Johannes 14:1-31
“die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.” (:17).
“Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.” (:23).
“maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (:26).
In mediese terme is daar waarskynlik ‘n hele reeks akademiese benamings om die oorsake vir wanfunksie van die brein te verduidelik wat, hoe meer geleerd klink, hoe veeleisender op jou swaarverdiende inkomste sal aanspraak maak.
As daar egter uitdruklik aan jou verduidelik is dat as jy ‘n bepaalde besluit neem, dit jou nadelig gaan raak, en jy dan desnieteenstaande daardie besluit neem, die voorspelde gevolge soos ‘n digte mis sigbaar op jou afkom en dit jou oorweldig, en as jy dan nog glo dat jou besluit reg was, moet jy baie naby aan breinloos wees!
By die ent van dié reenboog lê daar ‘n pot. ‘n Pot met ontlasting van ‘n mistasting, en die groen gras groei daarom. Volgens de Klerk is dit waar hemel en aarde bymekaar sou kom. Hy het gedink dat niemand ooit agter die waarheid sou kom. Ongelukkig het die Guptas vir nr. 1 gevra hoé om daar te kom. Die goud is gesteel en dit het die land suur bekom. Nou weet almal wat bedoel was met hemel en aarde in Reënboogland. ‘n Pot ontlasting vir ieder en elk se mistasting.
Nou vra jy my hoe tweederde aan valse waarhede kon glo. My vriend, ontmoet sommige van gister en vandag se politici.
LPF FAKSIEVOORSITTER MNR DAVE VAN KOPPEN: "MINISTER VAN ONDERWYS SLOB WIL ONS NOU DWING OM HIERDIE SKOOL DAREM TE AANVAAR MAAR ONS SAL DESNOODS NA DIE EUROPESE HOF STAP OM DIT TE VERHINDER"
Op Dinsdag 9 Julie het die politieke partye LPF Westland, Westland Verstandig en GemeenteBelang Westland nie ingestem met die koms van 'n islamitiese skool nie. Die Raad van
State het egter gemeen volgens die wet moet dit word toegestaan. Aangesien die plan verwerp is, dreig mnr. Arie Slob, die minister van onderwys nou om in te gryp. Hy het die gemeenteraad tot Dinsdag 16 Julie tyd gegee om alsnog in te stem met die skool. Bly hulle weier dan sal die minister die voorstel self onderteken waarna dit wettig is. Ons het nav. van hierdie dwingelandy 'n interessante vraaggsprek gehad met mnr. Dave van Koppen, faksievoorsitter van die LPF.
REFERAAT DEUR DR. A. HERTZOG OP DIE EKONOMIESE VOLKSKONGRES 3 TOT 5 OKTOBER 1939 IN BLOEMFONTEIN
Prediker 5:1-19
“WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ’n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.” (:1).
“Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ’n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ’n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?” (:5).
Ons kan soms vinnig moedeloos raak en voel asof God nie na ons gebede luister nie. Ons voel maklik asof God nie vir ons omgee wanneer ons gebede onbeantwoord gelaat word nie. Maar beproef ons onsself dikwels genoeg om in oënskou te neem hoe ons gesprekke met God lyk?
Beskawing het alles te make met jou siening van die mens, van God en van jouself. Hieruit vloei voort geloof, respek vir lewe, moraliteit, verantwoordelikheid, liefde, menslikheid, reg en geregtigheid en nog vele ander aspekte. Gemeet aan hierdie standaarde moet die nuwe Suid Afrika eintlik beskryf word as die na-beskawingsera. Met na-beskawing bedoel ek die terugval na die gruwels van barbarisme. Die weersinwekkendheid van barbarisme in die nuwe Suid Afrika is so ontstellend, juis omdat te veel mense dit nie meer weersinwekkend vind nie!