar vier met ras-egte Engelse name: B. L. Brett, hoof van die Athlone High School, D. D. Malteson, hoof van die High School for Boys, Pretoria, St. J. B. Nitch, hoof van die King Edward VII High School en D. V. Thompson, hoof van die Kingsmead Private School, Johannesburg. Ek wil hier beweer dat dit veral die Engelse skole is wat die knyp van die wet gevoel het .’Engelse kinders ken baie min Afrikaans, en klein is die aantal Engelse onderwysers wat deur Afrikaansmedium onderwys kan gee. Die Afrikaanse leerling, onderwyser en ouer is al jarelank gewoond aan die dreiging van Engels medium—dit is deur die Engelse by wie die emosionele reaksie teen die ander taal aangewakker is. In plaas van vrede te stig, het die ordonnansie onvrede opgewek!

 

Natuurlik, uit dwaasheid kan alleen dwaasheid voortkom, ’n mens pluk tog nie vye van ’n druiwestok nie! Die ad hoc kommissie het verder as sy opdrag gegaan. Dit gee dieProvinsiale owerheid ook gratis goeie advies. Terwyl hy die oortuiging uitspreek dat die standaard van tweetaligheid verhoog moet word, beskou hy dit wensliker dat ’n langtermyn-proefneming op wetenskaplike grondslag uitgevoer moet word voordat wetsgewing ingedien word om dit te verkry. Is dit nou nie eg vaderlike advies aan die onmondige politici wat hals-oor-die-kop die dwase wetgewing deurgevoer en afgedwing het!

 

Die verslag sê verder: „U komitee meen dat dit raadsaam is om tevrede te wees met ’n klein begin. Alhoewel ons ’n ideaal van ’n betreklik tweetalige bevolking in ’n tweetalige land ten doel stel, moet tog in gedagte gehou word dat uit onderwysoogpunt beskou, onderrig deur meduim van die moedertaal as grondbeginsel aanvaar is.” Die kommissie beveel eindelik aan dat algehele vryheid aan die skole gelaat moet word om tweetaligheid te bevorder en dat die peil van onderrig in die ander taal verhoog moet

word en aktiewe gebruik van die taal aangemoedig moet word. Een van die lede, mnr. Matheson, het ’n minderheidsrapportjie waarin hy voorstel dat die ouer die reg moet hê om die voertaal van die kind te kies en verder dat private skole onthef moet word van die bepalings van die ordonnansie.

 

Op die oog lyk sy voorstel mooi, maar ons moet weet uit bittere ervaring dat dit maar net ’n opening uit gee aan Afrikaanse ouers om hul kinders na Engelse skole te stuur. Ons heg baie groot waarde aan die ouerkeuse maar onkundige en opsetlike misleide ouers kies soms baie verkeerd— en in belang van die kind se opvoeding moet ons die ouers belet om ’n verkeerde keuse te doen. Die tweede voorstel is ook heeltemal deursigtig —alle private skole in Transvaal is Engelse skole! En nou kom die Provinsiale owerheid met ’n nuwe konsep-ordonnansie waarin hulle wil probeer red wat daar van die wrak van die oue oorgebly het. Maar ook dit is ’n onbegonne affaire.

 

 Ons wil die Provinsiale owerheid aanraai om ruiterlik hul fout te erken en die hele ordonnansie te herroep. In die plek daarvan kan hulle liewers aan die onderwysdepartement instruksies gee om planne te beraam vir die verhoging van die peil in die tweede taal deur beter onderrig daarin self te laat gee. Dit sal ook die tweetaligheid bevorder.

Potchefstroom. J. Chr. C oetzee.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie